Page 1 of 1
Cast iron vir gong
Posted: Tue Feb 14, 2023 11:15 am
by NicoO
More,
Ek het n lekker grootte cast iron plaat wat ek nie meer gebruik nie. Het iemand dit al is n gong gebruik op afstande anderkant 500m met kalibers in die 6mm-6.5 klas. Sal hy darm hou of vinnig ingee?
Groete
Re: Cast iron vir gong
Posted: Tue Feb 14, 2023 12:31 pm
by Toyrsi
Cast Iron is maar n baie bros metaal en het geen taai einskappe soos VRN of Hardox nie. Glo jy gaan reg deur the plaat skiet.
Re: Cast iron vir gong
Posted: Tue Feb 14, 2023 1:24 pm
by Arnold
Daai plaat gaan kraak en uitmekaar val.
Re: Cast iron vir gong
Posted: Tue Feb 14, 2023 1:55 pm
by NicoO
Dankie julle!
Re: Cast iron vir gong
Posted: Wed Feb 15, 2023 7:29 am
by Lategan1
Arnold wrote: Tue Feb 14, 2023 1:24 pm
Daai plaat gaan kraak en uitmekaar val.
Net so.
Gegote plaat is “hard and brittle”, nie “rock tough” nie.
Beste.
Re: Cast iron vir gong
Posted: Wed Feb 15, 2023 8:28 am
by tripodmvr
Braai vleis op hom!!!!
Re: Cast iron vir gong
Posted: Wed Feb 15, 2023 8:31 am
by NicoO
Oom Driepoot, dit reen so baie hier in Tzaneen die laaste week, mens kan nie eers onder dak braai nie!
Re: Cast iron vir gong
Posted: Wed Feb 15, 2023 9:01 am
by tripodmvr
Ek kan nie eers sê stuur die reën hierna toe nie. Sous net so lekker by ons.
Re: Cast iron vir gong
Posted: Wed Feb 15, 2023 10:41 am
by LoopSoosStroop
Hoe dik is hierdie plaat?
Re: Cast iron vir gong
Posted: Wed Feb 15, 2023 11:05 am
by Aceofspades
Ek stem saam met die braai plaat idee.
Die cast iron gaan kraak
Sent from my BV9900E using Tapatalk
Re: Cast iron vir gong
Posted: Wed Feb 15, 2023 11:35 am
by Lategan1
Ek het nagelaat, behalwe vir uitmekaar bars kan dit ook skrapnel vorm.
Hoef niks meer te sê nie!
Beste.
Re: Cast iron vir gong
Posted: Wed Feb 15, 2023 4:19 pm
by NicoO
Dankie julle, hier is darm nie gevaar by my nie, skiet in die mopanies in, as hy breek is daar nie gevaar nie… die plaat is 18mm dik, het toe vanoggend gou 2x rondtes geskiet op 400m vir my eie nuuskierigheid…
Hy maak lekke duike met die 6.5, sal defnitief nie lank hou nie. Sy klank is ook anders as met die regte gong plate, meer dof. Ek sit foto by!
Dankie vir julle insae
