Page 1 of 1
Seat Covers???
Posted: Mon Oct 24, 2022 4:16 pm
by Lamtjop
Middag almal.
Ek is opsoek na seat covers vir mamma se skool kar, 7 sitplek mpv. Daar is heelwat vervaardigers op google maar weet nie wie om te vertrou nie en bly in die platteland so ek kan nie gaan kyk nie, sal posbestelling moet wees. Ek soek nou nie Melville&Moon, Takla en Escape gear se prys oortreksels nie. Ek kon nou al House of Henry, Kindo en RuffTuff raak google wat na opsies lyk. Enige raad sal waardeer word. Groete Tjops
Re: Seat Covers???
Posted: Mon Oct 24, 2022 5:21 pm
by J le Roux
Beesdam van Potch, ek was baie in my noppies met hul diens en kwaliteit
Re: Seat Covers???
Posted: Mon Oct 24, 2022 5:40 pm
by Carlc
Ek het self Beesdam sitplek oortreksels in my Hilux en is baie gelukkig. Glad nie die goedkoopste nie maar baie beslus waarde vir geld. Dis n kwessie van buy once, cry once.
Re: Seat Covers???
Posted: Mon Oct 24, 2022 7:09 pm
by Pappabeer
Caprivi is ook goeie kwaliteit. Dalk aan die duur kant.
Melville en Moon is Bool se tjommies. Ek sal hulle nie ondersteun nie
Re: Seat Covers???
Posted: Mon Oct 24, 2022 7:54 pm
by ruaanb
Jy kan maar by House of Henry bestel. Ek het in my Isuzu n stel waterproof covers gehad. Uitstekend gewerk.
My Cruiser het tans n stel Escape Gear in wat ek die kar mee gekoop het. Lyk nog uitstekend na 20jaar se gebruik.
Re: Seat Covers???
Posted: Mon Oct 24, 2022 8:35 pm
by Ds J
Midas het verskeie tipes, onder andere n dikker seilerige materiaal.
My magasynholster en mesknip het n gat in hulle gevreet maar waar my goeie vrou sit is hulle nog mooi.
Re: Seat Covers???
Posted: Tue Oct 25, 2022 8:33 am
by Capt. Yoda
As jy n paar rand wil spandeur en n ordentlke netjiese stel wil koop koop Beesdam, hulle het n tak in Pretoria ook. Jy sal net een keer koop en hulle diens is baie goed
Re: Seat Covers???
Posted: Tue Oct 25, 2022 9:25 am
by Dawie Malan
Bel vir Vaughn Sanders in Pretoria. Syne is die goedkoopste in Canvas en lyk baie mooi. nul72 nege888 ses88
Re: Seat Covers???
Posted: Tue Oct 25, 2022 11:36 am
by Toyrsi
Kyk na Bosveld canvas & leather.
Baie selfde as Beesdam sin net heelwat goedkoper.
Re: Seat Covers???
Posted: Tue Oct 25, 2022 8:22 pm
by Lamtjop
Beesdam, Escape gear, Caprivi, ens fokus op double cabs,cruisers en SUV,s hulle cater nie vir MPV soos Honda Brv nie. Het vandag met beesdam gepraat. Midas se seil tipe ken ek, my plaasbakkie het van hulle en dit maar so so. Sal die ander opsies nog bĂȘl, dankie.