Page 1 of 1
ROMANY CREAM POEDING
Posted: Thu Feb 02, 2012 2:11 pm
by Frikkiedbr
2 pakkies Romany Creams 500ml room + 125ml melk - meng saam
Ekstra melk om koekies in te doop
Stel oond op 180?C. Doop koekies in melk en pak in oondvaste bak. Gooi room bo-oor
en bak totdat koekies sag en sous dik is. Bedien met vla of ekstra room.
Re: ROMANY CREAM POEDING
Posted: Thu Feb 02, 2012 3:36 pm
by PITSMIT
ma se tjops
is dit n death by choclate of n death by sweetness resep dieĀ klink m@&r lekker gaan hom doen
Re: ROMANY CREAM POEDING
Posted: Sun Mar 11, 2012 7:48 am
by Marius_Jag
Hierdie is n wenner - n smaaklike poeding wat 1 minuut vat om aan mekaar te slaan en 20 minute om te bak! En met al die geure romany creams het jy nog veskillende smake v dieselfde resep. Ek gooi eers bietjie Amarula oor die koekies voor die melk en room. En glad nie te soet nie. Probeer gerus dieselfde resep maar vervang die koekies met koeksisters.
Re: ROMANY CREAM POEDING
Posted: Sun Mar 11, 2012 12:52 pm
by Jakkalsgat
Boere Tiramisu
Re: ROMANY CREAM POEDING
Posted: Sun Mar 11, 2012 4:59 pm
by grumpy
Dit sit die kilos aan!!!!! Dan moet jy nog gaan jag met al daai gewig?
Re: ROMANY CREAM POEDING
Posted: Sun Mar 11, 2012 6:56 pm
by Marius_Jag
Een dag se stap in die veld dan het jy al daai vetjies verbrand!
Hierdie is een wat jy nie kan mis nie.