Page 1 of 1
Uie inle?
Posted: Thu Feb 02, 2012 12:18 pm
by James Wilson
ek eet in die week by n man braaivleis en sy vrou haal n canfruit bottel uit met tuis ingelegde uie. hy sit dit netso vir ons voor, maar ek eet amper meer uie as vleis. hulle het nie die resep nie, maar kan dit so moeilik wees?
Re: Uie inle?
Posted: Thu Feb 02, 2012 12:41 pm
by grumpy
James, as dit soet suur is dan kan ek my vroe vra vir die resep. Laat weet dan sal ek haar var om vir my te gee.
Re: Uie inle?
Posted: Thu Feb 02, 2012 12:50 pm
by GERT vd M
SLURP.... ek wag ook!!!!
GROETNIS
GERT
Re: Uie inle?
Posted: Thu Feb 02, 2012 2:40 pm
by James Wilson
grumpy wrote:
James, as dit soet suur is dan kan ek my vroe vra vir die resep. Laat weet dan sal ek haar var om vir my te gee.
dis hy daai!!
maar daar was nie kleursel by soos die rooi en groen uitjies wat n mens koop nie, en ek wil se dit was nie so oorweldegind suur nie, n mens kon goed die uie se natuurlike smaak kry
Re: Uie inle?
Posted: Thu Feb 02, 2012 2:55 pm
by Dawie D
James
Na daai pot uie gooi jy seker soos n 105?

Re: Uie inle?
Posted: Thu Feb 02, 2012 3:19 pm
by Vlakvark
Re: Uie inle?
Posted: Fri Feb 03, 2012 7:45 am
by Frikkiedbr
Hello James,
Die resep is vir klein uitjies maar dink jy kan die ook doen vir die groot uie.
Suur uitjies
Gebruik klein wit uitjies hiervoor.
Laat die uitjies in 'n soutwater mengsel van 375 m? sout by 2 liter water l? vir 24 uur.
Neem ? van die soutwater en bring tot kookpunt.
Dompel die uitjies daarin. Laat kook vir 3 minute.
Pak die uitjies in gesteriliseerde flesse met 4 peperkorrels in elke fles.
Verhit 2 liter asyn en roer 125 m? suiker by tot opgelos. Laat dit kook.
Gooi die asyn oor die uitjies tot die flesse vol is. Verse?l terwyl die uitjies nog warm is.
Re: Uie inle?
Posted: Fri Feb 03, 2012 8:05 am
by James Wilson
Frikkie, ek wil net bevestig is 375mg sout saam met die 2l water?
en dan, hoeveel tyd moet verloop met die uie in die bottel; voordat ek dit kan eet?
Re: Uie inle?
Posted: Fri Feb 03, 2012 8:44 am
by tripodmvr
Uie moet blykbaar paar maande staan om regte smaak te kry.
Het "pickled onions " gegoogle en daar is baie Engelse resepe wat baie lekker klink. Veral die speserye wat gebruik word.
Het al op 'n vo?ljag ingelegde knoffel olywe ge?et en dit is 'n wenner. Die Lebanese verstaan van die' roep.
Re: Uie inle?
Posted: Fri Feb 03, 2012 8:53 am
by Frikkiedbr
Hello Manne sien daar is 'n fout op daai resep wat ek geplaas het.
Ek vind net gou uit en sal laat weet.
Ek het 'n ander resep ook gou gekry.
Dit is moeilik om vir julle te s? hoeveel uitjies vir die mengsel want die groottes verskil en die fles groottes ook, so maak maar aan soos jy goed dink of tot jou flesse vol is!
Klein uitjies
En dan een bottel (750ml) swart asyn vir elke 1KG bruin suiker
Skil uie en plaas in fles net so rou. Prop die fles maar redelik vol en strooi paar peper korrels in elke fles. (Jy kan ook 'n rissie hier en daar insit as jy wil)
Kook asyn en bruin suiker saam (probeer maar om nie oor die pot asem te haal nie - dit slaan jou asem weg!!!)
Sodra mengsel kook, gooi dit in die flesse tot vol en laat 'n rukkie afkoel voordat jy die deksel styf opdraai.
Oor 2 weke is dit gereed om te eet, hoe langer dit staan hoe beter natuurlik.
Lekker huil met die uie skil!!!!
Re: Uie inle?
Posted: Fri Feb 03, 2012 9:15 am
by Frikkiedbr
Hier is nog een
Ingredients
1kg/2?lb small pickling onions or shallots, peeled
30g/1oz salt
1 tsp dried chilli flakes
1l/1?pt malt vinegar
180g/6oz granulated sugar
Preparation method
Put the onions in a large bowl with the salt and mix together. Cover and leave overnight.
Rinse well in cold water and allow to dry as much as possible.
Pack the onions into sterilised jars.
Put the vinegar, chilli flakes and sugar into a pan and slowly bring to the boil to dissolve the sugar.
Pour the vinegar over the onions and seal the jars.
Store in a cool, dark cupboard for two weeks before eating.