APM Bullets
Posted: Mon Feb 06, 2023 2:37 pm
Geagte Lede
Ek wil graag van die geleentheid gebruik maak om my besigheid aan julle bekend te stel. APM vervaardig loodkern koeels met n dikker mantel vir die jagmark in Suid Afrika. Daar gaan in die toekoms meer as een reeks onder die vaandel produseer word om voorsiening te maak vir die keuses wat ons as jagters het in terme van koeels. Die eerste reeks wat huidiglik in produksie is en reeds in van die winkels beskikbaar is, is die OTC reeks. Dit is n oop punt koeel met plat basis waarvan die kern teen hoe druk in die mantel geset is. Alle koeels wat deur APM vervaardig gaan word het n tangente ogief om herlaai te vergemaklik.
Die Konsep van die OTC is om n baie bekostigbare geredelik beskikbare koeel op die mark te sit vir SA jagters. Daar gaan ook meer gefokus word op 0.312" en kleiner diameters. Alhoewel die koeels verskriklik goed presteer om kleiner groepies te skiet is dit nie die vaandel waaronder dit bemark word nie. Die 0.243"/6mm en toekomstige 0.264" koeels gaan vervaardig word met n 0.71mm mantel en die 0.277" tot en met 0.312" gaan almal vervaardig word met n 0.91mm Mantel. Dit is aansienlik dikker as huidige kommersiele koeels.
Die eerste diameters wat die lig gesien het is 0.308" en 0.243"/6mm. die verskeidenheid van gewigte is algemeen. APM kan op die huidige oomblik 1000 koeels per dag vervaardig en met huidige ontwikkeling behoort die kapasiteit op te gaan na 2300 koeels per dag Teen 20 Februarie 2023. Verdere produksie verhogings is ook in die pyplyn soos wat die besigheid groei. APM streef daarna om op winkel rakke beskikbaar te wees vir elke jagter om sodoende die afhanklikheid van die Ingevoerde koeels tee te werk en beskikbaarheid daar te stel vir ons eie mense.
Verdere nuus en ontwikkeling sal in die toekoms op hierdie draad gedeel word soos dit plaasvind. Ek glo en hoop dat die Suid Afrikaanse mark die voordeel hieraan sal sien en handelaars is meer as welkom om my te skakel. Aangeheg is ons aanvanklike pryslys en hy gaan drasties vergroot in die nabye toekoms. Die toerusting om .0.312 Koeels te vervaardig is reeds in proses. Die daaropvolgende diameters is 0.264", 0.277" en 0.284"