Page 1 of 1

Ondervinding met Walther MaximaThor

Posted: Wed Aug 24, 2022 11:01 pm
by Jaco V
Hello almal
Ek probeer bietjie inligting inwin van iemand met eerste handse ervaring met die Walther MaximaThor .22 PCP lug geweer. Kan iemand my dalk bietjie vertel van sy ondervinding met die geweer?

Is dit 'n goeie kopie vir:
Duiwe skiet
Teiken skiet
Gonge op 50-100m?
Betroubaarheid?
Parte?
Naverkoop diens in SA
ens.?

Sommer om te gebruik as pling gun in die algemeen, hoef nie die beste gehalte in enige applikasie te wees nie maar moet darem ook nie teleur stel nie?
Of moet ek eerder iets anders oorweeg, almal wil 'n FX Impact M3 of Daystate Red Wolf he, maar hierdie is vir my te duur vir my applikasie, sal die Walther MaximaThor 'n lekker all rounder geweertjie wees?
Sal graag in die 2de handse mark na een wil soek

Re: Ondervinding met Walther MaximaThor

Posted: Thu Aug 25, 2022 7:43 am
by Capt. Yoda
Jaco ek het nog nie self met een geskiet nie maar toe FX nog breek nek pellet gunne vir die kooperasie tiepe mark gemaak het het Walther al in die Olympics deel geneem. Daai lyk soos n Mineli kolf en hy sal n Walther loop he so ek dink nie jy sal n fout maak met so geweer nie. Soos jy se wil almal net Daystates en FXe he maar die Walthers wat ek al geskiet het saam met FX en Daystates was dodelik akuraat tot op 100m

Naverkoop diens behoort nie n probleem te wees nie, elke tacktical shop tot Blades and Triggers verkoop Walthers

Re: Ondervinding met Walther MaximaThor

Posted: Thu Aug 25, 2022 7:44 am
by Capt. Yoda

Re: Ondervinding met Walther MaximaThor

Posted: Thu Aug 25, 2022 8:45 pm
by Jaco V
Dankie Siebert
Ek waardeer dit, ek is mos maar 'n Walther man as dit kom by PCPs, my LG400 gaan dalk nou net moet plek maak vir die een😅 Soos hulle sê, Needs change