Page 1 of 1

Richtersveld - Roete op C13

Posted: Mon Feb 21, 2022 3:33 pm
by saswart
Middag,

Ons beplan 'n suid namibie trippie binnekort. WIl hoor of iemand al die C13 pad van Vioolsdrift na Sendelingsdrift gery het? Dit sal net ek my gesin wees (waarvan een kind 6/7 maande oud) so ek wil rowwe 4x4 vermy, lekker grondpaaie is 'n moet. Ek lees dat meeste paaie/passe in Richterveld moet liefs in konvooi en verieslik sonder wa wees. Ons is net 1 voertuig, met 'n wa..

Groete

Re: Richtersveld - Roete op C13

Posted: Tue Mar 01, 2022 2:37 pm
by tau
Dit is 'n mooi grondpad gewoonlik. Ek ry hom gereeld tot by Ausenkehr. Tans is hy sleg verspoel en beskadig, maar hulle sla hom vinnig herstel. Warvandaan wil jy gaan as jy by Sendelingdrift kom? Ross Pinah? As jy aan die Suid-Afrikaanse kant wil hou is dit vanaf The grocery maar rowwe paaie en 4x4 stukke.

Vanjaar gaan die Namib bitter mooi wees met al die reën, aanvaar maar al die driffies is uitgespoel as jy oor 'n hoogte kom. Laat weet as jy nog info soek ek ken Namibië en veral die Suide redelik goed as toeris.Ek het in 2013 met 'n 2 jarige en 14 maande oue babae 6400 km in Namibië getoer, meeste plekke is kinder veilig. Begin vroeg en ry voor lunch tyd klaar dan kan kinders lekker speel en ontdek.

Re: Richtersveld - Roete op C13

Posted: Tue Mar 15, 2022 1:36 pm
by saswart
Hi Tau, Baie dankie, ek het hierdie gemis. Ja van sendelingsdrift staan my kop noordwaarts deur Rosh Pinah, na Aus, Luderitz en dan terug keetmans, Mata Mata terug in SA in. Voor die C13 beplan ek Ariamsvlei - Ais Ais - AUsenkehr of soos eers genoem VIoolsdrift na sendelingsdrift (nam kant)

Re: Richtersveld - Roete op C13

Posted: Wed Mar 16, 2022 8:38 am
by tau
Alles is mooi grondpaaie. Jy het natuurlik kans vir papwiele. Ariemsvlei -grunau is teerpad en dan kan jy Grunau - Hobas ry en dan na Ai-Ais.

Ai-Ais lyk tans rof, maar steeds lekker plek vir kinders en Mamma om in warm water te lê.