Page 1 of 1

Eerlike Isuzu kar smous in Pretoria

Posted: Mon Oct 24, 2022 6:51 pm
by jdpretorius
Ja ja, ek weet ñ kar smous en eerlik pas soms moeilik in die selfde rympie...

Weet iemand dalk van so ñ kar smous hier rondom Pretoria waar ñ man nog ñ goeie 2de handse Isuzu kan raak loop ?

My huidige staatmaker is nou al ñ paar jaar oud en die tyd kom nader om te loer vir iets wat nie meers as so 5 of 6 jaar oud is nie, en nog mooi kilos op het.
Ek sou loer na Toyota ook maar hulle is gewoonlik effe duurder, in vergelyking met Isuzu, en die dat hulle so woes gesteel word skrik my bietjie af.

Sent from my SM-A515F using Tapatalk

Re: Eerlike Isuzu kar smous in Pretoria

Posted: Mon Oct 24, 2022 6:58 pm
by Alwin
Om te bepaal of die smous eerlik is, moet jy self die bakkie kan deurgaan en bepaal wat sy werklike toestand is. As jy dit kan doen, kan jy ook privaat koop en die smous se wins uitsny.

Ek sou eerder kyk na die toestand, potensiële leeftyd en herverkoopswaarde van van 'n nuwe tweedehandse bakkie, as na die maak of verkoopsman se gesig. Kry 'n kundige vriend om jou te help om voertuie te evalueer.

Re: Eerlike Isuzu kar smous in Pretoria

Posted: Mon Oct 24, 2022 7:49 pm
by jdpretorius
Alwin ek's grootliks op jou bladsy.....my kennis is ongelukkig effe beperk en is nie hand-op-die-blaas met n Isuzu macie nie. Eerste verweer is maar (vir my)... belankrik dat sy diens rekord in orde is sodat ek dit kan na gaan. Ek soek ook na iets wat nie ouer as 2016 is nie, juis vir daardie rede. Ek's self in Pta en sou verseker hom moet vat vir n toets rit en mooi deur kyk.
Het die naweek na n mooi 250 gaan kyk maar met bietjie loer lyk dit die laaste 3 dienste is dodgy, alowel die wa nog mooi lyk en klink. Die handelaar is ook nie bereid om die voertuig vir n vol Dekra te stuur op sy onkoste nie, en wil ook nie betaal vir n diens by Isuzu nie.
Dit lyk dalk of die vorige eienaar die wa af geskeep het oor die laaste 45k kilometers, wat ook sy een major diens insluit. Hoeveel skade hy kon doen in 45k kilos, en wat se invloed dit sou hê oor die volgende 10 jaar is enig een se raai....
Almal waarsku ook om weg te bly van "We-B*-Cars alowel pryse daar baie aanloklik is.

Sent from my SM-A515F using Tapatalk

Re: Eerlike Isuzu kar smous in Pretoria

Posted: Mon Oct 24, 2022 8:42 pm
by Ds J
Ek en vroulief het altwee in Pretoria grootgeword.

MOENIE in Zambesirylaan (Sefako Makgato Dr) of in Voortrekkerstraat na n kar kyk nie. Daar is te veel gestampte, herstelde en blinkgevryfde probleme. Of, as jy moet, vat iemand saam wat werklik iets van voertuie verstaan.

Re: Eerlike Isuzu kar smous in Pretoria

Posted: Tue Oct 25, 2022 6:55 am
by jdpretorius
Ds J wrote: Mon Oct 24, 2022 8:42 pm Ek en vroulief het altwee in Pretoria grootgeword.

MOENIE in Zambesirylaan (Sefako Makgato Dr) of in Voortrekkerstraat na n kar kyk nie. Daar is te veel gestampte, herstelde en blinkgevryfde probleme. Of, as jy moet, vat iemand saam wat werklik iets van voertuie verstaan.
Dankie mater
Die een waarna ek gaan loer het is juis in Voortrekker weg gewees.
Skelm streke is maar ongelukkig volop, maar ou kry sekerlik darem nou-en-dan nog 'n eerlike ou (hoop ek).....
As die ouens net eerlik wil wees oor voute op n voertuig dan kan jy darem bepaal of dit 'n R1000 oopsie is of dalk 'n R100k probleem kan wees na 50k kilos

Ek dink Wout moet maar sy Cruiser vir my gee siende dat hy nou 'n nuwe Ford wil loop koop ;)

Re: Eerlike Isuzu kar smous in Pretoria

Posted: Tue Oct 25, 2022 7:00 am
by Toxxyc
Ja dis jammer dat Jakaranda Motors toegemaak het. Hulle was in Voortrekkerweg en my familie het vir jare karre gekoop by die mense. Nooit probleme gehad nie, en hulle het al karre vir my laat regmaak op hulle onkoste jare nadat ek daar weggery het.

Re: Eerlike Isuzu kar smous in Pretoria

Posted: Tue Oct 25, 2022 8:15 am
by junglejulian
Jy kan enige tyd jou motor aan We buy cars verkoop.jy koop net nooit een daar nie.self hul A klas voertuie is maar swak.

Re: Eerlike Isuzu kar smous in Pretoria

Posted: Tue Oct 25, 2022 8:29 am
by Capt. Yoda
jdpretorius wrote: Tue Oct 25, 2022 6:55 am
Ds J wrote: Mon Oct 24, 2022 8:42 pm Ek en vroulief het altwee in Pretoria grootgeword.

MOENIE in Zambesirylaan (Sefako Makgato Dr) of in Voortrekkerstraat na n kar kyk nie. Daar is te veel gestampte, herstelde en blinkgevryfde probleme. Of, as jy moet, vat iemand saam wat werklik iets van voertuie verstaan.
Dankie mater
Die een waarna ek gaan loer het is juis in Voortrekker weg gewees.
Skelm streke is maar ongelukkig volop, maar ou kry sekerlik darem nou-en-dan nog 'n eerlike ou (hoop ek).....
As die ouens net eerlik wil wees oor voute op n voertuig dan kan jy darem bepaal of dit 'n R1000 oopsie is of dalk 'n R100k probleem kan wees na 50k kilos

Ek dink Wout moet maar sy Cruiser vir my gee siende dat hy nou 'n nuwe Ford wil loop koop ;)

Hy gaan die Cruiser nodig he as die Ford staan

Re: Eerlike Isuzu kar smous in Pretoria

Posted: Tue Oct 25, 2022 9:34 am
by jdpretorius
Capt. Oblivious wrote:

Image Aishhhh....met sulke pelle moet ñ ou dalk ñ bottel rum met ñ dummy aan onder die seat hou.

Sent from my SM-A515F using Tapatalk

Re: Eerlike Isuzu kar smous in Pretoria

Posted: Tue Oct 25, 2022 9:54 am
by Dirkvh
Enigste twee eerlike 2de handse voertuig handelaars wat ek ken sit in Bloemfontein en Bethlehem.

Re: Eerlike Isuzu kar smous in Pretoria

Posted: Tue Oct 25, 2022 10:47 am
by Wouter Roets
Lankal nie meer n Cruiser nie. Geniet nou weer vir n slag om agter die wiel in te skuif.