Page 1 of 1

So wie het rollie jag planne?

Posted: Sun Mar 26, 2023 8:05 am
by Lapua
Ek is besig om doppies te prep vir my 454 Casull en toe wonder ek wie anders het ook hand wapen jag planne die jaar?

Self jag ek elke jaar n dier of 2 met my hand wapens maar ek het nooit iets spesefieks wat ek met hulle skiet nie, dit is maar gewoontlik maar wat in my pad kom. Meeste van die tyd is dit maar Rooibokke en varke. Die jaar wil ek spesifiek n groot Koedoe bull skiet.

Deel bietjie julle planne en dalk so paar fotos.

Re: So wie het rollie jag planne?

Posted: Sun Mar 26, 2023 8:25 am
by Ds J
Hoe penetreer die 454 Casull op die wild wat jy al geskiet het? Ek neem aan die koeëls trek reg deur n vark en rooibok?

Re: So wie het rollie jag planne?

Posted: Sun Mar 26, 2023 8:44 am
by Lapua
Hi Ds J,

Ek kon nog nie koeels herwin as ek met die .454 jag nie.Ek verwag ook dieselfde resultaat op n Koedoe bul. Al handwapen waar ek nog n koeels kon herwin was toe ek nog met my 7mm TCU Contender gejag het. Natuurlik was al die skote nog binne afstande wat vir my veilig gevoel het.

Re: So wie het rollie jag planne?

Posted: Sun Mar 26, 2023 8:56 am
by Rudi Fischer
Ek jag ook die jaar met my SBH in 44mag.
Ek is opsoek na n Waterbok bul.

Re: So wie het rollie jag planne?

Posted: Sun Mar 26, 2023 4:27 pm
by afrikanerbloed
Ook hard aan die oefen met my 454.
Ek sal ook graag n Koedoe bul of Gemsbok wil skiet.
My maksimum skoot afstand is 50m en ek sal 300 grn hardcast skiet.Wil nie twyfel as ek n skoot van voor kry nie.
Ek skiet met n Ultra dot wat se red dot kan verstel,1moa ,2 ,3 en 4.
Sal op 2 moa skiet siende dit is waarop ek oefen
Ek gee myself n week bo in die bosveld.
Groete
Johan

Re: So wie het rollie jag planne?

Posted: Mon Mar 27, 2023 7:13 am
by swc-tr
Bwb op die spyskaart by Marble Hall vir my vanjaar.
Ruger Blackhawk .45 Colt met 350gr gegote loodkoeel teen 1200vps.
Lynx red dot.

Re: So wie het rollie jag planne?

Posted: Mon Mar 27, 2023 1:15 pm
by JAGTERSREG-JRM
Handwapen jag is nou nie baie groot nie maar moet se ek geniet dit so dan en wan, gebruik myne gewoonlik as ek bietjie oor my budget geskiet het. Ek het tans TC 7mm TCU met n bushnell scopie op, en die 454 Casull in Ruger met n Aimpoint en dan wag ek vir TC 30-30 se lisensie. Het al hele paar goedjies met die 454 geskiet met 300gr XTP's en werk goed. Akkuraatheid is redelik goed maar hang baie af van die drywer, groepering op 80meter is so om en by 1 duim en hoop om elkeen van die handwapens n kans te gee die jaar

Re: So wie het rollie jag planne?

Posted: Mon Mar 27, 2023 4:19 pm
by Lapua
Hi Kobus,

Daai 300gr XTP is n baie sterk koeel, maar hulle is hoender tande. Ek skiet maar die 240gr XTP Mag want hulle is redelik bekombaar. Ek wil nou ook 300gr Hardcast van Fanatac bestel maar niemand andwoord die foon nie. So ek weet nie of hulle nog besigheid doen nie.

Re: So wie het rollie jag planne?

Posted: Mon Mar 27, 2023 4:28 pm
by JAGTERSREG-JRM
Lapua wrote: Mon Mar 27, 2023 4:19 pm Hi Kobus,

Daai 300gr XTP is n baie sterk koeel, maar hulle is hoender tande. Ek skiet maar die 240gr XTP Mag want hulle is redelik bekombaar. Ek wil nou ook 300gr Hardcast van Fanatac bestel maar niemand andwoord die foon nie. So ek weet nie of hulle nog besigheid doen nie.

Ek het daai tyd darm hele klomp gelaai en sien hulle is nou skaars. Ander opsie is peregrine se koele (sal my twede keuse wees). Dalk iets soos die hogs sal mooi loop. Het baie goeie resultate met hulle in 45/70. Het ook al hardcast oorweeg maar moulds is ook n pyn

Re: So wie het rollie jag planne?

Posted: Mon Mar 27, 2023 5:58 pm
by swc-tr
Kobus en Lapua, sal julle belangstel in hierdie koeël wat ek self giet? 350gr platpunt 20Bhn hardheid, .452" Kontak my op die privaat kanaal.
1135_resized.jpg
129_resized.jpg
Sent from my SM-A125F using Tapatalk


Re: So wie het rollie jag planne?

Posted: Mon Mar 27, 2023 6:46 pm
by JAGTERSREG-JRM
Lyk interesant, dink hulle gaan n stampie he.

Re: So wie het rollie jag planne?

Posted: Tue Mar 28, 2023 7:33 am
by Lapua
Ek sal in kotak wees

Re: So wie het rollie jag planne?

Posted: Tue Mar 28, 2023 8:54 pm
by Alwin
swc-tr wrote: Mon Mar 27, 2023 5:58 pm Kobus en Lapua, sal julle belangstel in hierdie koeël wat ek self giet? 350gr platpunt 20Bhn hardheid, .452" Kontak my op die privaat kanaal.1135_resized.jpg129_resized.jpg

Sent from my SM-A125F using Tapatalk
Daai 350gn lyk na besigheid!

Re: So wie het rollie jag planne?

Posted: Tue May 02, 2023 7:56 am
by Drenalinjunkie
Ds J wrote: Sun Mar 26, 2023 8:25 am Hoe penetreer die 454 Casull op die wild wat jy al geskiet het? Ek neem aan die koeëls trek reg deur n vark en rooibok?
Ek het met my 454 Casull n kameelperd met een skoot planke toe geskiet. Penetrasie was vanaf die een blad tot in die anderkantste blad. Geno was saam met my so hy kan getuig.

Re: So wie het rollie jag planne?

Posted: Thu May 04, 2023 7:36 pm
by Rudi Fischer
Terwyl ek herstel van n liesbeek opperasie het ek besluit met die hulp van Johan Kriek om n paar koeels te maak vir die jag seisoen.

Het Johan se 180gr hollow point .429 gevat totdat ek myne kan klaar ontwerp en lood vas bond.


Het uit gekom op n 260gr

Image
Image
Image

Re: So wie het rollie jag planne?

Posted: Fri May 05, 2023 8:00 am
by Capt. Yoda
Ek het hul vanogend op die gram gesien, daai koels lyk baie baie smart! Nou kort ons vir 357 ook ++>:

Re: So wie het rollie jag planne?

Posted: Fri May 05, 2023 8:23 am
by Henlo
Ek sal ook heel voor in die ry staan vir 357 punte

Re: So wie het rollie jag planne?

Posted: Fri May 05, 2023 9:40 am
by Rudi Fischer
Henlo wrote:Ek sal ook heel voor in die ry staan vir 357 punte
Op n 357 … watse gr sal julle wil sien ?

140gr
158gr

Dink dit kan ook baie lekker werk in die manne met lever guns

Re: So wie het rollie jag planne?

Posted: Fri May 05, 2023 10:13 am
by Aceofspades
O, julle het ook bôggerol liefde vir 'n koper koëel nieImageImageImageImage

Rudi, dit lyk al te pragtig man.

Ek sal so paar 357's vir jou stuur, dan kyk jy wat slag hulle uit met jou lood konkoksie.ImageImage

Sent from my BV9900E using Tapatalk


Re: So wie het rollie jag planne?

Posted: Fri May 05, 2023 12:26 pm
by Henlo
Ek is nie baie gepla oor die gewig nie, solank hy teen die spoed oopmaak en natuurlik goeie gewig behou sal ek happy wees, ek los die moeilike werk vir die experts

Re: So wie het rollie jag planne?

Posted: Fri May 05, 2023 5:04 pm
by Cobus Wessels
Kan net dink hoe lekker ek my 30-30 met daai sal laai.....Ek is ook in die tou

Sent from my SM-G991U1 using Tapatalk


Re: So wie het rollie jag planne?

Posted: Sun May 07, 2023 5:15 pm
by Armand Steenkamp
Ek het ook planne gehad om met my Ruger super redhawk n vark te loop skiet maar my wonnerlike diens van my DFO naak dat ek nie gou liksens sal he nie. Ek moet ook maar nog oefen. Sukkel maar nog met die groot rollie

Re: So wie het rollie jag planne?

Posted: Fri May 19, 2023 4:32 pm
by Rudi Fischer
Het vandag so bietjie met die 357 gespeel.
Het in gekom as n 135gr 38/357.

Image
Image