Ons wil dalk n draai maak en n paar dae gaan lyn nat maak.Het plek gehad langs Vaalrivier ma dis nou uit.
Wil in een van hul huisies bly.
Ken glad nie die plek nie.
Is die plek darm netjie, hoef nie luuks te wees nie net netjies.?
En veilig?
Sal info waardeer.
Dankie
Dennekruin Roodekoppies navraag
- Jaco v Zyl
- Hero Member

- Posts: 729
- Joined: Wed Apr 01, 2015 4:39 pm
-
JDEls
- Full Member

- Posts: 215
- Joined: Wed Apr 20, 2016 1:37 pm
Re: Dennekruin Roodekoppies navraag
Dalk is die huisies beter, maar daar word baie rondgedwaal in die oggendure.
Ons het 'n ruk gelede daar gekamp, dit was rondom 2014. Die wetters het my tent oopgesny en binne gekom, foon en karsleutel onder my matras gevat.
Familie wat saam was se tent ook gesny en alles binne gevat.
Die buurtwag het gesê dis 'n algemene storie en dat hulle iets spuit of brand in die tent wat help dat jy nie wakker word nie. Hulle het ons leeg gedra. Die bure het gesien wat gebeur en die klomp toe gejaag.
'n Vriend van my het ook as 'n groep rondom 2011 / 2012 / 2013 se kant daar gebly, ook gekamp. Hulle was ook beroof, die wetters het wapens by hulle gehad. Daar was op mekaar geskiet daai aand / oggend. Die groep vriende het veilig daarvan af gekom, maar een van die rowers is hel toe gepos. Die sleg van alles, my vriend is toe vir baie maande sonder 'n pistool weens forensiese ondersoeke.
Hierdie insidente het wel paar jaar gelede gebeur, dit was die laaste keer wat ek daar was. Maar ek kan nie sien hoe enigiets kon verbeter het nie. Hulle knip die drade en beweeg deur die veld. Ek kry die eienaar jammer want ek dink nie daar is veel wat hy verder kan doen om die plek te beveilig nie.
Sterkte met jou besluit. Ons het wel baie lekker daar gevang. Sover ek verstaan is daar ook krokodil in daai water, maar ek het persoonlik nog nie gesien nie.
Sent from my CPH2371 using Tapatalk

- Lourens Potgieter
- Hero Member

- Posts: 883
- Joined: Fri Jun 15, 2012 10:07 am
Re: Dennekruin Roodekoppies navraag
Daar is beslis krokke daar, al self gesien. Ek persoonlik slaap glad nie by Roodekoppies oor nie.
- Jaco v Zyl
- Hero Member

- Posts: 729
- Joined: Wed Apr 01, 2015 4:39 pm
Re: Dennekruin Roodekoppies navraag
Dankie julle
Ek verseker nie lus om oor my skouer te kyk die heeltyd nie.