Page 1 of 2
Musgrave Ammunisie
Posted: Thu Feb 09, 2023 10:25 am
by Cobus Wessels
Goeie Dag,
Ek het onlangs 'n hele klomp pakkies Musgrave 30-06 180g ammunisie gekoop. Die oorspronklike pryse was R9.10 en R9.45!
My navorsing wys dat dit deur Hirtenberg gemaak was. Ek het 'n koeel getrek en deurgesaag. My beste raai is dat dit 'n GameKing punt is. Wat interresant is, is dat die boksie se beskrywing lui: "Vaste kern spits sagtepunt" en "Locked core pointed soft point". Ek het gedink dit gaan Partitions wees want Hirtenberg het op daardie stadium dit in sommige ammunisie gelaai. Die basisse is gestempel "K" en "7" en "mus". Dit is dus waarskynlik lot K van 1977. Dit bevat 45.1 grein van 'n baie fyn balkruit.
Enige iemand wat lig kan werp op die koeel wat gebruik was?
Groete
Cobus Wessels
Re: Musgrave Ammunisie
Posted: Thu Feb 09, 2023 12:15 pm
by Ds J
Kry Hirtenberg se kontakbesonderhede, stuur n epos met n foto.
Hulle behoort te weet, of te kan naslaan.
Re: Musgrave Ammunisie
Posted: Fri Feb 10, 2023 7:43 am
by tripodmvr
1. Kyk hoe mooi groepe jy met die' patrone kry, asook of daar nie vertraagde ontbranding of dooie slagdoppe is nie. Loer sommer na spoed ook. Indien wel gaan dit nie deug as jagammunisie nie. Skiet dit dan op die baan uit en gebruik die doppe as hulle van goeie gehalte is. Ek sou hulle net hittebehandel na soveel jare (anneal).
2. Skiet hulle sonder probleme, maak 'n teiken met nat tydskrifte en kyk hoe presteer die koeëls daarin. Jy sal dan weet hoeveel vleisskade jy kan verwag.
Re: Musgrave Ammunisie
Posted: Fri Feb 10, 2023 11:02 am
by Frikkie Coetzee
Cobus
Ek dink jy slaancdie spyker mooi raak MAAR ek is nie seker dat die koeels wel Sierra koeels was nie. Wel nie ontmoontlik nie.
Ek het altyd gedink at Musgrave Hirtenberg doppe gebruik het en die ammunisie hier vervaardig het. Wat egter lees op die versamelaars forums lyk die konsesus te wees dit was in Oostenryk deur Hirtenberg vervaardig en hiernatoe verskeep het.
Dit is my OPINIE dat Hirtenberg waarskynlik hul eie koeels vervaardig en gebruik het eerder as Sierra e gebruik.
Re: Musgrave Ammunisie
Posted: Fri Feb 10, 2023 12:19 pm
by Cobus Wessels
Dankie vir die terugvoer.
Ek sal die naweek bietjie snelheid en groepering toets. Sal terugvoer gee. Darem al bevestig dat die doppe Boxer primers het - dalk is doppe al wat ek gekoop het wat bruikbaar is...
Re: Musgrave Ammunisie
Posted: Fri Feb 10, 2023 12:23 pm
by James Wilson
Hi Cobus
Kan jy n foto van die boksie plaas?
Het nou met Daan Els gepraat. Hy het in 1977 by Musgrave begin werk en was daar totdat die fabriek toegemaak het. Hy dra geen kennis van die Hirtenberg wat die ammo vervaardig het nie, maar hy meen dit kan wees voordat hy self by die distrubusie van die Musgrave se ammo betrokke geraak het. Maw dit is moontlik dat Hirtenberg dit in die sewentigs gedoen het. Hy het egter in al die tyd wat hy daar betrokke was nooit daarvan gehoor dat Hirtenberg die MUS ammo vervaardig het nie.
Die Musgrave ammo met die bekende bok koppe op die boksie is deur PMP vervaardig met die ''MUS'' op die dop.
Net so bietjie agtegrond:
PMP as filiaal van Krygkor het nie beskik oor hulle eie distribusie kanale nie. Binne Krygkor was Musgrave een van die min entitieite wat spesifiek op die privaat mark gefokus het. Daar is dus besluit(deur Krygkor) om Musgrave aan te stel om ammo te versprei na sy bestaande netwerk van handelaars. Hierdie was n baie ongewilde besluit en beide Swartklip en PMP het gereeld kapsie daaroor gemaak. Hulle wou graag hulle eie distribusie netwerke ontwikkel. Daar is ook verder aangevoer dat deur Musgrave deel van die ketting te maak verhoog dit die koste. Daardie koste het dan twee nagevolge. Dit maak beide Swartklip en PMP, (die plaaslike ammo) duurder as wat dit veronderstel is om te wees, en dit bring tot gevolg dat duurder ingevoerde ammo vir die plaaslike skut meer aantreklik geraak het.
Re: Musgrave Ammunisie
Posted: Fri Feb 10, 2023 2:05 pm
by James Wilson
Hi Cobus
Daan het my teruggebel. Hy het na ons gesprek van vanmore een van sy kolegas gebel wat nog voor hom by Musgrave begin werk het. Hy se Hirtenberg het wel doppe gemaak vir Musgrave in die sewentigs. Dit was egter kortsotndig totdat PMP al die toerusting self gehad het. Hulle kon nie vir my meer info gee oor die koeels en die kruit nie.
Re: Musgrave Ammunisie
Posted: Fri Feb 10, 2023 4:53 pm
by Cobus Wessels
Hi James
Dit is nou baie interessant.
Ek gaan fotos (probeer) plaas.
Ek gaan ook weer die foto's soek wat elders geplaas is van iemand anders se ammunisie wat 'n stempel op het "Made in Austria" - of iets soortgelyk.
Hier is wat ek tans het. Ek moet sê dat jou antwoord beter verklaar hoekom daar die vreemde bewoording van " voorsien deur PMP" daarop staan.
Ek soek verder na die ander fotos
Groete
Cobus Wessels







Sent from my ELE-L09 using Tapatalk
Re: Musgrave Ammunisie
Posted: Fri Feb 10, 2023 4:56 pm
by Cobus Wessels
Hier is die foto wat die proses aan die gang gesit het... Van die internet af.
Sent from my ELE-L09 using Tapatalk
Re: Musgrave Ammunisie
Posted: Fri Feb 10, 2023 5:03 pm
by Cobus Wessels
En ek wonder steeds of die beskrywing van die punt op die boksie nie vandag as misleidend beskou sou word nie....
Sent from my ELE-L09 using Tapatalk
Re: Musgrave Ammunisie
Posted: Fri Feb 10, 2023 5:13 pm
by James Wilson
Ek het iewers nog so n pakkie met 308 180grn. ek gaan dit soek en die koeels trek. Sal jou laat weet wat sien ek
Re: Musgrave Ammunisie
Posted: Fri Feb 10, 2023 7:52 pm
by Cobus Wessels
Ek sien uit. Dankie
Sent from my ELE-L09 using Tapatalk
Re: Musgrave Ammunisie
Posted: Fri Feb 10, 2023 8:47 pm
by Lategan1
James Wilson wrote: Fri Feb 10, 2023 5:13 pm
Ek het iewers nog so n pakkie met 308 180grn. ek gaan dit soek en die koeels trek. Sal jou laat weet wat sien ek
James, dis nou die een met die sagte punt!!
Beste.
Re: Musgrave Ammunisie
Posted: Sat Feb 11, 2023 7:33 pm
by Cobus Wessels
Terugvoer van die baan oor die 3006 Musgrave ammunisie.
10 skoot gem:
2582 fps
ES 57 fps
SD 21.5fps
v90 2322fps
Dus lekker (baie) stadig....
Groepering goed genoeg vir die bos.
Sien aangehegde foto.
Sent from my ELE-L09 using Tapatalk
Re: Musgrave Ammunisie
Posted: Sun Feb 12, 2023 2:51 pm
by Capt. Yoda
Gooi hulle. Ek het bakkie vragte gemsbokke met daai ammo in 308 gerol. Ek het erens nog so groen pak Musgrave patrone wat jare in n bakkie gery het
Re: Musgrave Ammunisie
Posted: Sun Feb 12, 2023 8:55 pm
by Lategan1
Cobus Wessels wrote: Sat Feb 11, 2023 7:33 pm
Terugvoer van die baan oor die 3006 Musgrave ammunisie.
10 skoot gem:
2582 fps
ES 57 fps
SD 21.5fps
v90 2322fps
Dus lekker (baie) stadig....
Groepering goed genoeg vir die bos.
Sien aangehegde foto.
Sent from my ELE-L09 using Tapatalk
Hierdie ammo is of in die Noorde gestoor of in ‘n goeie humiditeit omgewing. Hier in die nat Suide glo ek dit sou ander storie gewees het. Hierdie resultate is indrukwekkend.
Ek het ongeveer 10 jaar gelede ou 30.06 ammo van my oorlede pa begin uitskiet op die baan, dit vinnig gestaak en puntjies getrek ens. Ook 1970/80’s vervaardig.
Dit was kombinasie van Sako en Lapua patrone, dink ook bietjie PMP, toe ongeveer minimum 30 jaar oud. Die humiditeit en vog in die Kaap het dit aangetas en die chemiese reaksie tydens ontbranding drasties verander. Met die skoot se klap, was dit van wisselende intensitiet, party net poef en nie eens op die teiken uitgekom nie! Ek het besluit dit is gevaarlik en of ek verniel my geweer.
Die dopnekke binnekant was groen van kleur weens die brass/koper reaksie, party patrone het opsigtelik gelyk asof dit uitkook van die korosie - hulle het ek uiteraard nie geskiet nie. Opmerklik was dat die koeëls gevoel het asof vasgesweis binne die dopnekke, so styf het die reaksie dit vasgehou tydens die uitkap daarvan.
Dit was gestoor binne ‘n staal kluis en of ‘n instap kluis met ventilasiegate. Humiditeit/ vogtigheid was duidelik ‘n faktor. Daar was kartonne, eierbokse en silika vir vog, maar nie noodwendig gereeld vervang nie.
Beste.
Re: Musgrave Ammunisie
Posted: Mon Feb 13, 2023 10:04 am
by swc-tr
Ek het van 1981 tot 1995 by PMP gewerk, hoofsaaklik in die "handels ammunisie" afdeling.
Die ammo waarna hierbo verwys word, met die "mus" en "K7" kopmerke, is deur Hirtenberg vervaardig en gelaai.
PMP het die invoer, ballistiese aanvaarding toetse en verpakking daarvan behartig, terwyl Musgrave die verspreiding/verkope hanteer het, dit was Krygkor se beleid daardie jare, soos hierbo verduidelik is.
Die koeel is Hirtenberg se eie vervaardiging, gladnie 'n Sierra GameKing nie. Terloops, al Sierra se GameKing reeks het bootsterte.
Hierdie reeks ammo was beskikbaar in .243, .270, .308 en .30-06.
Dit het daardie jare by PMP bekend gestaan as projek "Biltong", in die periode van omtrent 1974 -1979. Die gebruik is gestaak aan die einde van die 1970's, waarna PMP weer sy eie jag ammunisie begin vervaardig het, met boxer doppe. Die strenger internasionale wapen verbod teen Suid-Afrika van die laat 1970's het ook natuurlik bygedra tot die besluit, dit is ook een van die redes waarom daar nie op die verpakking aangedui is wie die vervaardiger was nie. Voorheen (omtrent 1968 - 1973) het PMP wel jag ammunisie gemaak, eers die wit boksie met oranje en blou op, daarna die rooi koedoe boksies, maar hulle het almal Berdan doppe gebruik.
Die "mus" doppe het 1.8mm deursnee vlamgate, sommige herlaai stelle se decapping pins mag daarin vassit. Let op daarna indien die doppe herlaai gaan word.
Re: Musgrave Ammunisie
Posted: Mon Feb 13, 2023 1:43 pm
by Cobus Wessels
Baie dankie vir die baie volledige terugvoer. Dit was nou lekker om hierdie speurtog af te sluit met goeie inligting.
Laaste vraag : is van die ammunisie heruitgevoer (bv Australië toe)? Ek vra na aanleiding van die "produced in Austria" stempel wat op sommige boksies verskyn wat ek op die internet gekry het?
Sent from my ELE-L09 using Tapatalk
Re: Musgrave Ammunisie
Posted: Mon Feb 13, 2023 1:56 pm
by swc-tr
Cobus Wessels wrote: Mon Feb 13, 2023 1:43 pm
Laaste vraag : is van die ammunisie heruitgevoer (bv Australië toe)? Ek vra na aanleiding van die "produced in Austria" stempel wat op sommige boksies verskyn wat ek op die internet gekry het?
Sent from my ELE-L09 using Tapatalk
Jammer, ek dra geen kennis daarvan, kan nie lig daarop werp nie.
Dit is egter seker nie onmoontlik nie.
Re: Musgrave Ammunisie
Posted: Mon Feb 13, 2023 2:43 pm
by Frikkie Coetzee
Dankie Schalk
Daar het ons dit nou uit die perd se bek.
Re: Musgrave Ammunisie
Posted: Mon Feb 13, 2023 6:31 pm
by tripodmvr
Austria = Oostenryk.
Located in Austria, HDE serves as the main production and R&D facility for the Hirtenberger Defence Systems group.
Re: Musgrave Ammunisie
Posted: Tue Feb 14, 2023 11:24 am
by Cobus Wessels
Ek is welbekend met geografie asook Engels. Ek het Wene in Oostenryk (Austria) al verskeie maal besoek en twee jaar in Australie gewerk.
Die vraag was hoekom iemand die moeite sou doen om iets in 'n "Suid_Afrikaaanse" boksie te sit en dan die buitelandse oorsprong daarop stempel terwyl die oorsprong daarvan grootendeels verdoesel was. Daar is verskeie versamelaarsforums wat spekuleer dat van hierdie ammunisie her-uitgevoer was. Daar het 'n lee boksie met so 'n stempel in Australie opgeduik jare gelede. Dalk deur 'n immigrant ingebring? Dalk heruitvoer? Daarom wou ek van die eerstehandse kenner weet of hy enige iets weet hieromtrent.
Re: Musgrave Ammunisie
Posted: Tue Feb 14, 2023 7:32 pm
by wlm
Ek het 243 doppe met die kopmerke MUS op. Gaan vir die interessantheid die doppe weeg en terugvoer gee.
Re: Musgrave Ammunisie
Posted: Wed Feb 15, 2023 6:05 am
by Cobus Wessels
Dit sal interessant wees om ook die vlamgate te probeer meet en vergelyk met jou ander doppe
Sent from my ELE-L09 using Tapatalk
Re: Musgrave Ammunisie
Posted: Wed Feb 15, 2023 9:37 pm
by wlm
Cobus Wessels wrote: Wed Feb 15, 2023 6:05 am
Dit sal interessant wees om ook die vlamgate te probeer meet en vergelyk met jou ander doppe
Sent from my ELE-L09 using Tapatalk
Ek sal oor die naweek kyk en laat weet.