Page 1 of 1
Wat vang so?
Posted: Mon Aug 29, 2022 1:11 pm
by NicoSmit
Goeie dag
Hier is 2 fotos van kallers wat gevang is en gevreet is wat sal julle sê is die sondaars? Jakkals bruin hyena of wat? Mpumalanga Gauteng area
Re: Wat vang so?
Posted: Mon Aug 29, 2022 2:02 pm
by Capt. Yoda
Ek sou se Jakals ma kom ons kyk wat se die kenners
Re: Wat vang so?
Posted: Mon Aug 29, 2022 4:57 pm
by Freddie101
Hoekom se jy hulle is gevang? Vra net of dit nie natuurlike oorsake is en diere daarna kom eet het nie.... die manier wat vel in rondte gesny is lyk na kat....maar kanse is goed dat jakke en muishonde/ meerkatte ook daar geeet het na die vangs vrekte.
Groetnis
Re: Wat vang so?
Posted: Mon Aug 29, 2022 6:11 pm
by NicoSmit
Boer sê so het dit self nie gesien nie
Re: Wat vang so?
Posted: Mon Aug 29, 2022 7:58 pm
by Ds J
n Boer hier by ons sê dis n rooikat.
Re: Wat vang so?
Posted: Mon Aug 29, 2022 9:00 pm
by Nico de Jager
Dit is moeilik op n foto..... maar daai lyk dan na jongbeeste?
Ek nog nooit gehoor dat n rooikat of jakkals sulke sterk beeste vang nie.
Re: Wat vang so?
Posted: Tue Aug 30, 2022 7:02 am
by Eduard Venter
As jy karkas kry, kyk altyd om keel en agterkop vir bytmerke (slag vel oop as dit moet om beter te sien). Dit sal dadelik vir jou sê of dit luiperd/hiëna grootte roofdier was of jakkals/rooikat grootte. Verder behoort spore ook 'n goeie aanduiding te gee indien terrein dit toelaat. As jy die 2 dinge kan raaksien, kan jy in meeste gevalle al met redelike sekerheid sê wat het gevang.
Dit lyk my wel op daai karkas of jakkalse geëet het. Kan wel nie sê of hulle die kalwers doodgemaak het nie. Maar ek is geen kenner nie.
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Re: Wat vang so?
Posted: Tue Aug 30, 2022 8:23 am
by Capt. Yoda
Nico de Jager wrote: Mon Aug 29, 2022 9:00 pm
Dit is moeilik op n foto..... maar daai lyk dan na jongbeeste?
Ek nog nooit gehoor dat n rooikat of jakkals sulke sterk beeste vang nie.
Ja hulle lyk al n bq groot vir een Jakals of Rooikat om te vang, Jakals lyk of hulle die eet werk gedoen het dalk was daar iets anders betrokke maar dan glo ek nie daar sou so min geeet gewees het nie.