Page 1 of 1
Wat eet springbok so
Posted: Fri Jun 03, 2022 9:17 pm
by Speen
Naand manne.
Wat sal julle sê het die springbok geëet?
Let op die ou bene wat daar lê.
In Vredefort area.
Sent from my CLT-L09 using Tapatalk

Re: Wat eet springbok so
Posted: Sat Jun 04, 2022 5:45 am
by Geno
Dis 'n kat se werk daai.
Moontlik oor 2 nagte gevreet. Vredefort het baie rooikatte. Luiperds ook as jy in die koepel in beweeg, maar ek is oortuig dis 'n rooikatvangs wat daar lê.
Re: Wat eet springbok so
Posted: Sat Jun 04, 2022 9:57 pm
by Speen
Dankie Geno.
Ja dit is in die koepel.
Ons het maar gedink rooikat, maar die bene wat daar lê het my laat wonder of dit nie ander dier kon wees wat op een plek vreet nie?
Sent from my CLT-L09 using Tapatalk
Re: Wat eet springbok so
Posted: Sun Jun 05, 2022 9:44 am
by Nico de Jager
Rooikat.
Re: Wat eet springbok so
Posted: Mon Jun 06, 2022 9:50 am
by win270
Interessant dat daar nie vanaf pens en boude gevreet word nie. Luiperd vreet mos weer van daardie kant af.
Re: Wat eet springbok so
Posted: Mon Jun 06, 2022 1:47 pm
by Krobb
win270 wrote: Mon Jun 06, 2022 9:50 am
Interessant dat daar nie vanaf pens en boude gevreet word nie. Luiperd vreet mos weer van daardie kant af.
Lyk of sy linkerboud tot op die been gevreet is.
Re: Wat eet springbok so
Posted: Mon Jun 06, 2022 2:01 pm
by Joe13
Lekker crime scene die.
Is daar nie leidrade nie, spoor, hare? Dalk n boom waar n perd kan opklim?
Daai vel lyk baie mooi gesny, skoon snit.
Nie gedink n rooikat sal springbok van nie.
Dalk varke wat bietjie by karkas kom kuier het?
Re: Wat eet springbok so
Posted: Mon Jun 06, 2022 2:12 pm
by Geno
Joe13 wrote: Mon Jun 06, 2022 2:01 pm
Nie gedink n rooikat sal springbok van nie.

Re: Wat eet springbok so
Posted: Mon Jun 06, 2022 2:15 pm
by Joe13
Geno wrote: Mon Jun 06, 2022 2:12 pm
Joe13 wrote: Mon Jun 06, 2022 2:01 pm
Nie gedink n rooikat sal springbok van nie.
fotos gesnip
Wow dankie Geno, flip
Re: Wat eet springbok so
Posted: Mon Jun 06, 2022 2:33 pm
by BeesBreet
Stem saam vir rooikat.
Joe rooikat trek n Bosbokram ook plat
Re: Wat eet springbok so
Posted: Mon Jun 06, 2022 3:26 pm
by Speen
Joe13 wrote:Lekker crime scene die.
Is daar nie leidrade nie, spoor, hare? Dalk n boom waar n perd kan opklim?
Daai vel lyk baie mooi gesny, skoon snit.
Nie gedink n rooikat sal springbok van nie.
Dalk varke wat bietjie by karkas kom kuier het?
Nee Joe, niks meer leidrade as die foto nie.
Al wat ek wil verstaan is hoekom daar ander bene daar lê? Kan dit blote toeval wees dat hy bok op daai plek gevang het?
Sent from my CLT-L09 using Tapatalk
Re: Wat eet springbok so
Posted: Tue Jun 07, 2022 7:15 am
by win270
Die skoon snit van die vel, soos Joe13 dit noem, lyk ook onnatuurlik. Kan 'n roofdier so 'n perfekte skoon snit veroorsaak?
Re: Wat eet springbok so
Posted: Tue Jun 07, 2022 7:51 am
by sako 30-06
Geno wrote: Mon Jun 06, 2022 2:12 pm
Joe13 wrote: Mon Jun 06, 2022 2:01 pm
Nie gedink n rooikat sal springbok van nie.
Geno, daai is darem maar groot skade. Daai rooikat het het duur smaak, baie mooi koper springbok daai.
Re: Wat eet springbok so
Posted: Tue Jun 07, 2022 9:28 am
by Geno
win270 wrote: Tue Jun 07, 2022 7:15 am
Die skoon snit van die vel, soos Joe13 dit noem, lyk ook onnatuurlik. Kan 'n roofdier so 'n perfekte skoon snit veroorsaak?
Dis 'n rooikat se kenmerk om die vel so skoon te sny as hy vreet.