Page 1 of 1

Wat het van die duiwe geword?

Posted: Fri May 19, 2023 8:23 am
by Braveheart
Dit wil voorkom of die duiwe in Bloemfontein wegraak tot voordeel van baie sonneblom boere. Aan die begin van die sonneblom seisoen was die duiwe in oorvloed en eweskielik is hulle weg. Ek het 6 boer vriende gebel wat jeubel dat die duiwe nie by hulle is of was tydens strooptyd nie. Met die vroee sonneblom was die duiwe in oorvloed maar die laaste maand sukkel ons om duiwe te kry. Ek weet hulle kan nie net verdwyn nie maar dit wil voorkom of hulle nie meer naby en rondom Bloemfontein vreet nie. Selfs by die geweerwinkels is daar geen uitnodiggings van boere om te kom help met die duiwe nie. Die die eerste keer in baie jare dat ons sukkel om duiwe te skiet. Het die ander haelgeweer manne dieselfde probleem?

Re: Wat het van die duiwe geword?

Posted: Fri May 19, 2023 9:08 am
by win270
Interessante waarneming, sal graag wil hoor wat die rede/s hiervoor is.

Re: Wat het van die duiwe geword?

Posted: Fri May 19, 2023 9:38 am
by Braveheart
Ek weet nie maar dinge het verander.
Eende, Kolganse en Makoue is weer die wereld vol weens die baie reen. Ons het laas naweek lekker eende geskiet in die Luchoff distrik maar die hoeveelhede was maar baie klein te danke aan die baie water.

Re: Wat het van die duiwe geword?

Posted: Fri May 19, 2023 11:09 am
by win270
My neef vertel dat hy deesdae weer groot swerms kraanvoëls op sy lande sien, Oos-Kaap. Dit was vir dekades lank nie die geval nie. Hulle veroorsaak natuurlik groot skade met lusern en ander gewasse.

Re: Wat het van die duiwe geword?

Posted: Fri May 19, 2023 12:00 pm
by Braveheart
Het ook baie Kraanvoels gesien tussen Luchof en De Aar.
Ek sien ook die laaste tyd baie Gompoue. Dis nogal positief vir die natuur.

Re: Wat het van die duiwe geword?

Posted: Fri May 19, 2023 2:29 pm
by Forester
Ons seisoene verskil in die Wes-Kaap, maar hierdie jaar was een van my beste seisoene nog (Nov-Feb)

Re: Wat het van die duiwe geword?

Posted: Fri May 19, 2023 5:31 pm
by tripodmvr
'n Paar jaar gelede het ons by Brandfort duiwe geskiet op sonneblom. Dit was 'n leerskare duiwe wat soggens vanaf Bloemfontein ingevlieg het. Dit lyk soos miere wat oor die randjies aankom.

Re: Wat het van die duiwe geword?

Posted: Mon May 22, 2023 6:21 am
by Theunodb
Ons was die naweek in tuinplaas vir ‘n jaarlikste skiet, en het net so gesukkel. Laasjaar het ons geskiet dat die hout op jou geweer warm geword het. Hierdie jaar het ons minder as 10 oor 2 dae geskiet. Daar was niks duiwe waar ons was nie

Re: Wat het van die duiwe geword?

Posted: Mon May 22, 2023 10:27 am
by Braveheart
Dankie Theuns, dis regtig teleurstellend. Ek was Saterdag oggend weer in die veld maar kon slegs 'n paar kry. Later die middag is ek na Maccauw Clay Target club n paar rondtes gaan skiet.