Page 1 of 1

KRG Bravo Howa Reviews

Posted: Sat May 21, 2022 4:16 pm
by Eight
Kan enige iemand wat ervaring het v my se hoe die hoeas skiet in n KRG Bravo chassis. Ek het een gekoop v my 243. Ek bed gewoonlik al my kolwe en chassis. Is die Bravo nodig om te bed?

Re: KRG Bravo Howa Reviews

Posted: Sat May 21, 2022 6:17 pm
by Kaalvoetthysie
Ek het ‘n paar maande terug een op my 308 gesit. Ek geniet hom bitter baie.

Baie stewig. Nie te swaar nie. Alumium staaf van die aksie af tot voor. Die res is ‘n tiepe polymer. Sy wang stuk verstel maklik.

Dis vir my baie gemaklik, die pistool greep is lekker breed.

Enigste twee stukkies kritiek wat ek kan lewer is dat ek die wang stuk moet uit haal elke keer as ek die slot wil uit haal. Uit gewoonte is my slot nie in my geweer as ek nie op die baan of in die veld is nie. Dis gelukkig vinnig. As jy jou verkose hoogte gekry het sit jy o-rings om die wang stuk se penne sodat hy elke keer die regte hoeveelheid in druk. Dan is dit baie vinnig.

Ek is redelik lank. So selfs met die drie spacers is die LOP bietjie kort vir my. So sal nog spacers moet bestel.

Maar in kort is ek nie vir ‘n oomblik spyt nie. My skoonpa is so beindruk dat hy vir hom ook een gaan bestel.

Bly vir my een van die beste all-round kolwe as jy hom vir die baan en jag wil gebruik.

Ek het redelik opgelees en klink nie nodig om die aksie te bed nie. Het myne net reg ge”torque”. Image


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: KRG Bravo Howa Reviews

Posted: Sat May 21, 2022 7:58 pm
by Dumbluck
Bravo is Tops! Image

Het net probleem met een gehad, die ander een het ek 2dehands gekoop en hy was lyk my klaar reggemaak.

Die was die probleem, lees ma en kyk die fotos dan sal jy verstaan:
https://www.instagram.com/p/CDBOmEqpKiE ... MyMTA2M2Y=

Ma dit sit my nie af nie, sal nog van hulle kry Image
Image

Sent from my SM-G991B using Tapatalk



Re: KRG Bravo Howa Reviews

Posted: Sun May 22, 2022 7:52 am
by Eight
Baie dankie Dumbluck. Dit lyk my die antwoord is moontlik om daai aluminium blokkie af te werk en dan te bed?

Re: KRG Bravo Howa Reviews

Posted: Sun May 22, 2022 8:05 am
by Dumbluck
Eight wrote:Baie dankie Dumbluck. Dit lyk my die antwoord is moontlik om daai aluminium blokkie af te werk en dan te bed?
Ek dink nie bedding is die antwoord met die KRG nie, daar is te veel bewegende dele en plekke vir die bedding om uit te koop.

My 2 loop mooi en sonder probleme net reg ge-torque in die Chassis.

In my opinie is bedding vir hout en plastiek kolwe. As jy jou aksie vastrek teen 'n aluminium blok 65in-lb dan kan hy nêrens heen gaan nie.
Daar sal sekerlik manne wees wat met my verskil, ma ek sit nie my dae om agter 'n skietbank en probeer 1 skoot groepe skiet nie.

Vir my toepassing is happy met konstante <10mm groeperings en ek kry dit met die 2 gewere.

Sent from my SM-G991B using Tapatalk


Re: KRG Bravo Howa Reviews

Posted: Sun May 22, 2022 10:08 am
by Eight
Ok wel 10mm groepe is beter as wat ek kan skiet so dan is dit meskien beter om hom net so te los.