Page 1 of 1
Weskus inligting
Posted: Mon Jan 30, 2012 4:20 pm
by molopohunter
Dagse manne,
Ons is n paar manne wat so 2 weke 4x4 trippie vannaf port nolloth tot langebaan beplan. Weet iemand van roetes tussen port nolloth en koningnaas? Sien niks op die kaart nie. Dis buite kreef seisoen, maar kan mens iewers wettig koop en wat loop pryse? Hoe is die water se sig vir seekos uithaal en "spearfishing"? Watse aas werk vir stok natmaak daar en sal n man wat net natal/ suid kaap ken daar regkom? Ons gaan om te toer en kamp, en wat is die wet oor kamp daar en 4x4's op die strande?
Ek soek asb enige inligting met die verband. Die trip is in september, so weer patrone sal ook help.
Dankie en groete manne,
Peet
Re: Weskus inligting
Posted: Mon Jan 30, 2012 5:40 pm
by Geno
Peet,
Armand Steenkamp hier op die forum is die groot Weskus visserman, hy sal verseker kan raad gee!
Groete,
Eugene
Re: Weskus inligting
Posted: Mon Jan 30, 2012 9:01 pm
by molopohunter
Dankie ou Geno, sal hom bietjie opsoek hier.
Die land jag raak nou te veel, so ek moet maar in die water gaan jag...
Groete,
Peet
Re: Weskus inligting
Posted: Mon Jan 30, 2012 9:54 pm
by Monrique (SJ)
Peet
Laat jy nou netnie by my inni Drif n draai maak, dan is daar perre maat.
Groetnis
Re: Weskus inligting
Posted: Tue Jan 31, 2012 7:51 am
by molopohunter
SJ wrote:
Peet
Laat jy nou netnie by my inni Drif n draai maak, dan is daar perre maat.
Groetnis
Dis doodreg, ek soeknet nie perde nie.
Met n van soos daai kan julle net goeie mense wees.
Waar is die Drif?
Groete.
Peet
Re: Weskus inligting
Posted: Tue Jan 31, 2012 2:50 pm
by Monrique (SJ)
Velddrif maat!!!
Groetnis
Re: Weskus inligting
Posted: Tue Jan 31, 2012 3:15 pm
by henried
Dis buite kreef seisoen...Ek sal nie die kaans vat nie
Hoe is die water se sig vir seekos uithaal en "spearfishing"?Die weskus water is toebel, en dan is daar die kelpbanke. Hy kan jou vashou onder die water, maar as jy dit gewoond is, is dit nie so reg nie. As jy 5m visibility het kan jy gelukkig wees
Watse aas werk vir stok natmaak daar en sal n man wat net natal/ suid kaap ken daar regkom? Witmossel, krewel, rooiaas. Die visvang is anders. Die see is mos ook nie altyd so groot nie
Ons gaan om te toer en kamp, en wat is die wet oor kamp daar en 4x4's op die strande?Hulle is nou seker ook al strenger, jy moet dalk eers uitvind.
Die trip is in september, so weer patrone sal ook help.Somer, so die suid ooster gaan stoot. Hy begin so laat oggend en tel spoed op tot laat in die aand...
Re: Weskus inligting
Posted: Wed Feb 01, 2012 9:52 am
by molopohunter
Dankie hendried,
Baie dankie, dit kan solank baie help. Ek wil nie kreef gaan uithaal nie. Hulle sal alles vat soos ek verstaan, en met my tipe beroep is n rekord die einde.
Sal mens wel iewers WETTIG kreef kan koop teen n billike prys, en dis net vir om op die toer te eet?
Groete en mooi loop.
Peet