Page 1 of 1

Nagsig raad asseblief?

Posted: Sun Apr 02, 2023 3:06 pm
by Vissie
Middag,

Ons wil graag bietjie in die nag begin skiet. Kan julle my asseblief raad gee?

Ek wil verskeie gewere gebruik om in die donker te kan skiet. Wat is die beste manier om dit te doen? Ons kyk na ATN se 4k Pro 5-20x of na ‘n clip-on stelsel soos die Pard007s.

‘n Paar vrae:

Nagsig vs Thermal?

Met die ATN sal ek meer as een moet koop om elke geweer toe te rus. Behalwe vir die koste, hou ek nie van die idee dat die gewere in die dag minder geskik gaan wees nie.

Die Pard lyk bekostigbaar. Is dit gebruikersvriendelik? Wat behels dit om die eenheid te skuif vanaf een geweer na ‘n ander?

Enige ondervinding met Hikmicro produkte?

Enige voordele of nadele wat ek in ag moet neem?

Kan iemand my verwys na ‘n handelaar in Gauteng waar ek na ‘n Pard kan kyk?

Dankie.

Re: Nagsig raad asseblief?

Posted: Sun Apr 02, 2023 3:16 pm
by Lategan1
Ek reken jy moet begin by Geno!

Beste.

Re: Nagsig raad asseblief?

Posted: Sun Apr 02, 2023 8:14 pm
by Ratel
Lategan1 wrote: Sun Apr 02, 2023 3:16 pm Ek reken jy moet begin by Geno!

Beste.
Jip begin by Geno. En hy doen eerlike besigheid en gee goeie raad uit ondervinding. Baie tevrede met my ATN Mars 4 HD wat ek by Geno gekoop het.

Re: Nagsig raad asseblief?

Posted: Mon Apr 03, 2023 6:05 am
by Fanta300
Vir Pard kontak vir Kobus by +27 82 483 0316

Re: Nagsig raad asseblief?

Posted: Tue Apr 25, 2023 8:04 am
by Willie
Ek wil ook graag meer weet oor Hikmicro. Is daar enige iemand wat dit gebruik ?

Re: Nagsig raad asseblief?

Posted: Tue Apr 25, 2023 8:20 am
by Capt. Yoda
Ek het al met Hikvision se een handheld unit en met die een clipon gespeel (dink die clipon was die Thunder of so iets).
Ek het nie regtig ondervinding met ander nie maar was nogals heel in my noppies met die 2 produkte van Hikvision, ons gebruik van hul Thermal kameras ook wat baie goed werk.

Wag maar vir Geno hy sal seker n goeie opinie kan gee oor die verskillinde opsies