Page 1 of 1
Redolfi haelgeweer opinie
Posted: Sun Mar 13, 2022 3:48 pm
by Pvdw
Hi manne.
Ek het redelik op die net gesoek maar inligting is few and far between.
Wie het inligting of ondervinding van die Redolfi reeks van 12br haelgewere, meer spesifiek die EOS Lite.
Paar goed het op YT op gekom maar nie veel nie.
Al wat ek weet is dat Redolfi van Italie is.
Enige info of ondervinding is welkom.
Re: Redolfi haelgeweer opinie
Posted: Sun Mar 13, 2022 4:57 pm
by tripodmvr
Re: Redolfi haelgeweer opinie
Posted: Sun Mar 13, 2022 5:11 pm
by Pvdw
Ja dankie oom Marius ek het. Ek sal ook graag van ons eie mense wil hoor. Daar was so 3 rewies soortgelyk aan die 1 wat ek kon opspoor.
Re: Redolfi haelgeweer opinie
Posted: Sun Mar 13, 2022 5:14 pm
by tripodmvr
Wat is die prys plaaslik. Ek dink nie jy sal 'n fout maak nie.
Re: Redolfi haelgeweer opinie
Posted: Sun Mar 13, 2022 5:29 pm
by Pvdw
tripodmvr wrote: Sun Mar 13, 2022 5:14 pm
Wat is die prys plaaslik. Ek dink nie jy sal 'n fout maak nie.
Ek het gister die EOS Lite by Dave Sheer raak geloop. Normale trys is 22k. Hulle is nou op uitverkoping vir 16.5k
Re: Redolfi haelgeweer opinie
Posted: Sun Mar 13, 2022 6:02 pm
by tripodmvr
800 pond in Engeland, so omgeskakel is dit naby R16 000.
Re: Redolfi haelgeweer opinie
Posted: Mon Mar 14, 2022 8:36 pm
by jdpretorius
Peet daardie EOS lyk (van wat te siene is op die prentjies) baie naby aan my Bettinsoli X-Trail, behalwe vir die graveer werk op die staal natuurlik. Ek't op n kol iets gelees wat dit laat klink of sommige kleiner Italiaanse vervaardigers dalk van hulle parte, van ander groter vervaardigers kry, met hulle eie 'branding' op (bv. Franchi en Benelli wat mos nou ook saam werk, as ek dit reg het) Die Bettinsoli skiet baie lekker en moes sy kolf net effe verleng met een van daardie oor-glip kouse om beter te pas, wat hom sommer ook n bietjie sagter op die skouer maak as n ou bietjie trigger-happy raak.
Gee my gerus n skree as jy die Bettinsoli wil toets bestuur.
Rudi hier op die groep behoort dalk ook dalk goeie kennis te hê...
Sent from my SM-A515F using Tapatalk
Re: Redolfi haelgeweer opinie
Posted: Tue Mar 15, 2022 9:41 am
by Johan van Wyk
jdpretorius wrote: Mon Mar 14, 2022 8:36 pm
Peet daardie EOS lyk (van wat te siene is op die prentjies) baie naby aan my Bettinsoli X-Trail, behalwe vir die graveer werk op die staal natuurlik. Ek't op n kol iets gelees wat dit laat klink of sommige kleiner Italiaanse vervaardigers dalk van hulle parte, van ander groter vervaardigers kry, met hulle eie 'branding' op (bv. Franchi en Benelli wat mos nou ook saam werk, as ek dit reg het) Die Bettinsoli skiet baie lekker en moes sy kolf net effe verleng met een van daardie oor-glip kouse om beter te pas, wat hom sommer ook n bietjie sagter op die skouer maak as n ou bietjie trigger-happy raak.
Gee my gerus n skree as jy die Bettinsoli wil toets bestuur.
Rudi hier op die groep behoort dalk ook dalk goeie kennis te hê...
Sent from my SM-A515F using Tapatalk
Dis die sogenaamde Italian Guild aksie. Hulle word op groot skaal geproduseer iewers in Italie (deur wie weet ek nie) en bykans al die intreevlak haelgewere gebruik die aksie. Dis letterlik amper soos 'n kooperasie: jy die "vervaardiger" plaas 'n bestelling, die lope en aksies word afgelewer, jy sit jou naam en 'n kolf op en siedaar. Jy is nou ook 'n vervaardiger. Meestal is die kwaliteit nie sleg nie so dis nie iets waaroor ek sou slaap verloor nie. Dis maar net 'n manier om kostes laagte hou.