Page 1 of 1

Wie sit tiemie of roosmaryn in hulle braaiwors?

Posted: Sat Jul 16, 2022 3:06 pm
by Chris (vdB)
Middag almal

Ek wil graag hoor wie van julle hou daarvan om tiemie of roosmaryn in julle wors te sit. En ook hoeveel sit jy dan in se nou maar n' batch van 30 kg.

Ek praat gister met n' kollega by die werk wat sy hy sit van dit sommer by Ouma spice as hy wors maak. Al baie gehoor die manne praat van tiemie wors, maar ek het hom nog nie met dit in gemaak nie. Ek hoor graag van julle

Groete
Chris

Re: Wie sit tiemie of roosmaryn in hulle braaiwors?

Posted: Sat Jul 16, 2022 6:43 pm
by Ds J
Ons sit dit soms by ons wildsbiltong.

Regtig lekker, maar nie almal se smaak nie.

Die resep sĂȘ 3/4 koppie tiemie op tien kilogram nat biltong. Osn het hom aangepas na 1/2 koppie op tien kilogram nat biltong.

Hoop dit help.

Re: Wie sit tiemie of roosmaryn in hulle braaiwors?

Posted: Sat Jul 16, 2022 11:36 pm
by Supacow
Tiemie in wors is bobaas. Hannevol per mix.

Re: Wie sit tiemie of roosmaryn in hulle braaiwors?

Posted: Sun Jul 17, 2022 10:49 am
by ruaanb
Ek sou n 500gr batch of so meng en kort stukkie stop, braai en toets. Rinse & repeat tot jy happy is en pas aan vir groot batch.

Re: Wie sit tiemie of roosmaryn in hulle braaiwors?

Posted: Sun Jul 17, 2022 10:52 am
by Wielie Waps
Ons sit ook tiemie in.
Omtrent 'n teelepel per 6kg vleis.
Het nog' n ou resep van die dae voor nuwe mengsels.
Sal dit soek en hier opsit

Re: Wie sit tiemie of roosmaryn in hulle braaiwors?

Posted: Sun Jul 17, 2022 12:04 pm
by Chris (vdB)
Wielie Waps wrote: Sun Jul 17, 2022 10:52 am Ons sit ook tiemie in.
Omtrent 'n teelepel per 6kg vleis.
Het nog' n ou resep van die dae voor nuwe mengsels.
Sal dit soek en hier opsit

Baie dankie