Page 1 of 1

Rots en strand hengel

Posted: Tue Mar 29, 2022 6:26 am
by Heinz Petersen
Kom ons gesels bietjie rots en strand hengel.
Waar hengel jy.
Vertel vir ons van jou hengel gery.
Watse aas gebruik jy vir Galjoen, Steenbras en Kabejou.
Jou lyn, hoek en sinker strop lengtes.

Re: Rots en strand hengel

Posted: Tue Mar 29, 2022 7:42 am
by Toxxyc
Ek hengel altyd as ons by die see is. Ek sit maar 'n stuk aas aan 'n hoek en gooi dit in die water, maar vang nooit iets nie, so ek weet nie wat ek hengel nie, jammer.

Re: Rots en strand hengel

Posted: Tue Mar 29, 2022 8:04 am
by Capt. Yoda
Heinz Petersen wrote: Tue Mar 29, 2022 6:26 am Kom ons gesels bietjie rots en strand hengel.
Waar hengel jy.
Vertel vir ons van jou hengel gery.
Watse aas gebruik jy vir Galjoen, Steenbras en Kabejou.
Jou lyn, hoek en sinker strop lengtes.
Uncle, het julle al n parra probeer ?
Iets soos Googen se filthy frog?

Re: Rots en strand hengel

Posted: Tue Mar 29, 2022 8:16 am
by joe rocket
Handlyn 5 l wyn pen 49 katrol om teen die suid oos te skuil maanskyn wurm 2nul mustad hoek met baie ys. Baie geheime plekke rondom struisbaai waar daar nie gehengel word nie maar vis gevang.

Re: Rots en strand hengel

Posted: Tue Mar 29, 2022 8:20 am
by joe rocket
Capt. Oblivious wrote: Tue Mar 29, 2022 8:04 am
Heinz Petersen wrote: Tue Mar 29, 2022 6:26 am Kom ons gesels bietjie rots en strand hengel.
Waar hengel jy.
Vertel vir ons van jou hengel gery.
Watse aas gebruik jy vir Galjoen, Steenbras en Kabejou.
Jou lyn, hoek en sinker strop lengtes.
Uncle, het julle al n parra probeer ?
Iets soos Googen se filthy frog?


Ja hiers baie plat Anna's oppie strand maar jy weet mos hul nie geskik vir aas.

Re: Rots en strand hengel

Posted: Tue Mar 29, 2022 8:33 am
by Kallie Fernhout
joe rocket wrote: Tue Mar 29, 2022 8:16 am Handlyn 5 l wyn pen 49 katrol om teen die suid pos te skuil maanskyn wurm 2nul mustad hoek met baie ys. Baie geheime plekke rondom struisbaai waar daar nie gehengel word nie maar vis gevang.
Klink vir my oom se seun is n pakslae of twee agter.

Re: Rots en strand hengel

Posted: Tue Mar 29, 2022 8:41 am
by joe rocket
Kallie Fernhout wrote: Tue Mar 29, 2022 8:33 am
joe rocket wrote: Tue Mar 29, 2022 8:16 am Handlyn 5 l wyn pen 49 katrol om teen die suid pos te skuil maanskyn wurm 2nul mustad hoek met baie ys. Baie geheime plekke rondom struisbaai waar daar nie gehengel word nie maar vis gevang.
Klink vir my oom se seun is n pakslae of twee agter.

klink vir my jy moet eerder oor skiet praat...

Re: Rots en strand hengel

Posted: Tue Mar 29, 2022 1:31 pm
by Dumbluck
Ek is nie 'n groot visserman nie.
Ek en my vrou vang ma hotties van die boot af rondom St Helenabaai. Ek spring ook graag in die water en jaag hulle met 'n pyl geweer met redelike sukses.

Daar om St helenabaai sal ek so nou en dan staan saam 'n pel en galjoen soek. Ons haal self witmossel uit op die golden mile strand en grawe wurm tussen die klippe uit. Ek kon darm al 'n paar op die vuur gooi.

Vir dit het ek 'n 12ft stok en daiwa katrol wat ek al besit van my 1ste henties trip 30 jaar terug (ek was 6). Ek en my pa het ook elkeen 'n 14ft 3pc 4-6oz stok met Daiwa SL50SH.
Niks fancy nie. Ek het onlangs al 3 daiwas laat diens en nuwe 30lb lyn opgesit.

Ek wil nou meer moeite doen met visvang van die kant tussen Langebaan en Dwarskersbos. Ek hoop ook om Namibiƫ uit te kom die jaar so ek kry al my toerusting agter mekaar.

Ek het ook 'n onlangs 'n Assassin 13ft 3pc 2-4oz, Shimano 6000 spinning katrol met 30lb braid. Asook 'n 10ft met 'n 4000 katrol ook met 30lb braid. Is al vertroud met die al die fancy knope, traces ens.

Ek wil nou meer tyd maak om te gaan staan, ken 'n paar ouens wat Macassar rond vang en het 'n pel in George wat ook graag vang so wil 'n draai daar ook gaan maak.

Ma nou sit ek eers oorsee en droom net van agterop my bakkie se flap sit met lyn in die water en 'n koue bier





Sent from my SM-G991B using Tapatalk



Re: Rots en strand hengel

Posted: Wed Dec 07, 2022 12:53 am
by Vlakvark Soldaat
Dis amper weer sulke tyd! Mosselbaai tot Sedgefield vir amper 3 weke.

Assassin 14,6ft Beachmaster, Daiwa BG8000 grinder, 30lbs suffix braid, met so 25m 30lbs leader, 6oz pyramid sinker, chokka en sardine, sand prawn waar moontlik. Probeer edibles teiken, maar is happy met enigiets wat byt en baklei...

Re: Rots en strand hengel

Posted: Wed Dec 07, 2022 6:47 am
by Heinz Petersen
Ek gaan die naweek Kaap punt se kant toe. Daar vang jy van Galjoen,vet hotties rooistomp,rooiroman en spin vir geelstert.
Dit is net n styl afklim tot onder by die water, maar die moeite werd. Vonk proppe is al wat jy daar gebruik, want amper gooi vir gooi verloor jy n sinker.

Re: Rots en strand hengel

Posted: Wed Dec 07, 2022 11:49 am
by cassie_calvinia
oom heinz, koop 'n snoek by spar

Re: Rots en strand hengel

Posted: Wed Dec 07, 2022 1:12 pm
by Capt. Yoda
Hahahaha

Re: Rots en strand hengel

Posted: Wed Dec 07, 2022 4:30 pm
by ruaanb
Sleepvis terug gooi ne Oudstes

Re: Rots en strand hengel

Posted: Thu Dec 08, 2022 6:18 am
by joe rocket
Heinz Petersen wrote: Wed Dec 07, 2022 6:47 am Ek gaan die naweek Kaap punt se kant toe. Daar vang jy van Galjoen,vet hotties rooistomp,rooiroman en spin vir geelstert.
Dit is net n styl afklim tot onder by die water, maar die moeite werd. Vonk proppe is al wat jy daar gebruik, want amper gooi vir gooi verloor jy n sinker.


Dit reen die naweek vat maar jou duikpak saam