Page 1 of 1

Wie maak / verkoop .50" koeëls vir voorlaaiers?

Posted: Sat Dec 17, 2022 12:17 am
by Ds J
Goeienaand, waar kan ek .50" koeëls kry vir n CVA Accura voorlaaier?

Die gedagte is om n eland op 150m te kan skiet.

Enige voorstelle vir kruit sal ook help!

Re: Wie maak / verkoop .50" koeëls vir voorlaaiers?

Posted: Sat Dec 17, 2022 7:48 am
by Klein Chris
Môre
Johan Steyn 0721742380 adverteer op Telegram dat hy koeëls giet vir voorlaaiers.
NSN in Pretoria het gewoonlik ook voorlaaier koeëls

Oorweeg 370gr Maxis vir die 50 kal

Groete

Re: Wie maak / verkoop .50" koeëls vir voorlaaiers?

Posted: Sat Dec 17, 2022 8:44 am
by Ds J
n Ander idee is om te kyk na "sabbots".

Het enigeen ervaring daarmee? Die VSA se forums gee goeie verslae daarvan. Die voordeel is dat n mens n moderne koeël (beter konstruksie en BC) teen n hoër spoed kan skiet.

Re: Wie maak / verkoop .50" koeëls vir voorlaaiers?

Posted: Sat Dec 17, 2022 8:49 am
by LUAN
Ek heg Johan se pryslys aan. Ek sal ook kyk na die mini koel. Ek dink egter jy gaan jou beste akkuraatheid kry deur n sabot met n 44cal koel binne te gebruik in daardie tipe voorlaaier. Kruit weet ek nie daar is lankal nie meer Sanadex op die mark. Jy sal moet google en jou eie swartkruit maak...Image

Re: Wie maak / verkoop .50" koeëls vir voorlaaiers?

Posted: Sat Dec 17, 2022 8:56 am
by LUAN
Ek het harvester crush rib sabbots gebruik met n 44cal 300gr Hornady xtp binne teen so 1800fps met sanadex pistool of rifle kruit. Dit was die akkuraatste combo wat ek uit my traditions pursuit geskiet het. Dis ook al jare later en die ding staan net in die kluis agv die kruit stories.

Re: Wie maak / verkoop .50" koeëls vir voorlaaiers?

Posted: Sat Dec 17, 2022 10:06 am
by Ds J
Baie dankie sover! Ek moet byvoeg dat ek nie vir myself soek nie. n Lidmaat in een van die gemeentes ondersoek die moontlikhede met n geërfde geweer.

Kruit is nie n ernstige probleem nie. ZAR Swartkruit word vervaardig en is maklik beskikbaar.

Waar kry n mens ander voorlaaiervoorraad? Ek sien nie advertensies of voorraad op digitale media nie?

Re: Wie maak / verkoop .50" koeëls vir voorlaaiers?

Posted: Sat Dec 17, 2022 1:22 pm
by tripodmvr
Blunderbuss in Alberton
Hours: Closed ⋅ Opens 8:30AM Mon
Phone: 011 867 0370

Re: Wie maak / verkoop .50" koeëls vir voorlaaiers?

Posted: Mon Jan 30, 2023 6:29 pm
by Skiet hom
Ek het loop botter ball lappies en meer.