Page 1 of 1

Muzzle brake silencer combo

Posted: Sat Jan 14, 2023 4:59 pm
by 30-06
Daar is nou heelwat nuwe ontwerpe waar die 2 gekombineer word. Sommiges is op die voorpunt van die silencer en ander is an die binnekant ingebou. Wat is die voor en nadele van die 2 ontwerpe?
Ek die volgende kommentaar by geweerwinkel gehoor.
Die brake moet naby die kroon sit en nie op punt van silencer
Sal graag wil hoor wat die manne sê.

Re: Muzzle brake silencer combo

Posted: Sat Jan 14, 2023 10:01 pm
by snakker
Die warrior combos wat ek al gesien het (brake voorop) skiet baie mooi, ek sal die posisie van die brake nie die bepalende faktor maak as ek jy was nie

Sent from my M2101K6G using Tapatalk



Re: Muzzle brake silencer combo

Posted: Sun Jan 15, 2023 7:11 am
by Nico Harris
Warrior het n brake binne- net na die thread, en die opsie vir een voor op. Ek weet apw is ook so.

Re: Muzzle brake silencer combo

Posted: Sun Jan 15, 2023 6:52 pm
by Dash431
n Muzzle brake wat effe agtertoe wys, soos Sus-Tac se Cobra, kort gas om effektief te wees. Vir n gegewe lading, hoe meer gas die brake kry, hoe “minder” die recoil. Darem word n brake minder effektief as dit voor sit, maar ek glo nie die verskil gaan groot genoeg wees om n noemenswaardige verskil te maak nie, want die suppressor verminder klaar die recoil.