Page 1 of 1

Nuwe Isuzu 1.9 DDI

Posted: Fri May 13, 2022 7:56 am
by Swys14
Het iemand al die nuwe perd al gaan toetsbestuur? Wat was jul eerste indrukke?

Daar is vir my nie 'n groot verskil in hoe hy lyk nie alhoewel ek dink hy lyk effens beter vir my as die vorige model. Ek is steeds nie 'n groot aanhanger van sy sierrooster nie maar sal kan leef met dit. Verder is hy mooi vir my veral met die 18" wiele. Ek het die A/T D/C gaan bestuur en was beindruk. Ja dis nou maar wel 110kw en 350NM maar die wringkrag skop lekker vroeg in en bly beskikbaar. Hy klink ook nie meer soos 'n trekker nie. Ek vind dat hy veral lekker in die dorp ry. Sitplekke is baie gemaklik en Isuzu het rerig die binneruim verbeter. Lyk vir my na 'n wenner. Ek oorweeg sterk om die Frot te laat gaan vir so een.

Re: Nuwe Isuzu 1.9 DDI

Posted: Fri Jun 16, 2023 7:40 am
by Mellies
Baie tevrede met myne.

Gemaklik en stil.

Ek sleep nie of ry met n vrag nie. Ganog poeier vir my.

Met 3000km agter die blad is die brandstofverbruik op 13.5km/L met die auto box.

Met n wa vol bokke kom die verbruik af na 9.5km/L @ 130km/h.

In die dorp steek die verbruik vas op 12.3km/L.

Met n vleisie...

Re: Nuwe Isuzu 1.9 DDI

Posted: Fri Jun 16, 2023 7:47 am
by win270
En tien-teen-een hou die bankbestuurder jou nie wakker nie. As jy die voertuig goed oppas, soos met enige voertuig natuurlik, behoort hy baie jare en kms goeie diens te lewer.

Re: Nuwe Isuzu 1.9 DDI

Posted: Fri Jun 16, 2023 10:31 am
by Lategan1
Ons rep ry laaste van ou reeks, uitstekend. Brandstof syfers klop met dit hier weergegee. Hy is nie ‘n resiesjaer nie en hou by spoedbrperkings.

Reeds 140 000km in handrat.

Hy het met vrystelling nuwe model in dubbelkajuit vir homself gekoop, steeds baie tevrede, auto.

Beste.

Re: Nuwe Isuzu 1.9 DDI

Posted: Fri Jun 16, 2023 6:32 pm
by 6.5/284Norma
Ek het die drie liter 4x4 extended cab.

Dit is my negende Isuzu en kan nie uitgepraat raak oor hoe goed die een is nie...

Re: Nuwe Isuzu 1.9 DDI

Posted: Sat Jun 17, 2023 6:54 am
by KalahariKlong
Baie ekonomies. Ry verbasend lekker en sag. Maklik een van die minder mooi bakkies op die oomblik.

Re: Nuwe Isuzu 1.9 DDI

Posted: Sat Jun 17, 2023 7:14 am
by LUAN
Die isuzu deliver net 110kw en die 3l net 140kw. Ford kry meer uit n 2l en hulle auto het 10 ratte waar isuzu net 6 het. Eks nou lelik grap net. Isuzu is nog altyd n betroubare bakkie en sal self kyk na een volgende keer.

Re: Nuwe Isuzu 1.9 DDI

Posted: Sat Jun 17, 2023 9:07 am
by Wielie Waps
Ek het al amper 35000 kilos gedoen van Feb af in myne.
Om my perspektief te gee
Eers die donkie Isuzu gery jare terug - 200k kilos opgesit
Toe d/c met compensator - 250k kilos op hom gedoen , maatskappy het hom verkoop met 530k kilos op
Daarna Toyota 2.7vvti - 470k kilos , my seun ry hom nou.
Nou het ek.weer Isuzu en baie tevrede.
Isuzu is maar net die baas op grondpad volgens my.
Hierdie een het genoeg krag vir trokke op die N1 , maar ek dink hy gaan sukkel met swaar vrag sleep. Kan agterkom met my skietstoel dat wind weerstand hom bietjie onder druk sit. Ek hou sy cruise control op 130 en hy gee gemiddeld 11.8km per liter.

Re: Nuwe Isuzu 1.9 DDI

Posted: Mon Jun 19, 2023 10:03 am
by Wouter Roets
Hallo Swys

Doen jouself die guns om na al die bakkies te gaan kyk wat in daai prysklas val.Jy sal dalk heel aangenaam verras wees met n paar van die opsies.

Groetnis
Wouter

Re: Nuwe Isuzu 1.9 DDI

Posted: Fri Feb 16, 2024 2:20 pm
by Gerhardu
volg.