Page 1 of 1

In die mark vir 5.5 PCP. Raad asb

Posted: Mon Apr 11, 2022 5:27 pm
by Ratel
Ek het reeds 'n Hatsan AT 44 in 4.5 mm waarmee ek heel tevrede is. Het die geweer onlangs by Xtreme Airguns by Jaco hulle laat diens en is ook heel tevrede met hulle diens. Die Mynahs vlieg draaie om my huis.
Ek is nou in die mark vir 'n 5.5 mm PCP. Ek wil nie mal gaan met die prys nie maar kyk na iets in die prys klas van die Artemis M22. Ek kyk ook na die Snowpeak M25 by Xtreme Airguns.
Ek soek bietjie raad asb. Watter gewere in daai prysklas R10 000 sou julle aanbeveel? Ek het gekyk na die 5.5mm Hatsan AT 44 maar die gewig van die geweer sit my af en dan ook lees ek op forums dat die Turke bietjie skimpy was met sommige onderdele en dat die gehalte nie meer na wense is nie.

Enige raad en opinie sal waardeur word. Ek het 'n Model 2 Brno in .22 wat ek goed gebruik op die plaas. Ek help bietjie 'n paar besighede en hotelle met beheer van blou ape en wil nie graag die .22 daar gebruik nie en dink die 4.5mm no1 het bietjie min woema vir 'n blou aap.

Re: In die mark vir 5.5 PCP. Raad asb

Posted: Mon Apr 11, 2022 6:49 pm
by Klein Chris
As jy regs skiet bederf jou self met n bullpup. Loer gerus na die P35 of Nova Vista Behemoth

Re: In die mark vir 5.5 PCP. Raad asb

Posted: Mon Apr 11, 2022 7:22 pm
by Silwer
Ek het self 'n artemis m11 in 5.5 en is baie tevrede daarmee. Ek sekondeer klein chris se voorstel van 'n artemis p35. Die bullpup ontwerp is lekker kompak en lig. Die roer het ook 'n regulator in.

Sent from my SM-A325F using Tapatalk


Re: In die mark vir 5.5 PCP. Raad asb

Posted: Mon Apr 11, 2022 7:29 pm
by Ratel
Klein Chris wrote: Mon Apr 11, 2022 6:49 pm As jy regs skiet bederf jou self met n bullpup. Loer gerus na die P35 of Nova Vista Behemoth
Ek het nou gaan kyk dankie. Ek hou van die kompaktheid van die bullpup. Ek soek ook na iets wat nog 'n suppressor kan vat. Ek sien op die P35 is dit moontlik.

Re: In die mark vir 5.5 PCP. Raad asb

Posted: Mon Apr 11, 2022 8:57 pm
by LUAN
Daardie M22 kan lekke getune word pel van my sin skiet n moerse hou. Ek self het destyds n P12 bullpup gekoop vir baie goedkoop. Hy is goed gebou met titanium silinder nogal. Lekker size geweer om te hanteer. Ongelukkig enkelskoot. Glo jy sal dan die P35 met magasyn en sidelever geniet. Daar is soveel soorte pcps op die mark. Kyk na Kral ook goed geprys en skiet glad nie sleg. Deesdae kry jy tot 40gr slugs in 5.5mm. Met die regte pcp gaan jy .22lr balistiek behaal of naby kom. So jy sal moet mooi kyk waar jy skiet en wat agter die teiken is.

Re: In die mark vir 5.5 PCP. Raad asb

Posted: Tue Apr 12, 2022 7:04 am
by DWB
Hou net jou vinger agter die kroon van die loop....

Of hoe sê ek @Geno :)

Re: In die mark vir 5.5 PCP. Raad asb

Posted: Tue Apr 12, 2022 7:21 am
by Ratel
DWB wrote: Tue Apr 12, 2022 7:04 am Hou net jou vinger agter die kroon van die loop....

Of hoe sê ek @Geno :)
++>: Klink my iewers was 'n klein ongelukkie. Ja nee ek sien daai P35 is lekker kompak. Op hierdie stadium neig ek na die P35 toe.

Re: In die mark vir 5.5 PCP. Raad asb

Posted: Tue Apr 12, 2022 8:13 am
by Capt. Yoda
Daai bullpup skiet n kar se spieltjie ok lekker in sy moer

Re: In die mark vir 5.5 PCP. Raad asb

Posted: Tue Apr 12, 2022 8:42 am
by Ratel
Capt. Oblivious wrote: Tue Apr 12, 2022 8:13 am Daai bullpup skiet n kar se spieltjie ok lekker in sy moer
++>: Eish en ek wil hom juis uit die kar uit gebruik.
Ek het vanoggend met die plek gepraat waar ek wil koop en hulle reken my 'n P15 is 'n beter koop as die P35 omrede die P35 vir die Britse mark is en die spoed op die wapen nie so goed is as die P15. Ek soek 'n kompakte 5.5 mm met woema maar ook bekostigbaar.

Ek moet se ek is 'n leek as dit by die nuwer PCP gewere kom en sal graag julle opinies wil hoor.

Re: In die mark vir 5.5 PCP. Raad asb

Posted: Tue Apr 12, 2022 9:16 am
by Silwer
Ek dink hulle het die kat aan die stert beet. Die p35 is eintlik maar 'n opgegradeerde p15 met 'n tupperware kolf en die slot wat vorentoe, nader aan die sneller geskuif is. Die p15 se slot was agter naby die wangstuk wat maak dat jy die geweer uit die skouer moet sak om oor te haal. Bel vir Ian by SA air rifle, die ouens is baie hulpvaardig en het gewoonlik voorraad. Hulle sal 10 teen 1 die geweer nog vir jou tune en reg opstel ook.

https://saairrifles.co.za/product/snowp ... 92e800.jpg[/IMG]

Sent from my SM-A325F using Tapatalk


Re: In die mark vir 5.5 PCP. Raad asb

Posted: Tue Apr 12, 2022 10:20 am
by Capt. Yoda
Ratel wrote: Tue Apr 12, 2022 8:42 am
Capt. Oblivious wrote: Tue Apr 12, 2022 8:13 am Daai bullpup skiet n kar se spieltjie ok lekker in sy moer
++>: Eish en ek wil hom juis uit die kar uit gebruik.
Ek het vanoggend met die plek gepraat waar ek wil koop en hulle reken my 'n P15 is 'n beter koop as die P35 omrede die P35 vir die Britse mark is en die spoed op die wapen nie so goed is as die P15. Ek soek 'n kompakte 5.5 mm met woema maar ook bekostigbaar.

Ek moet se ek is 'n leek as dit by die nuwer PCP gewere kom en sal graag julle opinies wil hoor.
hahaha jy moet maar net gewoond raak aan hom vir drive bys, hy werk bitter lekker solank jy net die spieltjie en vir Geno mis.

Re: In die mark vir 5.5 PCP. Raad asb

Posted: Tue Apr 12, 2022 10:53 am
by Ratel
Silwer wrote: Tue Apr 12, 2022 9:16 am Ek dink hulle het die kat aan die stert beet. Die p35 is eintlik maar 'n opgegradeerde p15 met 'n tupperware kolf en die slot wat vorentoe, nader aan die sneller geskuif is. Die p15 se slot was agter naby die wangstuk wat maak dat jy die geweer uit die skouer moet sak om oor te haal. Bel vir Ian by SA air rifle, die ouens is baie hulpvaardig en het gewoonlik voorraad. Hulle sal 10 teen 1 die geweer nog vir jou tune en reg opstel ook.

https://saairrifles.co.za/product/snowp ... 92e800.jpg[/IMG]

Sent from my SM-A325F using Tapatalk
Dankie. Ek het ook nogal so gedink want die reviews wat ek gelees het oor die roer is goed. En dit is nogal nie n fly by night winkel wie dit vir my vertel het nie. Ek dink ek sal eerder vir Ian bel.

Re: In die mark vir 5.5 PCP. Raad asb

Posted: Tue Apr 12, 2022 11:54 am
by Ratel
Silwer wrote: Tue Apr 12, 2022 9:16 am Ek dink hulle het die kat aan die stert beet. Die p35 is eintlik maar 'n opgegradeerde p15 met 'n tupperware kolf en die slot wat vorentoe, nader aan die sneller geskuif is. Die p15 se slot was agter naby die wangstuk wat maak dat jy die geweer uit die skouer moet sak om oor te haal. Bel vir Ian by SA air rifle, die ouens is baie hulpvaardig en het gewoonlik voorraad. Hulle sal 10 teen 1 die geweer nog vir jou tune en reg opstel ook.

https://saairrifles.co.za/product/snowp ... 92e800.jpg[/IMG]

Sent from my SM-A325F using Tapatalk
Het nou met Kobus gepraat by saairrifles. Hy reken die Reximex Apex is n beter keuse alhoewel nie regulated nie is dit kragtiger. Reviews gaan kyk en dit lyk na n akkurate roer.

Re: In die mark vir 5.5 PCP. Raad asb

Posted: Mon Apr 18, 2022 7:26 pm
by Klein Chris
Ratel Wat het jy toe gekry?

Re: In die mark vir 5.5 PCP. Raad asb

Posted: Mon Apr 18, 2022 8:10 pm
by Ratel
Klein Chris wrote: Mon Apr 18, 2022 7:26 pm Ratel Wat het jy toe gekry?
Ek het nog nie gekoop nie maar kyk op hierdie stadium na die Apex. Ek doen maar eers my huiswerk want dis baie geld vir n windbuks.

Re: In die mark vir 5.5 PCP. Raad asb

Posted: Tue Jan 10, 2023 9:26 pm
by reggie
Ek het 1 van XtremeAirguns se Blackwidows gekoop die V1.0 jy kan hom upgrade na die V2.0 of 3.0 later. Hulle dies is puik.

Re: In die mark vir 5.5 PCP. Raad asb

Posted: Wed Jan 11, 2023 12:28 pm
by BeesBreet
My fx Crown mag dalk in die mark kom….


Sent from my iPhone using Tapatalk