Page 1 of 2

Tollies na osse boerdery

Posted: Wed Feb 16, 2022 3:53 pm
by tau
Middag Manne

Is hier manne wat met osse of tollies boer? Ek is nie 'n leuk met beeste nie, maar was nog altyd 'n koei boer. Ek het tans bitter mooi weiding op my plaas en meer as een persoon en ander boere wat ek ken het my aanbeveel om tollies te koop en dan groot te maak. Dit sal 130-180kg diere wees wat ek dan hopenli na die 240kg merk kan vat en dan verkoop. Van die manne se advies is om hulle helemal groot te maak tot vet osse as ek die veld het en nie op 240kg te verkoop nie.

Wat is my risiko's en raad van die manne wat dit doen?

Lekker dag

Re: Tollies na osse boerdery

Posted: Wed Feb 16, 2022 3:54 pm
by DWB
Sny die tollies se nollies af dan word hulle osse?

Al wat ek weet....

Re: Tollies na osse boerdery

Posted: Wed Feb 16, 2022 8:41 pm
by Ds J
Ek praat uit die beesboere van hierdie wêreld se mond: dit is nie werklik ekonomies haalbaar nie want dit vat te lank om n os behoorlik groot te kry. In dieselfde tyd kan jy drie (?) speenkalwers se inkomste hê.

Re: Tollies na osse boerdery

Posted: Wed Feb 16, 2022 8:47 pm
by Leon Crous
As jy net tot 240kg wil vat, los hulle dan bulletjies. Tel vinniger gewig op en voerkrale gee nie om nie. Ook is kalf pryse nou mal goed.
As jy osse wil boer, en deurvat tot slag gewig - 700kg+ (neem heelwat langer - goeie geld as kos genoeg is). Maar defnitief nie so lonend soos kallers nie.....mits jy heeltyd nuwe jong kallers kan bekom natuurlik...
Maar my 2 sent...

Re: Tollies na osse boerdery

Posted: Thu Feb 17, 2022 7:56 am
by Capt. Yoda
Johna jy moet ook onthou jou grond is 1000km van jou af jy kan nie elke naweek gaan kyk wat jou Ossies/bullietjies doen en of hul al 220kg weeg nie, as jy weer da aan kom spring die manne al koeie en weeg ver oor die 300kg. Jy het klaar koeie daar as jy kallers wil bemark, vul dalk daai kuddu aan met n paar ekstra koeie. Laat daai osse loop solank jy weiding het, as die reen hou laat hul loop tot 700kg of waar okal jy lus raak vir kontant en as dit droog is slag hulle, daai is harde wereld is nie Ventersdorp se bees wereld waar n kalf somer vinnig botter vet raak nie.

Re: Tollies na osse boerdery

Posted: Thu Feb 17, 2022 8:31 am
by tau
Ds J wrote: Wed Feb 16, 2022 8:41 pm Ek praat uit die beesboere van hierdie wêreld se mond: dit is nie werklik ekonomies haalbaar nie want dit vat te lank om n os behoorlik groot te kry. In dieselfde tyd kan jy drie (?) speenkalwers se inkomste hê.
My veld is tans goed, maar volgende jaar mag ek niks hê nie, Ek het tans net 20 beeste op die plaas en wild. Die vorige eienaars het hordes koeie in die droogte verloor. Toe die droogte slaan wou niemand koeie koop nie, wel hulle het koeie met kalwers gehad. So ek sal my koeie so na 60-90 wil vat maar stadig. Ek kyk ook tans na verse.
Leon Crous wrote: Wed Feb 16, 2022 8:47 pm As jy net tot 240kg wil vat, los hulle dan bulletjies. Tel vinniger gewig op en voerkrale gee nie om nie. Ook is kalf pryse nou mal goed.
As jy osse wil boer, en deurvat tot slag gewig - 700kg+ (neem heelwat langer - goeie geld as kos genoeg is). Maar defnitief nie so lonend soos kallers nie.....mits jy heeltyd nuwe jong kallers kan bekom natuurlik...
Maar my 2 sent...
Ek boer so in Suid-Afrika, ek vat my manlike diere net tot 240-300kg en vat dan direk veiling toe. Ek het maar net 40 koeie hier en dit is my stokperdtjie eerder as beisgheid.

Gedink om tollies/ossies te koop en dan kyk hoe my veld lyk teen November. En dan die 240kg diere weg te laai en die wat te vêr oor is of onder is te hou. Ek kom min op die plaas so koeie wat kalf sonder toesig maak my bang. As ek begin klawers met roofdiere of diefstal verloor vind jy dit is te laat uit . Die Osse hoef darem net vir homself te sorg.

My grootste faktor is droogte ek is teen die woestyn so ek is bang ek bou koeie op en dan moet ek weer oor 2 jaar alles verkoop. Met osse kan ek verkoop as ek sien veld raak swakker. Dit moet steeds meer wild as bees plaas wees.

Re: Tollies na osse boerdery

Posted: Thu Feb 17, 2022 8:32 am
by tau
Capt. Oblivious wrote: Thu Feb 17, 2022 7:56 am Johna jy moet ook onthou jou grond is 1000km van jou af jy kan nie elke naweek gaan kyk wat jou Ossies/bullietjies doen en of hul al 220kg weeg nie, as jy weer da aan kom spring die manne al koeie en weeg ver oor die 300kg. Jy het klaar koeie daar as jy kallers wil bemark, vul dalk daai kuddu aan met n paar ekstra koeie. Laat daai osse loop solank jy weiding het, as die reen hou laat hul loop tot 700kg of waar okal jy lus raak vir kontant en as dit droog is slag hulle, daai is harde wereld is nie Ventersdorp se bees wereld waar n kalf somer vinnig botter vet raak nie.
Verseker ek stem saam.

Re: Tollies na osse boerdery

Posted: Thu Feb 17, 2022 12:00 pm
by PWV
John, ek skat jou plaas is in Namibia. Weet nie in watter streek nie. Baie ouens gee raad, maar ken nie die omgewing nie.

Wat doen jou bure in Namibia? Hulle het tog seker die verskillende paadjies al ge-eksploreer?

Re: Tollies na osse boerdery

Posted: Thu Feb 17, 2022 2:52 pm
by tau
PWV wrote: Thu Feb 17, 2022 12:00 pm John, ek skat jou plaas is in Namibia. Weet nie in watter streek nie. Baie ouens gee raad, maar ken nie die omgewing nie.

Wat doen jou bure in Namibia? Hulle het tog seker die verskillende paadjies al ge-eksploreer?
My bure is die staat op 3 grense en privaat plase op 2. Die privaat plase boer met skaap en bees, maar hulle is permanent daar. Die 3 staats plase was 1 my skoonpa se grond wat hy 16 jaar gelede verkoop het aan die staat en wat hulle nog nooit iemand op gesit het nie!!! die ander 2 word deur sekuriteit bewoon en glad nie geboer nie.

Om moet besef hierdie was alles karakoel plase en later bees plase. die 8 jaar droogte het dinge vreeslik verander. Ek is vêr weg van die plaas (750Km) so ek moet boer met goed wat minder oppas nodig het. Ek mag ook dalk volgende jaar nie reën kry nie en dan moet ek alles verkoop behalwe my bestaan 20 bees en die wild oppas.

Ek is tans opsoek na ossies of tollies die mark is net redelik hoog tans.

Re: Tollies na osse boerdery

Posted: Thu Feb 17, 2022 7:46 pm
by kwagga
Hier in ons wereld lewer ons speen kallers so teen 200 - 230 kg want die wat die voerkrale soek.
Mens kan dan wel jou bulletjies terug hou en laat uitgroei tot op so 400kg (supers) vir slag waar jy bitter goeie prys kry.
Om speenkallers tot groot slagosse van 800kg te laat uitgroei gebeur nie in net een seisoen nie, dis ‘n langtermyn storie.
As jy spaar veld het en jong skraal osse goedkoop in die hande kan kry om hulle op die veld te laat uitgroei en afrond gaan jy goeie geld maak.
Net my 2sent…….

Re: Tollies na osse boerdery

Posted: Thu Feb 17, 2022 9:48 pm
by Nico de Jager
Ek het baie jare terug n gesegde gehoor in noorde van Suidwes...... "solank as wat daar speenkalfboere is, sal daar ryk osboere wees".

Re: Tollies na osse boerdery

Posted: Fri Feb 18, 2022 9:16 am
by herman.bonsma
Die artikel mag dalk help, maar dit is gebaseer op Oos Vrystaat area.
https://www.agriorbit.com/osboerdery-n- ... sifikasie/


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Tollies na osse boerdery

Posted: Fri Feb 18, 2022 10:50 am
by tau
kwagga wrote: Thu Feb 17, 2022 7:46 pm Hier in ons wereld lewer ons speen kallers so teen 200 - 230 kg want die wat die voerkrale soek.
Mens kan dan wel jou bulletjies terug hou en laat uitgroei tot op so 400kg (supers) vir slag waar jy bitter goeie prys kry.
Om speenkallers tot groot slagosse van 800kg te laat uitgroei gebeur nie in net een seisoen nie, dis ‘n langtermyn storie.
As jy spaar veld het en jong skraal osse goedkoop in die hande kan kry om hulle op die veld te laat uitgroei en afrond gaan jy goeie geld maak.
Net my 2sent…….
Dankie ek stem saam met jou, ek is net versigtig met reën by my.
Nico de Jager wrote: Thu Feb 17, 2022 9:48 pm Ek het baie jare terug n gesegde gehoor in noorde van Suidwes...... "solank as wat daar speenkalfboere is, sal daar ryk osboere wees".
Ek hoor dit ook by mense in Noorde wat my die advies gee, tenminste iemand wat ek bitter baie respek voor het is eens ek moet nou soveel diere moontlik koop en laat loop tot my veld nie dit kan doen sonder om skade te maak nie.

Re: Tollies na osse boerdery

Posted: Fri Feb 18, 2022 10:51 am
by tau
herman.bonsma wrote: Fri Feb 18, 2022 9:16 am Die artikel mag dalk help, maar dit is gebaseer op Oos Vrystaat area.
https://www.agriorbit.com/osboerdery-n- ... sifikasie/


Sent from my iPhone using Tapatalk
Vreeslik baie dankie!!!

Is jy dalk Familie van Prof Jan Bonsma?

Re: Tollies na osse boerdery

Posted: Fri Feb 18, 2022 10:58 am
by tau
Dit is hoe my veld en bees gelyk het toe wk die plaas gekoop het 2 jaar terug.
Image
Image
Image
Image

En laasjaar en vanjaar is ek vreeslik geseën met Reën.

Re: Tollies na osse boerdery

Posted: Fri Feb 18, 2022 10:59 am
by Supacow
Gooi after prentjies

Re: Tollies na osse boerdery

Posted: Fri Feb 18, 2022 11:02 am
by tau
Nou lyk die veld en bees so.

Image
Image
Image
Image
Image
Image

Die plan was om plaas te rus vir 5 jaar, maar ons was baie gelukkig die laaste 14 maande met reën.

Re: Tollies na osse boerdery

Posted: Fri Feb 18, 2022 11:05 am
by tau
tau wrote: Fri Feb 18, 2022 10:58 am Dit is hoe my veld en bees gelyk het toe wk die plaas gekoop het 2 jaar terug.
Image
Hierdie 13 Bulletjies en versies het wees grootgeword. Ek sal hulle swaar verkoop op slag, Buurman sal maar moet kom skiet of laai.

Re: Tollies na osse boerdery

Posted: Fri Feb 18, 2022 11:05 am
by tau
Supacow wrote: Fri Feb 18, 2022 10:59 am Gooi after prentjies
Ek maak so.

Re: Tollies na osse boerdery

Posted: Fri Feb 18, 2022 11:09 am
by tau
Ek is altyd bang vir te min kennis, Ek was in Lanbouskool , het natuurbewaring met Zoologie tot vlak 3 geswot, en boer al vandat ek verstand het met Bees in die Kaap, maar mens dink mos jy weet tot dit te laat is. Koei boer is mos anders. Ek het nog net Bulle na my plaas gery en speen kalwers weggery. So dit sal die eerstekeer wees wat ek grootgetalle inry.

So dankie vir almal se insette.

Is daar tipe spuit, bek douse of aanvulling wat julle gee om die jong diere na so groot trek en verandering in omsatndigehede gee om te help vir die aanpassing?

Re: Tollies na osse boerdery

Posted: Fri Feb 18, 2022 11:30 am
by Capt. Yoda
Kry daar by Jason bq Tren
Spuit hulle n goeie Multi Vitamin as jy hulle af laai, Virbac het n Multimin as ek nou die naam reg onthou wat goed is

Re: Tollies na osse boerdery

Posted: Fri Feb 18, 2022 1:00 pm
by Supacow
Dis prentjie mooi

Re: Tollies na osse boerdery

Posted: Fri Feb 18, 2022 2:57 pm
by Freddie101
Nico de Jager wrote: Thu Feb 17, 2022 9:48 pm Ek het baie jare terug n gesegde gehoor in noorde van Suidwes...... "solank as wat daar speenkalfboere is, sal daar ryk osboere wees".
Waar woorde hierdie..... Groot osse wat vet van die plaas af verkoop word het nog altyd probleme platgeslaan!

Re: Tollies na osse boerdery

Posted: Fri Feb 18, 2022 4:19 pm
by ruaanb
Nice stoet bul daar op die een foto

Re: Tollies na osse boerdery

Posted: Sat Feb 19, 2022 12:01 pm
by herman.bonsma
Ja, Prof. Jan was my oom gewees.


Sent from my iPhone using Tapatalk