Page 1 of 1

Beretta S58 S Trap

Posted: Mon Oct 10, 2022 3:14 pm
by Gerardliebenberg
Goeie dag

Ek het hulp nodig op n evaluasie van n beratta Musgrave S58 S Trap model.
Fixed chokes model...

Enige waarde advies en tips waarvoor ek moet uitkyk?

Re: Beretta S58 S Trap

Posted: Tue Oct 11, 2022 7:29 am
by Johan van Wyk
Die S58's raak al 'n bietjie lank in die tand in vergeleke met die nuwer Berettas maar hulle was goeie gewere. Hulle verkoop gewoonlik nie vir reuse fortuine nie en omdat hierdie 'n Trap model is gaan hy nog minder werd wees. Trap modelle se kolfdimensies is gewoonlik van so aard dat hulle nie lekker vir enigiets anders werk nie, so moenie te veel vir hom betaal nie. En maak seker jy hou van Trap (ek haat die dissipline...).

Re: Beretta S58 S Trap

Posted: Tue Oct 11, 2022 8:53 am
by Gerardliebenberg
Dankie Johan.

Ek het besluit om eerder nie te koop nie. ek help maar eerder dan die oom om hom te verkoop..

Re: Beretta S58 S Trap

Posted: Tue Oct 11, 2022 9:18 am
by Ds J
Net vir interessantheid: sal n "trap" haelgeweer vir algemene werk voldoende wees, bv om af en toe n paar kleie te skiet, maar veral geveerde wild?

Re: Beretta S58 S Trap

Posted: Tue Oct 11, 2022 10:24 am
by Forester
Ds J wrote: Tue Oct 11, 2022 9:18 am Net vir interessantheid: sal n "trap" haelgeweer vir algemene werk voldoende wees, bv om af en toe n paar kleie te skiet, maar veral geveerde wild?
Ek dink dit is juis wat Johan geantwoord het hierbo, 'n trap geweer is net geskik vir trap (gewoontlik 'n swaar geweer met lang lope en 'n hoë wangstuk). 'n Sporter of game gun is waarna Ds opsoek is.

Re: Beretta S58 S Trap

Posted: Tue Oct 11, 2022 11:04 am
by Ds J
Forester wrote: Tue Oct 11, 2022 10:24 am

Baie dankie, ek verstaan bitter min van haelgewere en skiet nog slegter met hulle.

Ek was nie seker waarom n "trap" geweer nie vir algemene doeleindes sou werk nie. As iets vir verder skote gemaak is moet hy tog puik werk in die veld, juis om verder te kan skiet met veerwild? Nog baaaaaie om te leer ;) ;)

Re: Beretta S58 S Trap

Posted: Tue Oct 11, 2022 11:42 am
by Forester
Ds J wrote: Tue Oct 11, 2022 11:04 am
Forester wrote: Tue Oct 11, 2022 10:24 am
Ds J wrote: Tue Oct 11, 2022 9:18 am Net vir interessantheid: sal n "trap" haelgeweer vir algemene werk voldoende wees, bv om af en toe n paar kleie te skiet, maar veral geveerde wild?
Ek dink dit is juis wat Johan geantwoord het hierbo, 'n trap geweer is net geskik vir trap (gewoontlik 'n swaar geweer met lang lope en 'n hoë wangstuk). 'n Sporter of game gun is waarna Ds opsoek is.
Baie dankie, ek verstaan bitter min van haelgewere en skiet nog slegter met hulle.

Ek was nie seker waarom n "trap" geweer nie vir algemene doeleindes sou werk nie. As iets vir verder skote gemaak is moet hy tog puik werk in die veld, juis om verder te kan skiet met veerwild? Nog baaaaaie om te leer ;) ;)
Die maklikste manier vir my om dit te beskryf, is dat 'n trap geweer amper soos 'n PRS geweer is met 'n muzzle brake, chassis en 28" loop. Jy kan seker daarmee gaan jag in die bosveld, maar jy gaan verseker 'n lekkerder tyd hê met 'n ou Musgrave.

Vêr skote bring etiek in die gesprek in... Baie vlugskuts sê dat 'n etiese afstand is wanneer jy die voël se oog kan sien. Ek heg 'n goeie artikel aan wat deur SA Wingshooters gepubliseer is. Ek sal definitief aanbeveel dat jy by hulle aansluit as jy ernstig is oor voëljag.

Re: Beretta S58 S Trap

Posted: Tue Oct 11, 2022 2:07 pm
by Ds J
Baie dankie!

Re: Beretta S58 S Trap

Posted: Tue Oct 11, 2022 3:32 pm
by Gerardliebenberg
Danie Forester, goeie artikel met baie insig.

Re: Beretta S58 S Trap

Posted: Wed Oct 12, 2022 7:15 am
by obasch
Ds J wrote: Tue Oct 11, 2022 9:18 am Net vir interessantheid: sal n "trap" haelgeweer vir algemene werk voldoende wees, bv om af en toe n paar kleie te skiet, maar veral geveerde wild?
Die grootste beperking van 'n Trap geweer vir jagdoeleindes is dat dit so gekonfigureer is om, as ek reg onthou, ongeveer 40cm hoog te skiet op 40m. Dit is omdat Trap teikens styg van die punt waar dit lanseer word en die skut die teiken bokant die loop wil hou wanneer die skoot getrek word. Trap manne help my hier uit asb.

Jaap, vir die ".........af en toe 'n paar kleie skiet," sal jy nog ook moet besluit waar om te begin. Is dit die enkele masjien wat iemand opstel by die kerkbasaar, die handgegooide kleie op 'n Saterdag middag saam met jou buurman se jong seuns of iets meer gestruktureerd?
As mens van alleen Trap praat is daar 'n hele aantal tipes Trap oa ATA, ATA Handicap, Trap Doubles, DTL, ABT, OT, UT, FITASC Trap1, ens.
Met Skeet is daar NSSA Skeet, Skeet Doubles, Olympic Skeet, ens. en dan kom Sporting ook nog met FITASC Sporting, English Sporting, Compak en dan nog die variasies soos wat die Amerikaners dit skiet en ook die Britte met hulle eie variasies.
Sterkte Jaap, daar is, soos jy self sê, baie om te leer maar dis lekker en opwindend.
Wees verseker, daar is, net soos met gewere, nie so iets soos 'n "All rounder" nie. Net 'n eerste haelgeweer, daar gaan nog kom.
Waar het jy nou al 'n gholfspeler gesien met net eens stok in sy sak?

Re: Beretta S58 S Trap

Posted: Wed Oct 12, 2022 8:07 am
by Ds J
obasch wrote: Wed Oct 12, 2022 7:15 am
Ds J wrote: Tue Oct 11, 2022 9:18 am Net vir interessantheid: sal n "trap" haelgeweer vir algemene werk voldoende wees, bv om af en toe n paar kleie te skiet, maar veral geveerde wild?
Sterkte Jaap, daar is, soos jy self sê, baie om te leer maar dis lekker en opwindend.
Wees verseker, daar is, net soos met gewere, nie so iets soos 'n "All rounder" nie. Net 'n eerste haelgeweer, daar gaan nog kom.
Waar het jy nou al 'n gholfspeler gesien met net eens stok in sy sak?
Ek moet nou lekker lag!

Ja dis reg - daar hoort meer as een roer in n kluis, en meer as een gholfstok in n stel.

Prakties gesproke: Ek wil graag die Howa 308 van die haelgewere in die hande kry. (En n 410 vir my kinders.) As daar later nog bykom sal dit gaaf wees maar ek beplan nie daarvoor nie.