Page 1 of 31

Spoor Bullet Company.

Posted: Mon Aug 15, 2022 11:12 am
by Rudi Fischer
Dagse Julle.


Soos van julle weet het ek n koeel besigheid begin.
Ek maak net van 9.3 en op so dis maar meer vir die big bore manne.

My ontwerp is n solid shank met driving bands om drukking af te hou met n bonded lood neus.

Vir enige informasie kan julle my mail op
safaribulletcompany@gmail.com of volg my op instagram Safari Bullet Company


Image
Image
Image
Image
Image
Image

Re: Safari Bullet Company.

Posted: Mon Aug 15, 2022 12:21 pm
by LoopSoosStroop
Lyk baie netjies!

Re: Safari Bullet Company.

Posted: Mon Aug 15, 2022 12:24 pm
by DWB
Hierdie koeels laai baie maklik, los min vleis skade en skiet dood!

Re: Safari Bullet Company.

Posted: Mon Aug 15, 2022 12:48 pm
by Nico de Jager
Lyk baie netjies! Baie geluk.

Re: Safari Bullet Company.

Posted: Mon Aug 15, 2022 1:15 pm
by Frederik
Besig om nou die 458 lott ladings te toets en die koele laai maklik en die 375 was baie akuraat en jag lekker.
Sover met die 375 geskiet 2 x rooibokke, 1 x bwb en een duiker.
Bloed lyk goed na skoot op al die diere maklik om te volg maar die vleis skade is baie anvaarbaar.

Re: Safari Bullet Company.

Posted: Mon Aug 15, 2022 1:50 pm
by Rudi Fischer
So paar groepe wat kliente al geskiet het sonder veel moeite.

375 H&H 300gr
Image

450/400 400gr
Image

.416 Rem Mag 400gr
Image

Re: Safari Bullet Company.

Posted: Tue Aug 16, 2022 3:04 am
by 243Songdaug
Bitter netjies man. Sterkte

Re: Safari Bullet Company.

Posted: Wed Aug 17, 2022 4:10 pm
by Rudi Fischer
So bietjie “bullet performance”

9.3x62 285gr
Image

.375 H&H 300gr
Image

416 Rem Mag 400gr
Image

458 Express 500gr
Image

Re: Safari Bullet Company.

Posted: Wed Aug 17, 2022 5:41 pm
by Frederik
Rudi, kan jy dalk jou post edit by bullet performance en die spoed bysit van die koele en impak afstand asb.

Re: Safari Bullet Company.

Posted: Wed Aug 17, 2022 6:02 pm
by Rudi Fischer
Image

9.3x62 285gr 2350fps
L-R 100m , 75m , 50m , 25m
Uit nat koerant papier (wetpack)

Re: Safari Bullet Company.

Posted: Wed Aug 17, 2022 6:06 pm
by Rudi Fischer
Image

416 Rem Mag 400gr
2380fps
L-R 25m, 50m, 75m. Wetpacks

Re: Safari Bullet Company.

Posted: Wed Aug 17, 2022 6:08 pm
by Rudi Fischer
Image


458 Express 500gr
2250 fps
L-R 25m , 50m. Wetpacks

Re: Safari Bullet Company.

Posted: Wed Aug 17, 2022 6:12 pm
by Rudi Fischer
Image
375 H&H 300gr
2400 fps
L-R 25m, 50m, 75m, 100m wetpacks

Re: Safari Bullet Company.

Posted: Thu Aug 18, 2022 6:14 am
by Frederik
Dankie Rudi, hoop om eendag nie ver van nou af koeel te herwin uit 'n dier uit.

Re: Safari Bullet Company.

Posted: Thu Aug 18, 2022 8:30 am
by Koos Barnard
Dag Rudi
Ek het jou probeer kontak op die epos-adres wat jy verskaf het maar kry geen terugvoer nie. Het jy my epos ontvang?
Mooi loop

Re: Safari Bullet Company.

Posted: Thu Aug 18, 2022 8:36 am
by Rudi Fischer
Koos Barnard wrote:Dag Rudi
Ek het jou probeer kontak op die epos-adres wat jy verskaf het maar kry geen terugvoer nie. Het jy my epos ontvang?
Mooi loop
Goeie more Koos.

Perongeluk deur getrek na junk toe. Het hom nou gekry.

Re: Safari Bullet Company.

Posted: Sat Aug 20, 2022 9:18 am
by Rudi Fischer
Het gisteraand so bietjie groot koeele gemaak.

535gr vir die 500 Jeffery en 570gr vir die 500 Nitro Express.

In die middel is n 400gr 404 Jeffery vir skaal.

Image
Image

Re: Safari Bullet Company.

Posted: Tue Aug 30, 2022 4:54 pm
by Rudi Fischer
375 H&H 300gr
Buffel op 80m geskiet.

Het nog nie n gewig op die herwinde koeel nie.

Image

Image

Image

Re: Safari Bullet Company.

Posted: Tue Aug 30, 2022 5:23 pm
by Frederik
Baie mooi Rudi perfek gedoen.

Re: Safari Bullet Company.

Posted: Wed Aug 31, 2022 8:33 am
by Kolhasie
Ek wonder nou maar net. Word daar gekyk om in die toekoms dalk 30kal te verskaf?

Re: Safari Bullet Company.

Posted: Wed Aug 31, 2022 8:35 am
by Capt. Yoda
Wonder ek ook

Re: Safari Bullet Company.

Posted: Wed Aug 31, 2022 8:47 am
by Wouter Roets
More Rudie

Nogmaals geluk met n produk wat absoluut lyk of dit n wenner gaan wees. Deel bietjie asb jou planne met ons oor watse kalibers jy nog ingedagte het en in watse gewigte julle beplan om hulle in uit te bring? Met die groot tekort aan veral oordentlike jagkoeels glo ek julle kan net van krag tot krag gaan.

Groetnis
Wouter

Re: Safari Bullet Company.

Posted: Wed Aug 31, 2022 8:48 am
by Arnold
Kolhasie wrote: Wed Aug 31, 2022 8:33 am Ek wonder nou maar net. Word daar gekyk om in die toekoms dalk 30kal te verskaf?
Hierdie sal dan seker in die orde van 'n 200-220gr wees vir bosveld jag?
220gr @ 2500 fps sal baie manne laat dink hulle skiet 'n groter kaliber as wat hulle het ;D

Re: Safari Bullet Company.

Posted: Wed Aug 31, 2022 9:15 am
by Capt. Yoda
Wouter Roets wrote: Wed Aug 31, 2022 8:47 am More Rudie

Nogmaals geluk met n produk wat absoluut lyk of dit n wenner gaan wees. Deel bietjie asb jou planne met ons oor watse kalibers jy nog ingedagte het en in watse gewigte julle beplan om hulle in uit te bring? Met die groot tekort aan veral oordentlike jagkoeels glo ek julle kan net van krag tot krag gaan.

Groetnis
Wouter
Om aan te sluit by Wout, ek sal regtig baie graag jou proeses wil sien hoe jy die koels maak maar ek verstaan as daar dalk iets is wat jy na aan die hard wil hou.

So 200gr 30 koel vir bosveld jag sal baie lekker werk, die ouens wat 308 skiet sal maar net meer kruit moet gooi

Re: Safari Bullet Company.

Posted: Wed Aug 31, 2022 10:01 am
by Rudi Fischer
Goeie more mense .
Baie dankie vir al die motivering julle.

Net so bietjie vas met vergaderings maar sal vanaand n uitleg gee van wat my plan voorentoe is met die besigheid en waarna julle kan uit sien vir die toekoms.