Page 1 of 1

Haelgeweer opleiding

Posted: Tue Aug 23, 2022 6:01 pm
by Pvdw
Manne ek is opsoek na iemand wat basiese opleiding/hulp kan gee met haelgeweer skiet. Iemand wat kan kyk na mounting, deurvolg en sommer of ek voor, agter, hoog of laag skiet. Letterlik die basics vir 'n begin.

Ek het nou al iemand se naam gekry maar soos dit maar gaan is die man redelik besig en kan ek sien ons gaan sukkel om mekaar by 'n skietbaan raak te loop.

Enige verwysings rondom Pretoria sal welkom wees. Ek is by SA jagters maar ken niemand daar wat kan help met haelgeweer skiet nie.

Re: Haelgeweer opleiding

Posted: Tue Aug 23, 2022 6:17 pm
by Lategan1
By die kleiduif skietklubs is daar altyd manne wat inwillig. Betaling is baie keer ‘n ronde of twee se skiet.

Van die afgetredes doen dit vir ‘n ekstra. Luister by klubkaptein/ bestuurder of kroegman. Hulle weet wie ken.

Beste.

Re: Haelgeweer opleiding

Posted: Tue Aug 23, 2022 8:28 pm
by Pvdw
Lategan1 wrote: Tue Aug 23, 2022 6:17 pm By die kleiduif skietklubs is daar altyd manne wat inwillig. Betaling is baie keer ‘n ronde of twee se skiet.

Van die afgetredes doen dit vir ‘n ekstra. Luister by klubkaptein/ bestuurder of kroegman. Hulle weet wie ken.

Beste.
Dankie Lategan. Hier by ons rond sien ek meeste klubs vereis dat jy of self lid moet wees of saam 'n lid as gas kom skiet. Ek kyk uit daarvoor maar nog niks op die horison nie.

Re: Haelgeweer opleiding

Posted: Tue Aug 23, 2022 8:44 pm
by Rudi Fischer
Watse Disipline ?

Re: Haelgeweer opleiding

Posted: Wed Aug 24, 2022 5:35 am
by Jassie
Raakskiet....

Re: Haelgeweer opleiding

Posted: Thu Aug 25, 2022 8:23 am
by herman.bonsma
Môre PvdW, ek weet so ‘n klein bietjie van die basiese beginsels en help graag. (Ook maar besig maar kan plan maak). Grte, Herman Bonsma 0828084714


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Haelgeweer opleiding

Posted: Thu Aug 25, 2022 1:40 pm
by blaser
herman lieg vir jou hy is een van die bestes in die land

Re: Haelgeweer opleiding

Posted: Thu Aug 25, 2022 8:27 pm
by Pvdw
Rudi Fischer wrote: Tue Aug 23, 2022 8:44 pm Watse Disipline ?
Nee Rudi, waar ek skiet is geen disipline nie ;D ;D .

Wil net basiese tegniek aanleer om darm te lyk of ek weet wat ek doen, ;)

Re: Haelgeweer opleiding

Posted: Thu Aug 25, 2022 8:29 pm
by Pvdw
herman.bonsma wrote: Thu Aug 25, 2022 8:23 am Môre PvdW, ek weet so ‘n klein bietjie van die basiese beginsels en help graag. (Ook maar besig maar kan plan maak). Grte, Herman Bonsma 0828084714


Sent from my iPhone using Tapatalk
Dankie Herman, ek wag net vir my kaartjie dan kontak ek jou. Ek besef ons is almal besig. Indien dit werk pas ons dit in soos dit pas. Ek het darm geen haas nie.

Re: Haelgeweer opleiding

Posted: Fri Aug 26, 2022 7:27 am
by herman.bonsma
Reg so.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Haelgeweer opleiding

Posted: Fri Aug 26, 2022 8:17 am
by obasch
Dankie Lategan. Hier by ons rond sien ek meeste klubs vereis dat jy of self lid moet wees of saam 'n lid as gas kom skiet. -

Peet, dis is nie waar nie hoor, by Wattlespring, Waterhaven en Centurion Gun Club is nie-lede welkom om te kom geraas maak en kleie breek. Sover ek weet is dit net by Sterkfontein waar jy lid (of lid van SA Wingshooters) moet wees.

Re: Haelgeweer opleiding

Posted: Sat Aug 27, 2022 9:54 am
by blaser
Ok nie waar nie by sterfontein is jy welkom ek is lid daar
as jy wil gaan laat weet my ek sal jou ook n bietjie kan help

Re: Haelgeweer opleiding

Posted: Sat Aug 27, 2022 3:45 pm
by tripodmvr
Ek dink Jas en Peet wil die volgende vermy :-

Ek staan byvoorbeeld soos 'n kampioen,
maar skiet soos 'n pampoen !!!!!!

Re: Haelgeweer opleiding

Posted: Sun Aug 28, 2022 5:27 pm
by Pvdw
tripodmvr wrote: Sat Aug 27, 2022 3:45 pm Ek dink Jas en Peet wil die volgende vermy :-

Ek staan byvoorbeeld soos 'n kampioen,
maar skiet soos 'n pampoen !!!!!!
Nee oom Marius, Oom weet mos ek staan soos 'n pampoen en skiet soos 'n pampoen. Call a spade a spade please :laugh:

Re: Haelgeweer opleiding

Posted: Sun Aug 28, 2022 5:29 pm
by Pvdw
Dankie almal. ek vertrou ek gaan reg kom met hulp hier. Wardeer almal se terugvoer.