Page 1 of 1
2 Band Enfield - Skiet iemand nog voorlaaiers?
Posted: Fri Jul 29, 2022 8:06 am
by LoopSoosStroop
Ek het nou weer te veel YouTube videos gekyk en is besig om 'n juk te ontwikkel. Dit lyk nogals na pret.
Skiet iemand met so 'n geweer of 'n replika? Waar kry mens so 'n ding en wat betaal mens?
Re: 2 Band Enfield - Skiet iemand nog voorlaaiers?
Posted: Fri Jul 29, 2022 10:12 am
by Silwer
So 10 jaar terug was voorlaaiers redelik maklik bekombaar. Ek en 'n vriend het gereeld daarmee geskiet. Ons het sannadex gebruik, wat 'n bietjie meer moderne swartkruit plaasvervanger is. Dit was maklik om te kry en goedkoper as ander swartkruit op die mark. Ongelukkig was daar 'n ontploffing by die vervaardiger en hulle moes toemaak. Na dit het die kruit hier in die Vrystaat opgedroog en het ons opgehou skiet. 'n Nuwe kruit is nou op die mark, Obatex. Ek weet net nie hoe maklik dit is om dit en slagdoppies in die hande te kry nie. Ek het lanklaas daaroor navraag gedoen by die winkels. Op gunafrica word heelwat voorlaaiers adverteer vir tussen R3500 en R8000. Om een te koop het jy net 'n voorlaaier bevoegdheid nodig. Jy gaan ook 'n swartkruit permit moet hê om kruit te koop, dit word as 'n plofstof beskou.
Sent from my SM-A325F using Tapatalk
Re: 2 Band Enfield - Skiet iemand nog voorlaaiers?
Posted: Fri Jul 29, 2022 10:24 am
by Silwer
Kyk bietjie na die kanaal op youtube. Die man jag hoofsaaklik met voorlaaiers en maak baie van sy toerusting ens. self.
https://youtube.com/c/capandball
Sent from my SM-A325F using Tapatalk
Re: 2 Band Enfield - Skiet iemand nog voorlaaiers?
Posted: Fri Jul 29, 2022 7:10 pm
by JF123
Wel, ek weet dat as jy iets wil raak skiet gebruik jy nie 'n 2-band Enfield nie...
Re: 2 Band Enfield - Skiet iemand nog voorlaaiers?
Posted: Fri Jul 29, 2022 7:27 pm
by LoopSoosStroop
JF123 wrote: Fri Jul 29, 2022 7:10 pm
Wel, ek weet dat as jy iets wil raak skiet gebruik jy nie 'n 2-band Enfield nie...
Regtig? Dis interessant. Wat stel jy voor as alternatief?
Re: 2 Band Enfield - Skiet iemand nog voorlaaiers?
Posted: Fri Jul 29, 2022 10:29 pm
by Ds J
Praat met Gert Odendaal. Hy koördineer die jaarlikse swartkruitjag saam met Dok Willie Barnard en MC Heunis. Hulle is redelik gesout en sal graag help.