Page 1 of 1
Hoe sny jy jou kaas vir kaaswors?
Posted: Fri Jun 24, 2022 10:35 am
by Chris (vdB)
More manne
Ek wil weer bietjie Kasegrillers maak en wil graag hoor hoe julle met die kaas maak as julle kaaswors / grillers maak. Ek rasper maar altyd en gooi dit by die vleis wat klaar gemaal is, maar ek wil dit bietjie met blokkies kaas doen die keer. Het een van julle dalk n' plan om dit maklkker en gouer te doen as om te sit en blokkie vir blokkie met n' mes te sny?
Re: Hoe sny jy jou kaas vir kaaswors?
Posted: Fri Jun 24, 2022 10:36 am
by cassie_calvinia
ek breek sommer blokke, en mince saam met vleis
Re: Hoe sny jy jou kaas vir kaaswors?
Posted: Fri Jun 24, 2022 10:56 am
by Riaan Kriel
Chris (vdB) wrote: Fri Jun 24, 2022 10:35 am
More manne
Ek wil weer bietjie Kasegrillers maak en wil graag hoor hoe julle met die kaas maak as julle kaaswors / grillers maak. Ek rasper maar altyd en gooi dit by die vleis wat klaar gemaal is, maar ek wil dit bietjie met blokkies kaas doen die keer. Het een van julle dalk n' plan om dit maklkker en gouer te doen as om te sit en blokkie vir blokkie met n' mes te sny?
Het die 1ste keer cheddar kaas gekoop en BAIE lank gesit en blokkies sny... Kry toe die raad om Cheddar gegeurde processed cheese te gebruik. Dit is 'n sagte kaas en breek meer en frimmel as jy dit probeer sny. Ek het dit toe saam met die vleis gemaak. Die probleem is dat dit dan so fyn deur die meule raak dat jy die geur kry maar geen stukkies kaas in die word kan sien nie.
Die laaste paar kere het ek die processed cheese in stukke gesny en dan begin sny en gebreek met die hand dat dit fyn stukkies/blokkies is. Die vleis en vet en die speserye klaar gemeng en toe gemaal. Die stukkies kaas toe eers by die maalvleis bygegooi en goed deur gemeng en toe gestop. Dit werk baie beter as om dit saam te probeer maal. As ek reg onthou is dit ongeveer 2kg kaas by die pak speserye. Ek gebruik MeisterClub se Kasegriller speserye...
Re: Hoe sny jy jou kaas vir kaaswors?
Posted: Fri Jun 24, 2022 2:52 pm
by Methos
Weet nie of dit sal werk nie maar jy kan dioe try.
Mens kry verskillende tipes grinder plates - kry miskien 'n grooter een?
Soos die een.
https://www.bing.com/images/search?view ... edIndex=21
Maal dan jou kaas apart en meng dit dan in die maalvleis voor jy stop.
Re: Hoe sny jy jou kaas vir kaaswors?
Posted: Sat Jun 25, 2022 10:37 am
by Viking
Hand sny met staaldraad snyertjie in so 4-5mm blokkies.
Vat n tydjie om 2kg blok op te sny, en voeg heel laaste by jou mengsel voor jy begin stop.
Die kaas wys goed as jy die gaar wors breek of sny.
Ek maal gewoonlik spek deur my 8mm plaatjie wat ek ook by die mengsel voeg - dit wys in die wors as "show piece", dalk sal dit ook werk met die kaas!
Re: Hoe sny jy jou kaas vir kaaswors?
Posted: Sat Jun 25, 2022 12:15 pm
by Chris (vdB)
Dankie julle. Lyk my daar is maar nie n' vinnige manier om die blokkies te sny nie. Ek het n' baie growwe rasper ook, sal hom ook toets en kyk hoe dit lyk
Re: Hoe sny jy jou kaas vir kaaswors?
Posted: Sat Jun 25, 2022 10:33 pm
by Pappabeer
Chris (vdB) wrote: Sat Jun 25, 2022 12:15 pm
Dankie julle. Lyk my daar is maar nie n' vinnige manier om die blokkies te sny nie. Ek het n' baie growwe rasper ook, sal hom ook toets en kyk hoe dit lyk
Daar is. Kry jou inboorling om dit te doen. Maak net seker die blokkies pas deur die stopper nozzle en derm. As jy bv CAN24 derms stop moet die blokkies kleiner as n 1 cm2 wees.
Re: Hoe sny jy jou kaas vir kaaswors?
Posted: Tue Jun 13, 2023 3:11 pm
by oomsarel
Ek was by kaas winkel toe sien ek die growwe geraspered kaas toe se hulle dis vir kaaswors,R99/kg
Re: Hoe sny jy jou kaas vir kaaswors?
Posted: Tue Jun 13, 2023 4:27 pm
by Viking
Gerasperde kaas raak "weg" in jou kaas griller.
Daar is twee "show pieces" wat jy in n kassegriller soek - dis kaas en vet. Laasgenoemde is die ligte grys sirkel wat jy sien as jy die wors deursny.
Die blokkie kaas smelt wanneer dit hitte kry.
Ek maal spek met 8mm siffie en voeg dit met die kaas blokkies (soos hierbo beskryf) laaste in die fyner worsmengsel voor ek begin stop.
Re: Hoe sny jy jou kaas vir kaaswors?
Posted: Tue Jun 13, 2023 4:59 pm
by Chris (vdB)
Ek koop daai 850g blokke Parmalat kaas by Checkers as dit op special is dan gooi ek dit in die vrieskas tot ek wil kaaswors maak. Wanneer ek dan die vleis en vet uithaal om te ontdooi haal ek ook die kaas uit. Wanneer daai gevriesde kaas ontdooi het is hulle bros as ek dit so kan noem dan krummel ek dit sommer so met my hande. Lekker stukkies dan in die wors soos wanneer jy blokkies sou sny. Dit word natuurlik bygegooi na die vleis en vet klaar gemaal was.
Re: Hoe sny jy jou kaas vir kaaswors?
Posted: Thu Jun 15, 2023 11:58 am
by Jean Marais
Chris (vdB) wrote: Fri Jun 24, 2022 10:35 am
More manne
Ek wil weer bietjie Kasegrillers maak en wil graag hoor hoe julle met die kaas maak as julle kaaswors / grillers maak. Ek rasper maar altyd en gooi dit by die vleis wat klaar gemaal is, maar ek wil dit bietjie met blokkies kaas doen die keer. Het een van julle dalk n' plan om dit maklkker en gouer te doen as om te sit en blokkie vir blokkie met n' mes te sny?
Ek sit 'n blokkie kaas deur 'n slapchips press en sny die lang stukkies dan net in blokkies. Werk oormooi!
Re: Hoe sny jy jou kaas vir kaaswors?
Posted: Thu Jun 15, 2023 4:43 pm
by Chris (vdB)
Jean Marais wrote: Thu Jun 15, 2023 11:58 am
Chris (vdB) wrote: Fri Jun 24, 2022 10:35 am
More manne
Ek wil weer bietjie Kasegrillers maak en wil graag hoor hoe julle met die kaas maak as julle kaaswors / grillers maak. Ek rasper maar altyd en gooi dit by die vleis wat klaar gemaal is, maar ek wil dit bietjie met blokkies kaas doen die keer. Het een van julle dalk n' plan om dit maklkker en gouer te doen as om te sit en blokkie vir blokkie met n' mes te sny?
Ek sit 'n blokkie kaas deur 'n slapchips press en sny die lang stukkies dan net in blokkies. Werk oormooi!
Jean watse dikte derm gebruik jy vir jou kaaswors? Ek gebruik Can 24 of 26 vir kaaswors. Dink dit kan dalk n' gelol afgee met die stop, as daai blokkies te groot is met so sagte derm.
Re: Hoe sny jy jou kaas vir kaaswors?
Posted: Wed Jun 28, 2023 3:23 pm
by Jean Marais
Hallo Chris
Jammer ek sien nou eers jou pm. Ek gebruik dieselde derm as jy, 24 of 26. Ek sny my vleise in redelike blokkies vleis, sĂȘ so 3 tot 4cm x 3 tot 4cm, en meng dan klaar al my speserye in, saam met die blokkies kaas. Ek laat dit dan minstens 4-6 ure rus, en dan maal ek die hele spul saam, en hierdie maalvleis word dan derm toe gestuur. Die kaas is dan redelik eweredig versprei en die wors is heerlik.
Re: Hoe sny jy jou kaas vir kaaswors?
Posted: Wed Jun 28, 2023 8:13 pm
by Fano
Ek maak nes Riaan met die geprossesseerde kaas. Ons verkies dit bo gewone kaas want dit het 'n hoer smeltpunt so kook nie uit die wors nie.