Page 1 of 1
Herlaai data vir 9mm
Posted: Sat Dec 17, 2022 4:10 pm
by Chris (vdB)
Dagse Almal
Kan die manne wat vir 9mm herlaai, asseblief loer of ek maar kan voortgaan om die volgende lading te laai vir 9mm. Dit sal vir n' CZ P10 C FDE wees.
Vectan BA 9 1/2 = 3.9gr
Frontier CMJ 9mmP FP 124gr
COL = 27mm
CCI 500
Baie dankie
Re: Herlaai data vir 9mm
Posted: Sat Dec 17, 2022 4:19 pm
by tripodmvr
Re: Herlaai data vir 9mm
Posted: Sat Dec 17, 2022 4:30 pm
by Chris (vdB)
Dankie Oom, ek het so in die helfde van Vectan se min en max ladings die 3,9gr gevat, wil net hoor of ek op die regte pad is en asseblief ook of die 27mm COL reg is.
Re: Herlaai data vir 9mm
Posted: Sat Dec 17, 2022 5:22 pm
by Ds J
Chris, net n bietjie algmene inligting. Nota: ek ken Vectan glad nie!
Dit is sinvoller om n bietjie geduld te gebruik en n lading uit te werk vir jou pistool. 5 skote elk: 3.4gr, 3.6gr, 3.8gr, 4.0gr, 4.2gr en 4.4gr. Dit is ses pakkies patrone, en daardie oefenlopie is vir die volgende jare afgehandel.
Ek het al n hele paar groentjies gehelp met herlaaiwerk vir 9mm Luger - dit was altyd met nuwe pistole, Somchem kruitsoorte, en gewoonlik 124gr FMJ.
Ons het byna sonder uitsondering eers betroubare werkverrigting gekry wanneer ons naby die maks ladings was. Die laer ladings het gewoonlik storings van verskillende soorte veroorsaak.
Jy sal dalk met die TPL moet speel, ek het minder ervaring met FP.
Re: Herlaai data vir 9mm
Posted: Sat Dec 17, 2022 5:55 pm
by LUAN
Die Vectan is so klein bietjie vinniger as S121 as ek dieselfde ladings gooi.
3.6gr agter 147gr cmj avg 884fps
3.8gr agter 130gr lood coated koel 977fps
Jou tpl moet jy kyk of jou pistool wil cycle met die spesifieke koel. Meeste laai tussen 27 en 29mm. Skiet oor n chrony om seker te maak jys veilig.
Re: Herlaai data vir 9mm
Posted: Sat Dec 17, 2022 6:26 pm
by OosKaapJagter
Ek het self 'n blik van dieselfde kruit wat ek nog nie oopgemaak het nie.
Dit is op die slegste gevaarlik en op die beste nie optimaal nie om bloot iemand anders se "resep" te gebruik.
Uit my eie navorsing vir Bullet Corp se 124 grein koeëls het ek toevallig self tot die gevolgtrekking gekom dat 'n 3.9 grein lading, gegewe hoe ek my pistool ken, teoreties optimaal behoort te wees.
Wat ek egter gaan doen is om 5 rondtes te laai met 3.5 grein, 5 rondtes met 3.6 grein, 5 met 3.7 grein, ens tot by 4.2 grein. Dit gee my 'n pakkie van 40 oefen/toets rondtes. Ek hou daarvan om 'n lading so in die middel tussen minimum en maksimum te gebruik sodat die pistool se siklus betroubaar werk sonder onnodige stremming. Dit is dus 40 rondtes wat dalk vermors word, maar dit is beter as om 500 rondtes te laai en agterna die koeëlpunte te moet trek.
In alle waarskynlikheid gaan ek ook dan by jou voorgestelde lading eindig.
Re: Herlaai data vir 9mm
Posted: Sat Dec 17, 2022 6:36 pm
by Chris (vdB)
Baie dankie vir al julle raad. Ek sal vir my n' Magnetospeed rail adaptor dan moet aanskaf.
Re: Herlaai data vir 9mm
Posted: Sat Dec 17, 2022 6:58 pm
by Ds J
Gee asb terugvoer oor die toetse?
Dit kan ander help.
Re: Herlaai data vir 9mm
Posted: Sun Dec 18, 2022 6:17 am
by Chris (vdB)
Ds J wrote: Sat Dec 17, 2022 6:58 pm
Gee asb terugvoer oor die toetse?
Dit kan ander help.
Ek wag nog vir my lisensie, maar sodra ek dit gedoen het sal ek die spoed kom deurgee
Dankie vir almal se hulp