Page 1 of 1

Wie in SA bou Semi Outos

Posted: Tue Mar 28, 2023 8:27 am
by musgrave270
More manne

Soos die opskrif lees, wie in SA bou semi outos? Ek weet Truworx het op n stadium gebou en Musgrave bou ook. Is daar nog ander?

Groete
Ruan

Sent from my YAL-L21 using Tapatalk


Re: Wie in SA bou Semi Outos

Posted: Tue Mar 28, 2023 8:34 am
by Arnold
Daar is die DM4 (hoor by Dave Sheer), en die SAI wat Spartan Arms International aanmekaarsit. Onlangs het Truvelo ook een begin bou.

Re: Wie in SA bou Semi Outos

Posted: Tue Mar 28, 2023 8:41 am
by musgrave270
Dankie Arnold

Die man soek n 308 met n 20" of 22" loop met n spesifieke twist vir n spesifieke doel. Ek het vir hom Spartan Arms se besonderhede gestuur aangesien dit lyk of hul miskien iets op die rak kan aanhou wat kan werk maar ek het nie geweet hul vervaardig ook hul eie nie.

Sent from my YAL-L21 using Tapatalk


Re: Wie in SA bou Semi Outos

Posted: Tue Mar 28, 2023 8:54 am
by Arnold
Baie van die plekke sit maar AR15s aanmekaar en vervaardig nie die komponente nie.

Vir 'n 308 opsie kan hy ook vir Southernsky kontak wat Aero Precision invoer en moontlik aan sy behoeftes sal voldoen.
Dan plekke soos Spartan Arms en Tactical HQ wat dalk iets op die rak het.

Re: Wie in SA bou Semi Outos

Posted: Tue Mar 28, 2023 9:18 pm
by SakoTrippel2
Tusker Firearms is 'n ander een wat ek al van gehoor het.. Weet nie of hulle ooit van die grond af gekom het nie. Dit was hier 2016/17 rond.

Re: Wie in SA bou Semi Outos

Posted: Wed Mar 29, 2023 8:54 am
by Vissie
Praat met Gerrit-Jan by Hailstorm as jy ‘n AR wil bou.

Re: Wie in SA bou Semi Outos

Posted: Wed Mar 29, 2023 9:49 am
by Klein Karoo
SakoTrippel2 wrote: Tue Mar 28, 2023 9:18 pm Tusker Firearms is 'n ander een wat ek al van gehoor het.. Weet nie of hulle ooit van die grond af gekom het nie. Dit was hier 2016/17 rond.
Sal ook graag wou weet wat met dit gebeur het.

Re: Wie in SA bou Semi Outos

Posted: Wed Mar 29, 2023 10:03 pm
by Alwin
SakoTrippel2 wrote: Tue Mar 28, 2023 9:18 pm Tusker Firearms is 'n ander een wat ek al van gehoor het.. Weet nie of hulle ooit van die grond af gekom het nie. Dit was hier 2016/17 rond.
Die produk was uitstekend, maar het nie van die grond af gekom nie weens 'n gebrek aan finansiering.

Tans word die Truvelo, DM4 en Musgrave AR-gewere almal deur Truvelo gebou met Truvelo se eie lope.

Re: Wie in SA bou Semi Outos

Posted: Thu Mar 30, 2023 7:42 am
by Dirkvh
Izak Hatting van Trueworx in Bloemfontein

Re: Wie in SA bou Semi Outos

Posted: Wed Jun 07, 2023 4:54 pm
by NicovanderMerwe
Ek hoor graag net nuwe lewe op die post, ek is opsoek na 20" 308 of 6.5CM in AR platform. Wil bene rek tot op 1000m. Enige raad waar begin soek ek?

Re: Wie in SA bou Semi Outos

Posted: Sat Jun 10, 2023 7:45 am
by Jaco Bezuidenhout
More Musgrave in Ermelo bou ook semi autos

Re: Wie in SA bou Semi Outos

Posted: Wed Feb 25, 2026 4:51 pm
by tau
Middag

Ek verstaan SAI bou nou 'n AK/Saiga 7.62x39. Enige iemand hier ervaring of info van dit?

Ek is die laaste tyd lus vir 'n kommunistiese semi auto.

Re: Wie in SA bou Semi Outos

Posted: Wed Feb 25, 2026 6:26 pm
by tripodmvr