Page 1 of 1

.300 Win Mag laai met S361

Posted: Wed Feb 01, 2012 9:27 pm
by Danie Lombard .243
Is daar iemand wat al S361 gebruik het in 'n .300 Win Mag?

Ek is seker dit moet kan werk siende die dat S365 asook S385 werk in die .300 Win Mag.  Die brand snelheid van S361 is mos tussen die van S365 en S385??

Die rede hoekom ek vra, bal kruit laai net soveel makliker en vinniger as stokkies kruit.

Danie

Re: .300 Win Mag laai met S361

Posted: Thu Feb 02, 2012 9:25 am
by Danie Lombard .243
Dankie Ludwig
Ek waardeer jou plasing.

Ek sal baie graag wil weet watter gewig S321 kruit in daardie PMP 220gr patroon gelaai is waarvan jy praat Ludwig.  Ek self gebruik 220gr punte in my .300 Win Mag.  My .300 het 'n amper 28 duim loop.  Ek reken die S361 behoort sommer mooi te werk.  Sal graag 'n start load wil he vir die S361 as dit kan. Dit moet kan werk, S385 brand stadiger as S361.

Danie

Re: .300 Win Mag laai met S361

Posted: Thu Feb 02, 2012 9:42 am
by Danie Lombard .243
OOOOO kraaitjie Ludwig, Jy is verseker reg,  ek het verkeerd getik,  dit moet gewees het S361  en nie S321,  jul sal my stukke optel in 'n ander distrik as dit S321 is LOL!

Ek het nou net met Somchem se mense gepraat.  Hul se my dat in die nuutste Somchem boek ladings is vir die .300 Win Mag met die gebruik van S361. 

Sal vir my 'n nuwe boek moet aanskaf.

Re: .300 Win Mag laai met S361

Posted: Thu Feb 02, 2012 10:20 am
by Wouter Roets
Daan

Daai looplengte van jou gaan verseker help om S361 tot sy reg te kom. Dit kan nog heel maklik uitdraai dat S361 stadiger in hierdie spesifiek aplikasie is as S385. Daan wat is jou plan om bakstene uit die 300 te skiet?

Groetnis
Wout

Re: .300 Win Mag laai met S361

Posted: Thu Feb 02, 2012 6:50 pm
by Danie Lombard .243
LMGA!  Wouter  YIP  bakstene klink vir my na 'n blink plan, hoe swaader hoe lekkerder.

Sal binnekort begin rond speel met die S361 in die .300 Win Mag.  O JA!  en Fed 215 primers.

Groete

Re: .300 Win Mag laai met S361

Posted: Thu Feb 02, 2012 7:59 pm
by Wouter Roets
Daan

Ek sal CCI250 aanbeveel. Die Federals is te warm en gaan veroorsaak dat jou dopfulling nog laer is. Dit is al klaar n probleem met S361 so moet dit nie vererger nie.

Groetnis
Wout

Re: .300 Win Mag laai met S361

Posted: Thu Feb 02, 2012 9:20 pm
by Danie Lombard .243
Ek verstaan wat jy se Wouter, maak sin.  Dankie vir die raad.

Re: .300 Win Mag laai met S361

Posted: Fri Feb 03, 2012 11:02 am
by Verkenner
More manne
Hier is n link na die Somchem boekie en hulle gee ladings vir S361
http://www.lambdacode.com/reloading/doc ... .htm#TOC16

Groete

Verkenner

Re: .300 Win Mag laai met S361

Posted: Thu Oct 11, 2012 12:56 pm
by VdWalt
Hi Danie

Het jy toe ooit die S361 in jou 300 probeer?


Groete
VdWalt

Re: .300 Win Mag laai met S361

Posted: Sat Oct 13, 2012 3:10 pm
by Hein M.
8)

As ons so lank laas van hom gehoor het, kan ons seker aanvaar dit het nie gewerk nie :angel:

Ons moenie spot nie...  S361 is 'n onderskatte kruit.  Ek is ook nuuskierig!

Hein M

Re: .300 Win Mag laai met S361

Posted: Sat Oct 20, 2012 11:56 am
by VdWalt
Ek het gou gou n blik gaan koop. Sal n paar patrone rol en dam more oor die chrony gaan
skiet en kyk wat gebeur.  Ek gaan sommer die 180BT ook probeer.

Ek sal julle op hoogte hou. (As dit hier werk kan ek dalk sommer ook in die 6.5 probeer)

Re: .300 Win Mag laai met S361

Posted: Sun Oct 21, 2012 10:49 am
by VdWalt
So far - not so good...mmmm!!  Die spoed is baie konstant en bietjie minder as wat Somchem se
boekie voorspel.

Wat vreemd is dat 180gr ProAmm vinniger as 180gr BT agter die selfde hoeveelheid
kruit is. Die spoed is egter lekker konstant, maar dalk nog te laag. Die hoogste wat ek met die BT
gekry het was 2844fps (ook slegste groepeering - mens kon dit omtrent nie groepeering noem nie.)

Die beste was met die PA 2923fps. Op die stadium is die sprong met die BT 4mm - kort magesyn kas. Ek sal
hulle langer maak en kyk wat gebeur as ek hullle enkel skoot skiet. Dan kan ek OAL van 86mm op stoot na 88mm
en dan is daan nog steeds 2mm sprong.

Werk bal kruit beter met magnum of LR primers ?



180 gr Pro Amm 71 85.0 Federal Match LR Federal 2933 2 duim
180gr BT 70 86.0 Federal Match LR Federal 2745 woes
180gr BT 71 86.0 Federal Match LR Federal 2780 lyk belowend 1 duim plus een weg
180gr BT 73 86.0 Federal Match LR Federal 2844 woesser

Re: .300 Win Mag laai met S361

Posted: Sun Oct 21, 2012 11:08 am
by tripodmvr
Balkruit se groter oppervlakte maak dat Magnum primers aanbeveel word om meer egalige ontbranding te verseker.

Uit 'n praktiese oogpunt sal ek by die magasynkas se beperking bly en dan later die TPL aanpas. Jy sal ongelukkig weer moet 'n sarsie met magnum primers skiet en sal 69gr met die BT's voorstel. Gee dan die res van jou data vir die geweer sodat QL die saak kan beredder.

Re: .300 Win Mag laai met S361

Posted: Sun Aug 04, 2013 6:28 pm
by Danie Lombard .243
Ek het steeds nog genoeg S365 vir my .300 Win Mag. Ek gebruik die geweer slegs vir jag en skiet dus min met die geweer. Sodra die S365 koeels klaar is sal ek die S361 probeer. Ek reken dit gaan werk die S361 as ek na die brand snelheid van die kruit beloer.

Re: .300 Win Mag laai met S361

Posted: Sun Aug 04, 2013 7:04 pm
by Chevvy SS
Hoekom nie 385 nie?

Re: .300 Win Mag laai met S361

Posted: Fri Aug 30, 2013 9:27 am
by Arnold
Het iemand toe nog toetse met S361 in die 300WM gedoen?

Re: .300 Win Mag laai met S361

Posted: Fri Aug 30, 2013 9:34 am
by VdWalt
Ek het op gegee en my S361 vir Piet gegee.

Re: .300 Win Mag laai met S361

Posted: Fri Aug 30, 2013 9:45 am
by VdWalt
24 Duim

Re: .300 Win Mag laai met S361

Posted: Fri Aug 30, 2013 10:47 am
by Arnold
S361 is darem goedkoper so ek wil dalk 'n blik kry en speel. Sommer terwyl ek die loop inbreek?
Eintlik sal S365 beter pas met 'n 150gr en dit is ook wat ek huidiglik in my 260 skiet.

Re: .300 Win Mag laai met S361

Posted: Fri Aug 30, 2013 10:59 am
by Arnold
Ek het eintlik baie goeie resultate met S321 in my 9.3x62 gekry met 'n gewone slagdop as ek compressed ladings gebruik het. Ek weet nie of dit die compressed lading of die hoër lading was nie.

Ek wil juis wegbly van 'n magnum primer omdat dopvulling op die 300 so swak is. Dit is een van die redes hoekom ek eerder 150gr wil skiet, maar met S365, teenoor die swaarder koeels.