Page 1 of 1
Tyres
Posted: Fri Jul 29, 2022 8:54 am
by Trompie
Net gedink ek deel die fotos.
Ekt voorheen altyd BF's op my bakkies gehad. Awesome tyre en nog nooit een gepuncture nie. Bietjie glad op nat teerpad maar awesome tyre in my opinie. Hulle het my so 140 000 km - 145 000 km gegee per stel.
Toe ek nuwe bakkie koop in 2019 toe sit ek Cooper Discoverer ST's op.
Baie mooi Tyre en nie so glad op nat pad nie. Maar het 1ste puncture in 2 weke gehad. En laas jaar weer een. Ek moet sĂȘ dat in altwee gevalle was dit 2 groot stukke yster gewees.
Ek ry meestal in die dorp maar vang baie vis so hulle ry gereeld grondpad ook.
So pas 155 000 km op die Coopers gekry en hulle het nog hele paar km's oor in hulle.
Ek hou van altwee tyres. Vir wat ek doen met die bakkie is enige een meer as voldoende. Dink as ek meer offroad gaan sal dit BF wees. Meer dorp sal dit Cooper wees.
20220729_084849_HDR.jpg
20220727_140320.jpg
20220727_140310.jpg
Sent from my LM-G850 using Tapatalk
Re: Tyres
Posted: Fri Jul 29, 2022 10:42 am
by JohanvB
Op watter bakkie is dit en wat is jou koue banddruk?
Re: Tyres
Posted: Fri Jul 29, 2022 1:48 pm
by henried
Ek het ook Cooper's op my Fortuner en kan ook nie kla nie.
Re: Tyres
Posted: Fri Jul 29, 2022 1:59 pm
by Trompie
JohanvB wrote:Op watter bakkie is dit en wat is jou koue banddruk?
Op Toyota double cab GD6. 4x2.
Wiele is 2.2 bar normaalweg. Nog nie gemeet voor ek ry nie.
Sent from my LM-G850 using Tapatalk
Re: Tyres
Posted: Fri Jul 29, 2022 2:58 pm
by Malan123
Ek het nounet verander van BFs na Coopers. My BFs het my 85 000 km gegee toe is hulle verby...
Re: Tyres
Posted: Fri Jul 29, 2022 3:56 pm
by cassie_calvinia
Calvinia se lei klip wereld, hou niemand eers coopers aan nie, gee net probleme in klip.
bfg bly baas in klip, dan gripmax doen baie goed.
local brands gee so 30k km, 3de en baie goed is grabbers, dan gripmax, en bfg gee so 60k na 70k km.
Re: Tyres
Posted: Sat Jul 30, 2022 8:44 am
by Trompie
cassie_calvinia wrote:Calvinia se lei klip wereld, hou niemand eers coopers aan nie, gee net probleme in klip.
bfg bly baas in klip, dan gripmax doen baie goed.
local brands gee so 30k km, 3de en baie goed is grabbers, dan gripmax, en bfg gee so 60k na 70k km.
Ja BF is baie goed. Die KO2 was baie beter op nat teerpad pad as die eerste BF's wat ek gehad het.
Sent from my LM-G850 using Tapatalk
Re: Tyres
Posted: Mon Aug 01, 2022 1:46 pm
by Dumbluck
Al die Aussie YouTubers het my oorreed die Maxxis Razr 's te probeer.
Nog min dae so ek kan nog nie praat oor hoeveel km ek uit hulle sal kry nie ma ek is al oor alle terrein en hulle en is baie happy sover.
Ek sal geld daarop sit dat dit die sagste Mud Terrain is wat jy kan koop wat padgeraas betref.
Ek sal defnitief die AT op my vrou se bakkie sit as sy weer bande nodig het.
Ek het baie tyd vir BFG AT, ek het op my Ranger se laaste stel van 5 elke 8000km gebalanseer en roteer en na 100000km nog so 5/6 mm loopvlak opgehad, het daai 5 bande verkoop vir R4000
Sent from my SM-G991B using Tapatalk
Re: Tyres
Posted: Mon Sep 30, 2024 8:53 am
by tau
Manne my URI het 14" voor bande, maar hulle hou nie. Die china bande se sidewalls is te swak.
Kry mens nog enige 14" bande wat gehard is vir veld gebruik?
My kinders en my Suster sin leer ry so hulle trap maar uit die spoor uit en beskadig bande.
Re: Tyres
Posted: Mon Sep 30, 2024 9:49 am
by Supacow
CV2000 of is dit nou 2020?
Re: Tyres
Posted: Mon Sep 30, 2024 11:54 am
by Chevvy SS
Manne my URI het 14" voor bande, maar hulle hou nie. Die china bande se sidewalls is te swak.
Kry mens nog enige 14" bande wat gehard is vir veld gebruik?
Cassie kom in?
Re: Tyres
Posted: Mon Sep 30, 2024 12:07 pm
by tau
Supacow wrote: Mon Sep 30, 2024 9:49 am
CV2000 of is dit nou 2020?
As ek kan kry. Is al wat ek al die jare gery het en die een spaar het nog een op.