Page 1 of 2

Raad vir 375 H&H buffel resep ?

Posted: Sat Dec 03, 2022 7:15 pm
by Glocked
Goeie naand manne

Ek wil baie graag volgende jaar my eerste buffel jag, en dit sal vir eers 'n buffel koei wees.

Ek wil graag begin met voorbereiding, oefen, ens, en in terme van die regte kombinasie met punte, sit ek so bietjie vas, en wil graag hoor wat van julle met meer ondervinding met die groot roere en spesifiek buffels sal aanbeveel.

My huidige jag lading is 'n 250gr Peregrine VRG3 teen 2710fps, en jag al met die kombinasie vir die laaste 4 jaar, en dit werk baie lekker.

Dit sal opsie 1 wees, want ek ken die lading, weet hy werk, en hy skiet mooi. Maar aan die anderkant, wonder ek of 'n 300gr VRG3 teen so 2400fps rond nie dalk beter gaan werk nie ? Gaan die swaarder, stadiger punt rerig help met penetrasie ?

Ek hoor graag wat julle dink !

Re: Raad vir 375 H&H buffel resep ?

Posted: Sat Dec 03, 2022 8:27 pm
by DWB
Bly by 300gr

VRG3 in 300gr sal werk
Safari Bullet Company
Rhino
Ens ens.

300gr Swift A-frame is ook puik buffel medisyne

Re: Raad vir 375 H&H buffel resep ?

Posted: Sat Dec 03, 2022 8:33 pm
by Pappabeer
Enige 300gr premium koeel wat konstante akuraatheid in jou geweer gee. 2400fps is reg.

Re: Raad vir 375 H&H buffel resep ?

Posted: Sat Dec 03, 2022 11:27 pm
by Henlo
Daar is maar min dinge wat n buffel so vinnig grond toe bring soos n 300 gr barnes tsx, ek glo die peregrine sal dieselfde maak

Re: Raad vir 375 H&H buffel resep ?

Posted: Sun Dec 04, 2022 6:18 am
by Glocked
Dankie vir die terugvoer manne !

Ek wil die week punte koop, ek sal dan solank 'n paar 300gr VRG2's kry om te begin laai en toets. Ek het nog 'n klompie 250gr's oor wat ek maar solank gaan uit oefen dan.

Ek hou van die Peregrines deurdat ek die goedkoper VRG2's kan oefen en dan net VRG3's laao vir jag, as ek vir een of ander rede dalk met hulle sukkel, sal ek kyk na van die ander punte. Volgens Peregrine se laaidata behoort ek die 300gr's teen omtrent 2500fps te kan skiet, daai behoort baie mooi te werk !

Re: Raad vir 375 H&H buffel resep ?

Posted: Sun Dec 04, 2022 6:20 am
by ThinusS
Die 300gr Peregrine VRG3 werk goed op buffels, die 270gr VLR4 werk ook mooi. Ek het nog nie die 250gr vir 'n buffel gebruik nie en sou eerder vir die 300gr gaan. Met daardie plat punt maak hy 'n lekker groot ingangswond wat help met 'n bloedspoor as jy dalk moet spoorsny. Maak net seker hy voer in jou roer voor jy met hom gaan jag. Hulle voer glad in my .375 H&H maar sukkel in my 9.3x62.

Barnes se 300gr TSX werk goed en so ook die 270gr TSX.

Ons gaan die komende seisoen die Safari Bullet Company 300gr gebruik. Ek het nog net goeie dinge van hulle gehoor.

Re: Raad vir 375 H&H buffel resep ?

Posted: Sun Dec 04, 2022 6:31 am
by ThinusS
Peregrine 300gr VRG3 koeëls. Die linkerkantste een het deur altwee 'n buffelbul se blaaie geskiet en het onder die vel van die verste blad gestop. Die bul het minder as 20 meter gehardloop voor hy geval het. Die koeël aan die regterkant is op ±5 treë in die buffel se rugwerwels in geskiet nadat hy reeds dood was. Die koeël is deur tot in die borsholte.

Image

Re: Raad vir 375 H&H buffel resep ?

Posted: Sun Dec 04, 2022 6:34 am
by Glocked
Dankie Thinus, ek gebruik die 250gr VRG2 en 3's al vir die laaste 4 jaar en het nog nie 'n enkele hakkel gehad met voer of iets op hulle nie, so ek glo die 300's sal ook mooi voer, maar gaan hulle defnitief behoorlik toets ja.

Baie mense het buffels al geskiet met die 270greiners, Barnes en Peregrine ens, ek dink nie daar behoort so groot verskil te wees tussen 'n 250gr en 270gr punt nie, maar vir sekerheid gaan ek maar eerder dan terug gaan na die 300gr's toe.

Het ook nog net goeie dinge gesien van daai Safari Bullet Co's !

Re: Raad vir 375 H&H buffel resep ?

Posted: Sun Dec 04, 2022 6:40 am
by Glocked
ThinusS wrote: Sun Dec 04, 2022 6:31 am Peregrine 300gr VRG3 koeëls. Die linkerkantste een het deur altwee 'n buffelbul se blaaie geskiet en het onder die vel van die verste blad gestop. Die bul het minder as 20 meter gehardloop voor hy geval het. Die koeël aan die regterkant is op ±5 treë in die buffel se rugwerwels in geskiet nadat hy reeds dood was. Die koeël is deur tot in die borsholte.

Image
Hulle lyk mooi. Kan sien daai een op 5m het bietjie pakslae gekry met die spoed en werwels ! Ek kon ook nog net 1x van die 250gr's recover op gewone wild, het 'n groot zebra hings so skuins van agter geskiet, en punt het onder die vel vasgesit op die oorkantste blad, sal nou daai foto van die punt soek.

Re: Raad vir 375 H&H buffel resep ?

Posted: Sun Dec 04, 2022 6:51 am
by Eduard Venter
Ek kan nie dink hoekom die 250gr nie sal werk nie, veral op 'n koei. Dit bygesê, 'n 300gr punt is beslis 'n beter keuse.

Sent from my SM-G973F using Tapatalk


Re: Raad vir 375 H&H buffel resep ?

Posted: Sun Dec 04, 2022 6:53 am
by Glocked
20221204_065042.jpg
Die 250gr VRG3 uit die zebra uit.

Re: Raad vir 375 H&H buffel resep ?

Posted: Sun Dec 04, 2022 8:13 am
by ThinusS
Geniet jou jag, 'n man kan net eenkeer 'n eerste buffel jag.

Re: Raad vir 375 H&H buffel resep ?

Posted: Mon Dec 05, 2022 5:51 am
by Frederik
300gr grein gaan beter werk as 250gr as jy teen 'n hoek moet skiet het jy penetrasie nodig en ek dink teen 2700fps gaan die 250gr vinnig uit stoom hardloop. Buffel se vel is dik en soos trampolien en vat baie punishment die dat meeste van die tye koele net onder die vel gevind word.
As jy kan, laai maar die 300gr vinnig genoeg vir impak spoed van 2400fps die monos werk beter om mooi oop te maak met meer spoed waar lood koeels weer teen stadiger nogsteeds mooi oopmaak.

Gelukkig sukkel 375 nie met spoed nie en soos Thinus geneom het maak seker die koeels voer nie net normaal nie maar teen stress laai ook.
By BASA al paar manne gesien op die baan wat sukkel met feeding onder stress maar hulle feed mooi normaal.

As jy wil kan jy ook Safari Bullet Company se koeels ook loer werk goed.

Re: Raad vir 375 H&H buffel resep ?

Posted: Tue Dec 06, 2022 3:07 pm
by Gerhardu
Ons het al buffels geskiet met 300gr en 350gr Rhino punte. altwee het baie lekker gewerk. Sodra al my Rhino punte in 375 en 458 klaar is gaan ek oor na SBC punte toe.

Re: Raad vir 375 H&H buffel resep ?

Posted: Tue Dec 06, 2022 6:18 pm
by Glocked
Dankie vir almal se insette, ek waardeer dit. Toe ek die eerste keer wonder oor die 250gr vs 300gr het ek besef ek voel ook sterk dat die 300gr beter sal wees, en al sou 'n 250gr genoeg wees, sou daai bietjie twyfel my altyd pla. Hopelik kan ek deur die vakansie bietjie ontwikkeling gedoen kry en daai 300greiners kry om mooi te skiet. Tel hopelik more die 300's op !

Re: Raad vir 375 H&H buffel resep ?

Posted: Tue Dec 06, 2022 7:44 pm
by Eduard Venter
Hou ons op hoogte soos jy aangaan. Dis 'n lekker vooruitsig om jou eerste buffel te jag! Geniet

Sent from my SM-G973F using Tapatalk


Re: Raad vir 375 H&H buffel resep ?

Posted: Tue Dec 06, 2022 8:27 pm
by tripodmvr
Ek is seker QL kan jou help. Praat net en gee die geweerdata en ladings.

Re: Raad vir 375 H&H buffel resep ?

Posted: Tue Dec 06, 2022 8:34 pm
by Glocked
tripodmvr wrote: Tue Dec 06, 2022 8:27 pm Ek is seker QL kan jou help. Praat net en gee die geweerdata en ladings.
Dankie oom, ek sal skree as ek met hulle begin krap. Oom het my in die verlede ook gehelp om daai 250's mooi te laat skiet !

Re: Raad vir 375 H&H buffel resep ?

Posted: Tue Dec 06, 2022 9:12 pm
by tripodmvr
Nou gaan loer. Jou geweerdata is op my rekenaar gestoor vir die 250gr Peregrine.

Re: Raad vir 375 H&H buffel resep ?

Posted: Wed Dec 07, 2022 4:52 pm
by Nico de Jager
Nadat jy besluit het op jou al die "gear" wat jy gaan gebruik, moet jy met dit oefen soos jy gaan jag. As jy beplan om met n rugsak te jag, oefen dan met een. Jou geweer "mount" anders as gevolg van die rugsak se strap.
Om n spesifieke koei uit n trop te skiet is moeiliker as om n enkel dier te jag. Dis moeilik om haar in die oog te hou na die eerste skoot want daar is baie diere wat beweeg en hardloop.
Op n manier moet jy jouself voorberei om kalm te bly en jou eerste skoot te laat tel.
Groete

Re: Raad vir 375 H&H buffel resep ?

Posted: Wed Dec 07, 2022 7:02 pm
by Glocked
Nico de Jager wrote: Wed Dec 07, 2022 4:52 pm Nadat jy besluit het op jou al die "gear" wat jy gaan gebruik, moet jy met dit oefen soos jy gaan jag. As jy beplan om met n rugsak te jag, oefen dan met een. Jou geweer "mount" anders as gevolg van die rugsak se strap.
Om n spesifieke koei uit n trop te skiet is moeiliker as om n enkel dier te jag. Dis moeilik om haar in die oog te hou na die eerste skoot want daar is baie diere wat beweeg en hardloop.
Op n manier moet jy jouself voorberei om kalm te bly en jou eerste skoot te laat tel.
Groete
Dankie vir die advies daar Nico, paar goeie punte daar beet. Ek sal verseker oplet na die sak, het so ligte Camelbak sak wat ek kan gebruik, sal verseker met hom moet oefen ook.

Ek stem saam met eerste skoot onder "nuwe" druk, ek het gedink om as deel van voorbereiding volgende jaar by van die BASA dae te probeer inval, juis vir daai simulasie van druk en steeds goeie skote te kan maak, hopelik help dit !

Re: Raad vir 375 H&H buffel resep ?

Posted: Wed Dec 07, 2022 9:04 pm
by Frederik
[youtube]https://youtu.be/TKUOadTVYUI[/youtube]

Jare van lekker BASA skiet se oefening in aksie.

Re: Raad vir 375 H&H buffel resep ?

Posted: Wed Dec 07, 2022 9:24 pm
by Glocked
Frederik wrote: Wed Dec 07, 2022 9:04 pm [youtube]https://youtu.be/TKUOadTVYUI[/youtube]

Jare van lekker BASA skiet se oefening in aksie.
Jis ek het vroeg in die week iewers die vol video gekyk van daai jag van jou ! Lyk defnitief of die BASA oefening help ja !

Re: Raad vir 375 H&H buffel resep ?

Posted: Tue Dec 20, 2022 6:33 pm
by Glocked
Tyd vir so eerste ligte update !

Ek het vir my 'n Hornady AutoLoad dispenser gekry om te help met die laai, eerste batch gelaai, en ek is heel tevrede met hom.

Ek het my eerste "oefen" sessie ingewerk, en het net gefokus op 'n goeie 1ste skoot, herlaai, en dan so vinnig moontlik 'n 2de skoot op teiken te kry, maar met fokus op tegniek en akkuraatheid, en nog nie rerig spoed nie.

Ek werk nou nog met die laaste 250greiners wat ek oor het, om almal van hulle uit te kry. Het vandag eers kans gekry vir punte koop, en het nog 'n paar 250's moes koop om van die laaste S321 wat ek het ontslae te raak, en dan het ek 300gr VRG 2's gekry wat ek iewers moet begin laai en toets, plan is om hulle in te druk voor 'n dop vol IMR3031.

Ek jeuk erg !

Re: Raad vir 375 H&H buffel resep ?

Posted: Thu Dec 29, 2022 7:59 pm
by Glocked
Nog so vinnige update.

Ek het IMR3031 gekry, en het 5x 300greiners gelaai, moet net kans kry om hulle te gaan toets dat oom Tripod kan help met sy magic somme.

Ek het besef my ou vaste 4x40 teleskoop my heel moontlik iewers in die steek gaan laat, en het probeer oplees so veel ek kan rondom teleskope ens, en besluit toe op 'n Trijicon 1-4x24.

Die "post" reticle is iets om gewoond te raak, maar ek dink dit gaan goed werk, veral met die illumination saam. Ek het nog net so 10 skote kon skiet met hom, sal hopelik volgende week weer 'n skiet dag kan inpas.