Page 1 of 1
Doppe wat huis soek ( huis gekry )
Posted: Sun Feb 05, 2012 10:34 pm
by Christo
Gedurende die laaste paar maande is ek meer as een keer verras met die vrygewigheid, hulp, en baie ander dinge wat Jaracal lede openbaar het. Dit is mooi dat daar nog so iets bestaan soos medemens hulp.
Maar dan is dit tog waaroor die forum gaan. Goed wat elders gepost word maar einlik hier hoort is al die kennis wat sommer so gedeel word. Dankie daarvoor.
Ek het die volgende doppe wat huis soek.
7mm Rem Mag ?140 x FC's (oppad na Lourens toe, aan hom belowe lankal)
7mm Rem Mag ?14 x FC's
7mm Rem Mag ? 17 x PMP's
7mm Rem Mag ?34 x Frontier's
7mm Rem Mag ? 49 x PMC's
.270 ? 15 xSAKO
.270 ? 55 x FC's
.270 ? 49 x PMP's
Posgeld vir ontvanger.
Re: Doppe wat huis soek
Posted: Sun Feb 05, 2012 10:45 pm
by Dawid
Christo,
Ek wil graag die 270 doppe by jou oorneem. Hoe reel ons dit verder?
Groetnis
Dawid
Re: Doppe wat huis soek
Posted: Sun Feb 05, 2012 10:48 pm
by Christo
Dawid wrote:
Christo,
Ek wil graag die 270 doppe by jou oorneem. Hoe reel ons dit verder?
Groetnis
Dawid
Joune, kom haal hulle saam met die planter
Re: Doppe wat huis soek
Posted: Mon Feb 06, 2012 8:47 am
by Lourens
Christo,
Baie dankie, ek stuur nou vir jou my posadres deur. Daai doppe gaan handig te pas kom!!
Groete,
Lourens
Re: Doppe wat huis soek
Posted: Mon Feb 06, 2012 8:58 am
by Dirkie
More Christo,
is al die 270 doppe al weg?
Re: Doppe wat huis soek
Posted: Mon Feb 06, 2012 9:33 am
by Vlakvark
David wat se Matryse gebruik jy op die .270
Re: Doppe wat huis soek
Posted: Mon Feb 06, 2012 11:30 am
by Dawid
Vlakkie
Als is LEE
Groetnis
Re: Doppe wat huis soek
Posted: Mon Feb 06, 2012 1:49 pm
by JopieFourie
Dag Christo
As daar nog 7mm rem mag doppe is sal ek dit waardeur.
Laat weet maar wat maak ons.
Re: Doppe wat huis soek
Posted: Mon Feb 06, 2012 3:39 pm
by Christo
Dirkie wrote:
More Christo,
is al die 270 doppe al weg?
Jammer, Dawid het jou voorgespring.
Re: Doppe wat huis soek
Posted: Mon Feb 06, 2012 3:42 pm
by Christo
JopieFourie wrote:
Dag Christo
As daar nog 7mm rem mag doppe is sal ek dit waardeur.
Laat weet maar wat maak ons.
7mm Rem Mag ?14 x FC's
7mm Rem Mag ? 17 x PMP's
7mm Rem Mag ?34 x Frontier's
7mm Rem Mag ? 49 x PMC's
Hulle is joune as jy almal wil h?. Ek gaan more laat pos so as jy jou adres vandag stuur (per PM) dan is hulle oppad. Sal laat weet oor die posgeld later.
Re: Doppe wat huis soek
Posted: Mon Feb 06, 2012 5:16 pm
by JopieFourie
Dag Christo
Baie dankie.
Ek PM my adres vir jou. Is reg oor Posgeld, laat weet en ek maak reg met jou.