Page 1 of 1

Scope vir 303 raad vra.

Posted: Tue Apr 19, 2022 3:20 pm
by HJA
Goeie middag,

Ek kyk uit vir n ander scope vir my 303 met groter vergroting.

Die volgende is beskikbaar.

Bushnell Prime 4-12 x 40.
Hawke Vintage 4-12 x 40

Enige terugvoering sal waardeer word.

Dankie
Henk

Re: Scope vir 303

Posted: Wed Apr 20, 2022 10:14 am
by HeinM
HJA wrote: Tue Apr 19, 2022 3:20 pm Goeie middag,

Ek kyk uit vir n ander scope vir my 303 met groter vergroting.

Die volgende is beskikbaar.

Bushnell Prime 4-12 x 40.
Hawke Vintage 4-12 x 40

Enige terugvoering sal waardeer word.

Dankie
Henk
Die 2 scopes is beskikbaar? Hoe lyk hulle kruishare?

Mooi dag daar1

Re: Scope vir 303

Posted: Wed Apr 20, 2022 10:45 am
by HJA
Hallo daar,

Al twee het duplex kruishare...!

Henk

Re: Scope vir 303

Posted: Wed Apr 20, 2022 12:04 pm
by HeinM
Baie dankie ;)

Re: Scope vir 303 raad vra.

Posted: Wed Apr 20, 2022 12:39 pm
by HJA
Goeie middag,

Jammer maar ek verkoop nie die twee scopes nie.
Die twee scopes is beskikbaar en ek wil weet na watter een om te kyk vir my 303.
Ek wil my huidige scope vervang met een van die twee.
Dankie
Henk

Re: Scope vir 303 raad vra.

Posted: Wed Apr 20, 2022 3:06 pm
by Capt. Yoda
Tussen daai 2 sou ek die Bushnell vat

Re: Scope vir 303 raad vra.

Posted: Wed Apr 20, 2022 3:18 pm
by Ratel
HJA wrote: Tue Apr 19, 2022 3:20 pm Goeie middag,

Ek kyk uit vir n ander scope vir my 303 met groter vergroting.

Die volgende is beskikbaar.

Bushnell Prime 4-12 x 40.
Hawke Vintage 4-12 x 40

Enige terugvoering sal waardeer word.

Dankie
Henk
Ek het nou die dag 'n Hawke Vantage gekoop en dis nou wel vir my .22 maar die geweer ry baie bakkie en stamp maar gereeld teen iets. Ek is sover nog tevrede en vir die prys is die glase redelik helder.

Re: Scope vir 303 raad vra.

Posted: Thu Apr 21, 2022 8:28 am
by HJA
Goeie more Ratel,

Ja, dit het ek ook gesien toe ek deur die Vantage gekyk het mooi beeld gekry.
Die scope is vir my 303. Die skiet afstand sal tot 250m maks wees.
Prys is ook baie goed.
Lekker dag
Henk

Re: Scope vir 303 raad vra.

Posted: Thu Apr 21, 2022 10:57 pm
by JCR
Naand Manne.

My broer se seun het n Hawke op sy 308 (nie seker watter model nie) en ek moet se ek is nogal beindruk met die scope. Hy het hom al n paar jaar op met baie baan en jag skiet en nog nooit n probleem gehad nie.

My ander broer het vir sy seun n Bushnell scope op n 303 gesit wat ons baie probleme mee gehad het. Nie zero gehou nie, op en af was glad nie 1/4 inch verstellings nie en dit het my regtig afgesit.

Ek verstaan daar is seker maar dieselfde gevoel van verskiklende mense na verskillende scopes.

Ek aou persoonlik die Hawke gekies het as ek moes.

Kyk gerus na van die Burris scopes, miskien bietjie duurder maar jy sal nie n fout maak nie.

Groete
JC

Sent from my SM-G985F using Tapatalk


Re: Scope vir 303 raad vra.

Posted: Mon Apr 25, 2022 6:34 am
by ruaanb
Ek het Hawke op my 6mm Musgrave en my Pa op sy 308. Baie gelukkig en geen issues nie.

Re: Scope vir 303 raad vra.

Posted: Mon Apr 25, 2022 2:21 pm
by HJA
Hallo Ruan,
Is dit ook die Hawke Vantage scope...?

Dankie
Henk

Re: Scope vir 303 raad vra.

Posted: Tue Apr 26, 2022 12:28 am
by Klein Chris
Ek het n ou Hawke Airmax op die 30-06 nou vir n klompie jare. Was voor dit vir baie jare op my HW97 springer windbuks. SovĂȘr hou die teleskoop nog

Re: Scope vir 303 raad vra.

Posted: Tue Apr 26, 2022 7:07 am
by LUAN
Hang af seker watse model Hawke jy gebruik daars goedkoop en duurder modelle. Maar kyk bietjie of daardie airmax of vantage se zero dieselfde bly met groot temperatuur verskille bv vroe oggend en dan later daai dag as dit lekker warm is.

Re: Scope vir 303 raad vra.

Posted: Tue Apr 26, 2022 12:07 pm
by ruaanb
HJA wrote:Hallo Ruan,
Is dit ook die Hawke Vantage scope...?

Dankie
Henk
Nee is die Endurance reeks.

Re: Scope vir 303 raad vra.

Posted: Tue Apr 26, 2022 1:29 pm
by Wouter Roets
Henk

Ek het nou gou gaan loer na die twee teleskope wat jy oorweeg. Beide lyk of hulle op n sniper rig hoort. Is jy seker jy het hierdie tiepe turrets en veral parralaks nodig met n geweer wat jy tien teen een mee gaan stap en in jou eie woorde nooit verder as 250m gaan skiet nie? Sal n eenvoudige geen nonsens bulletproof telskoop soos n Leupold VX Freedom of iets soortgelyks nie n baie beter opsie vir jou aplikasie wees nie? Ek vra maar net.

Groetnis
Wouter

Re: Scope vir 303 raad vra.

Posted: Tue Apr 26, 2022 1:35 pm
by Capt. Yoda
Daai Freesom is n baie beter scope, ek wou ok eers vra wat jou budget is en of jy nie eder na hom kan kyk nie