Page 1 of 1
Triggercam
Posted: Thu Oct 27, 2022 3:00 pm
by sako 30-06
Ek oorweeg om n Triggercam te koop, maar ek sien daar is deesdae n paar manne wat hulle sin verkoop.
Die vraag is dus, is dit die moeite werd of nie?
Hoof doel van cam sal wees om seker te maak na die skoot gevat is, mis of raak en indien wel raak waar het die koeel getref.
Wil ook my 13 jarige dogter leer om deur te volg met die skoot en nie die sneller te pluk nie.
Gee asseblief raad.
Re: Triggercam
Posted: Thu Oct 27, 2022 3:54 pm
by Geno
Dis verseker die moeite werd!
Dis presies hoekom ek myne gebruik en meeste kliente wat by my koop hulle sn gebruik. Almal is tevrede daarmee. Maar jy moet hom gereeld gebruik om die geld te regverdig.
Re: Triggercam
Posted: Thu Oct 27, 2022 5:52 pm
by Gian_dP
sako 30-06 wrote:Ek oorweeg om n Triggercam te koop, maar ek sien daar is deesdae n paar manne wat hulle sin verkoop.
Die vraag is dus, is dit die moeite werd of nie?
Hoof doel van cam sal wees om seker te maak na die skoot gevat is, mis of raak en indien wel raak waar het die koeel getref.
Wil ook my 13 jarige dogter leer om deur te volg met die skoot en nie die sneller te pluk nie.
Gee asseblief raad.
Ek gebruik myne baie. Skiet meeste kompetisies met hom op. Baie waardevol om na die tyd te kyk wat ek alles aangevang het.
Jag ook soveel as wat ek kan met hom op, lekker memories en na die tyd analiseer. In die begin het ek paar flops gemaak met kamera wat nie aan was of opgeneem het nie, raak darem beter soos die tyd aangaan.
Gebruik dit ook baie met kinders om te oefen by die huis. Ek kan kyk wat hulle deur teleskoop sien en hoe stil hulle is bv van skietstokke af.
100% die geld werd.
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Re: Triggercam
Posted: Fri Oct 28, 2022 8:48 am
by sako 30-06
Geno wrote: Thu Oct 27, 2022 3:54 pm
Dis verseker die moeite werd!
Dis presies hoekom ek myne gebruik en meeste kliente wat by my koop hulle sn gebruik. Almal is tevrede daarmee. Maar jy moet hom gereeld gebruik om die geld te regverdig.
Ek kan die cam seker op n windbuks en .22 ook gebruik? Wil nou begin om my seuntjie te leer, maar kyk die man loer net so vir die blikkie dan trek hy die sneller. Ek sien jou seuntjie skiet al soos n yster so jy moet maar tips gee
Ek kan myself seker bietjie bederf vir my verjaarsdag so stuur asb vir my die prys.
Re: Triggercam
Posted: Fri Oct 28, 2022 8:52 am
by sako 30-06
Gian_dP wrote: Thu Oct 27, 2022 5:52 pm
sako 30-06 wrote:Ek oorweeg om n Triggercam te koop, maar ek sien daar is deesdae n paar manne wat hulle sin verkoop.
Die vraag is dus, is dit die moeite werd of nie?
Hoof doel van cam sal wees om seker te maak na die skoot gevat is, mis of raak en indien wel raak waar het die koeel getref.
Wil ook my 13 jarige dogter leer om deur te volg met die skoot en nie die sneller te pluk nie.
Gee asseblief raad.
Ek gebruik myne baie. Skiet meeste kompetisies met hom op. Baie waardevol om na die tyd te kyk wat ek alles aangevang het.
Jag ook soveel as wat ek kan met hom op, lekker memories en na die tyd analiseer. In die begin het ek paar flops gemaak met kamera wat nie aan was of opgeneem het nie, raak darem beter soos die tyd aangaan.
Gebruik dit ook baie met kinders om te oefen by die huis. Ek kan kyk wat hulle deur teleskoop sien en hoe stil hulle is bv van skietstokke af.
100% die geld werd.
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Baie dankie Gian, jy en Eugene het my oortuig.
Wou al lankal een koop. Nadat my dogtertjie n rooibok mis geskiet het twee weke terug, het ek dit weer begin oorweeg.
Ek was oortuig die skoot was mis maar het tog die aand wakker gele en gewonder, sy was natuurlik oortuig dat dit nie mis was nie.
Ons het die hele middag spandeer om seker te maak daar was geen bloed of tekens van n raakskoot nie, kon baie tyd gespaar het as dit op kamera was.
Re: Triggercam
Posted: Fri Oct 28, 2022 9:08 am
by Geno
sako 30-06 wrote: Fri Oct 28, 2022 8:48 am
Ek kan die cam seker op n windbuks en .22 ook gebruik? Wil nou begin om my seuntjie te leer, maar kyk die man loer net so vir die blikkie dan trek hy die sneller. Ek sien jou seuntjie skiet al soos n yster so jy moet maar tips gee
Ek kan myself seker bietjie bederf vir my verjaarsdag so stuur asb vir my die prys.
Ja verseker! Ek sit hom op die .204 as my laaitie skiet en ook op my .22 vir ons NRL22 kompetisies
Re: Triggercam
Posted: Tue Dec 13, 2022 3:15 pm
by sako 30-06
Ek het toe vir my die Triggercam gekoop.
Net twee vrae :
Die triggercam is te groot vir my leupold scope op my .22, die inserts wat saam kom is ook te groot so wat sal die beste opsie wees?
Kan ek die videos en fotos direk op my foon laai of moet ek dit eers op die cam laai en dan na die foon toe oorplaas?
Re: Triggercam
Posted: Tue Dec 13, 2022 3:44 pm
by Geno
Die triggercam is te groot vir my leupold scope op my .22, die inserts wat saam kom is ook te groot so wat sal die beste opsie wees?
- Draai insulation tape om jou scope om hom dikker te maak. Maak net seker hy is presies reguit gedraai en nie vol riffies nie.
Kan ek die videos en fotos direk op my foon laai of moet ek dit eers op die cam laai en dan na die foon toe oorplaas?
-Jy laai dit met die app na jou foon, en van daar kan jy dit share.
Re: Triggercam
Posted: Tue Dec 13, 2022 3:53 pm
by sako 30-06
Geno wrote: Tue Dec 13, 2022 3:44 pm
Die triggercam is te groot vir my leupold scope op my .22, die inserts wat saam kom is ook te groot so wat sal die beste opsie wees?
- Draai insulation tape om jou scope om hom dikker te maak. Maak net seker hy is presies reguit gedraai en nie vol riffies nie.
Kan ek die videos en fotos direk op my foon laai of moet ek dit eers op die cam laai en dan na die foon toe oorplaas?
-Jy laai dit met die app na jou foon, en van daar kan jy dit share.
Baie dankie Geno, ek waardeer dit. Ek sien nogal uit om met die cam te begin speel.
Nou sal my seuntjie hopelik ophou om gate in my muur te skiet met die windbuks

Re: Triggercam
Posted: Tue Dec 13, 2022 4:24 pm
by heywillie
Hier kan mens mooi sien,met behulp van die Triggercam, hoe ek die laaste skoot heel regs afgedruk het.
Die screenshots is geneem op die oomblik waar ek die skoot laat afgaan het.
Dit was op 300m geskiet.
Teiken.jpg
Skoot 1.jpg
Skoot 3.jpg
Re: Triggercam
Posted: Tue Dec 13, 2022 7:58 pm
by sako 30-06
Baie dankie Heywillie.
Dis juis een van die redes hoekom ek die cam gekoop het, ek is geneig om die sneller te pluk.
So ek wil graag sien hoe lyk dit as ek die skoot af trek.