Page 1 of 1
SATERDAG WAT N DAG
Posted: Thu Feb 02, 2012 8:47 am
by BLOUVALKIE
HALLO ALMAL
ek en my pa het gaan jakkalse skiet op n plaas anderkant humansdorp saterdag
dis n wildplaas en die oom het ons gevra om te kon jakkalse skiet
saterdag middag toe se die oom ek kan n duiker skiet. die oom se wildplaas het vrystelling en permitte en is omhein so ek kon toe maar een skiet
ek het hom op 107 tree deur die nek geskiet met my 308
so lyk hy
http://i1223.photobucket.com/albums/dd511/pitsmit/wow/IMG-20120128-00016.jpg
ons het later die aand twee jakkalse geroep en geskiet maar kon hulle nie in die bossies kry nie
die oom se seun het ons gister laat weet hy het een gekry maar nog nie die ander een nie
dit was vrek lekker gewees entoe die jakkalse val ook die 308 is baie stil met die terminater op en dan hoor mens dup as hy die jakkals tref
groete
BLOUVALKIE
Re: SATERDAG WAT N DAG
Posted: Thu Feb 02, 2012 8:50 am
by Geno
Valkman jou ou doring!
Hoop jy't lekker gister verjaar ou matertjie.
Groete,
Eugene
Re: SATERDAG WAT N DAG
Posted: Thu Feb 02, 2012 8:54 am
by Vosman
Ai dis lekker Valkie!
Geluk en mooi geskiet kerel!
Re: SATERDAG WAT N DAG
Posted: Thu Feb 02, 2012 8:58 am
by Lourens
Baie geluk ou valkie, lyk my jy skiet 'n barshou met daai 308 van jou!!
Groete,
Lourens
Re: SATERDAG WAT N DAG
Posted: Thu Feb 02, 2012 9:19 am
by SV MAD (Henk)
Baie mooi Valkie!
Re: SATERDAG WAT N DAG
Posted: Thu Feb 02, 2012 5:18 pm
by BLOUVALKIE
hallo al die ooms
baie dankie die jag was baie lekker
my ma gaan vir ons pasteitjies maak
groete
BLOUVALKIE
Re: SATERDAG WAT N DAG
Posted: Thu Feb 02, 2012 5:35 pm
by Gerhard
Baie geluk jong man!!!
Re: SATERDAG WAT N DAG
Posted: Thu Feb 02, 2012 9:10 pm
by cassie_calvinia
manne, ons sal moet ligloop vir die man met sy .308!
mooi mater, hou so aan!
Re: SATERDAG WAT N DAG
Posted: Thu Feb 02, 2012 9:24 pm
by tafjak
Valkie
Mooigeskiet, jy moet tog so een jakkalsie vir my ook los as ek gaan kuier. Rook hulle!
As jou pa my radio reg het, kan ek en jy so bietjie gesels oor 'n blesbok vir die winter, op die huis natuurlik.
Mooiloop
Re: SATERDAG WAT N DAG
Posted: Thu Feb 02, 2012 9:29 pm
by Francois Marais
Valkie
Sommer groot gegooi daar jongman, jy moet maar passop as jy saam met oom Taffie gaan jag, hy is vol streke en bak n man kort-kort n poets as jy nie wakker is nie.....
Mooi loop
Francois
Re: SATERDAG WAT N DAG
Posted: Thu Feb 02, 2012 10:02 pm
by theedge
Valkie
Netjies gedoen Lyk my pa is nou klaar geskiet. HAHAHAHAH Hy laat jou die werk doen.
Re: SATERDAG WAT N DAG
Posted: Fri Feb 03, 2012 8:41 am
by Geno
tafjak wrote:
kan ek en jy so bietjie gesels oor 'n blesbok vir die winter, op die huis natuurlik.
Appels! Mooi gebaar Oom Taffie!
Re: SATERDAG WAT N DAG
Posted: Fri Feb 03, 2012 10:10 am
by PITSMIT
baie dankie tafie jaco het my nr
bel asb enige tyd ek help graag
Re: SATERDAG WAT N DAG
Posted: Fri Feb 03, 2012 1:05 pm
by Marc
Dags? Valkie,
Kol skoot !

Jou pa se jag dae raak min, of sy beursie gaan moet dikker word
Rein gedagte van die Ooms om die mannetjie onder die vlrek te neem en geleenthede te gun +10
Mooi loop
Marc
Re: SATERDAG WAT N DAG
Posted: Fri Feb 03, 2012 5:46 pm
by BLOUVALKIE
hallo al die ooms
baie dankie vir al die boodskappe
joh oom taffie baie dankie ons sal oom enige tyd help oom moet net se wanneer en wat is fout
en ek sal my pa se nommer pm vir oom
ons moet nog na oom jaco toe gaan binnekort
groete almal
BLOUVALKIE