Page 1 of 5

Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?

Posted: Sun May 21, 2023 5:18 pm
by JGZ
Image
Image

Goeienaand julle,

Ek sukkel met my pa se 223 wat nie wil skiet nie. Die geweer gooi 2 rondtes uit lukraak en skiet die ander 3 baie mooi. Dit is n CZ527. Die geweer is gebed so ek vermoed nie die geweer druk iewers nie. Kan dit die aksie skroewe torque wees? Ek is taamlik raad op en vermoed die geweer is n dud.
Alle hulp word waardeer…

Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?

Posted: Sun May 21, 2023 5:20 pm
by henk.spioenkop
Oopvisier geskiet of scope?

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?

Posted: Sun May 21, 2023 5:33 pm
by JGZ
100m 5 groep skote geskiet met teleskoop.

Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?

Posted: Sun May 21, 2023 5:35 pm
by henk.spioenkop
Is daar nie iets los soos ń rail of ringe?

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?

Posted: Sun May 21, 2023 5:36 pm
by Arnold
Silencer?
Scope en scope ringe?
Loop se twist en koeëls?
Drukpunt op die loop, of minstens wanneer jy skiet?
Los aksie skroewe
Magesyn boks druk teen die aksie vas en sit nie los nie ... tensy hy nou n los magesyn het.
Maak die slot binne skoon
Hoe lyk die kroon?
Is die kolf nie dalk gekraak iewers nie.

Baie sleg as dinge nie lekker wil werk nie :(

Sent from my SM-A528B using Tapatalk

Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?

Posted: Sun May 21, 2023 5:48 pm
by JF123
Watter ammunisie gebruik jy?

Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?

Posted: Sun May 21, 2023 6:12 pm
by JGZ
Arnold wrote:Silencer?
Scope en scope ringe?
Loop se twist en koeëls?
Drukpunt op die loop, of minstens wanneer jy skiet?
Los aksie skroewe
Magesyn boks druk teen die aksie vas en sit nie los nie ... tensy hy nou n los magesyn het.
Maak die slot binne skoon
Hoe lyk die kroon?
Is die kolf nie dalk gekraak iewers nie.

Baie sleg as dinge nie lekker wil werk nie :(

Sent from my SM-A528B using Tapatalk
Geen silencer
Ek het een van my NF nx8s opgesit met NF ringe, getorque op spec
1/9 twist loop. Kroon lyk vir my 100 maar kan dit laat oorsny. Dalk die moeite werd.
Lapua doppe, 55gr vmaxe, S321 op nodespoed. Ek is seker die lading werk agv die 3 skote wat goed lyk
Aksie skroewe is vas, getorque 45 inch pounds
Kolf is nie gekraak nie
Die magesyne sit nogals styf. Ek gaan n groep of twee single feed en kyk of dit dalk dit is.
Ek het al gewonder of dit nie dalk die loop is wat druk iewers nie. Gaan die barre channel oop maak en kyk.

Ek was van plan om vir my pa n mdt lss gen 2 xl te kry vir die kettie maar twyfel nou sterk.

Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?

Posted: Sun May 21, 2023 6:21 pm
by Arnold
Kyk bietjie vir donuts in die doppe en afhangend hoe diep jy seat kan dit n verskil maak.

Ek neem aan daar is n picatinny rail op die geweer. Maak seker hy is vas.

Jy kan maklik kyk of die loop free float, toets dit voor jy dit verder oopmaak.

Sent from my SM-A528B using Tapatalk

Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?

Posted: Sun May 21, 2023 7:33 pm
by fanies7772
Neem aan jy gebruik SRP magnum primers

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?

Posted: Sun May 21, 2023 7:48 pm
by jdpretorius
Jy kan dalk ook loer of daar nie n carbon ring is wat pla nie.....maar dink so iets maak dalk dat dinge meer stelselmatig suid gaan.
Die donut ding sou ook my eerste vermoede wees.

Sent from my SM-A536E using Tapatalk

Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?

Posted: Sun May 21, 2023 8:22 pm
by JGZ
fanies7772 wrote:Neem aan jy gebruik SRP magnum primers

Sent from my iPhone using Tapatalk
Nee br4 primers.

Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?

Posted: Sun May 21, 2023 8:38 pm
by fanies7772
Selfde met my .223 gehad, magnum primers het die probleem opgelos. Verseker dat al die kruit verbrand word

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?

Posted: Sun May 21, 2023 8:42 pm
by fanies7772

Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?

Posted: Sun May 21, 2023 8:55 pm
by Lamtjop
JGZ as jy n pakkie Hornady 55gr Vmax ammo in die hande kan kry kan jy dit probeer, uit die 4 CZ223's wat ek al mee te doen gehad het, het almal uistekend daarmee geskiet. As die geweer uitmekaar gehaal was moet jy kyk dat die bottom metal reg ingesit is. Die trigger gaurd, bottom metal en magasyn kas is als een stuk, maar die magasyn release levertjie is los, hy druk die magasynkas skeef en dan pas magasyn kas se bokant nie perfek in die onderkant van die aksie nie. As jy die slot oopmaak en magasyn uithaal kyk van bo af dat magasynkas en die aksie presies inmekaar pas met geen gaps nie. Die kolf by agterste aksie skroef het ook n los pillar in om te keer dat jy die hout te veel kompakteer met die vasdraai, maak seker hy is nog daar. n Lading wat by die 2 wat ek voor herlaai goed werk is n 50gr vmax, 26gr S321 of Riflex en n cci450 primer. Hoop jy wen hom.

Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?

Posted: Sun May 21, 2023 8:57 pm
by Lamtjop
O ja, onthou dis n mini mauser aksie wat nie eintlik gemaak is vir pushfeed nie, so as jy single feed moet dit nogsteeds uit magasyn wees.

Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?

Posted: Sun May 21, 2023 9:27 pm
by win270
So effens tong-in-die-kies, stuur die gegewens vir ChatGPT en vra wat is die rede? Oom Marius kan dalk help daarmee.

Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?

Posted: Mon May 22, 2023 1:26 am
by JF123
ń Kroon gesny met ń ystersaag gee nie so groot verlies van presiesheid nie. Ek twyfel dat die man nou al sal donuts kry; dit is ń 223. En net omdat 3 uit 5 skote op mekaar is, beteken nie dit ís ń goeie lading nie.

Ek sal dink dit ís ń drukpunt op die loop of iets nie lekker met die bedding nie. Lading en/of komponente in 3rde plek. Ek het al soortgelyke groepe gekry met Hornady 62gr koeëls en S321.

Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?

Posted: Mon May 22, 2023 5:14 am
by ruaanb
As magasyn styf sit word iets iewers skeef gedruk. Kyk wat gebeur as jy aksie skroewe vas maak teen 35.

Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?

Posted: Mon May 22, 2023 6:00 am
by Apie
As jy jou 223 teen naby maks druk skiet gaan jy donuts kry na skoot 4 of 5 per dop.

Baie manne skiet kort 55gr Punte en ‘seat’ nie tot in die donut nie en weet dit nooit.

Hoeveel akote het jou doppe al geskiet? Voel af kan jy ‘n punt in ‘n doppie laat inval wat klaar geskiet is en laat weet

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?

Posted: Mon May 22, 2023 2:57 pm
by JGZ
Apie wrote:As jy jou 223 teen naby maks druk skiet gaan jy donuts kry na skoot 4 of 5 per dop.

Baie manne skiet kort 55gr Punte en ‘seat’ nie tot in die donut nie en weet dit nooit.

Hoeveel akote het jou doppe al geskiet? Voel af kan jy ‘n punt in ‘n doppie laat inval wat klaar geskiet is en laat weet

Sent from my iPhone using Tapatalk
Nee nog besig met die tweede rondte op die stel doppe tans. Defnitief nie donuts nie, ek kyk gereeld en seat korter op die geweertjie (maks tpl is maar 2.263 in die lande). Ek vermoed dit is n druk punt iewers op die kolf. Gisteraand als afgehaal, uigehaal en getorque. Gaan moreaand n kontrole skiet met n pakkie hornady 55gr winkel pille en kyk.

Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?

Posted: Mon May 22, 2023 9:53 pm
by Alwin
Ek het al baie gesien dat 'n 1:9" of 1:8" loop 223 so maak met 55gn koeëls.
Dit het eintlik nie direk met die groefdraai te doen nie, maar die gewere met die vinniger groefdraai het gewoonlik 'n langer vryboor. Dit maak dat koeëls met 'n korterige dravlak soms bont skiet. Dis nou oor die algemeen, jou CZ kan dalk anders wees.
My voorstel is om 60gn VMax'e te probeer of enige van die 68-69gn match koeëls.

Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?

Posted: Mon May 22, 2023 10:47 pm
by JF123
Miskien is die Kaap anders, maar ek kon nog nie ń nuwe 223 opspoor wat ń vryboor het wat langer as standaard is nie, ongeag die groef draai.

Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?

Posted: Tue May 23, 2023 11:42 am
by dennisinpe
Kyk op Youtube kanaal Winning in the Wind en soek vir 'This mistake will cost you accuracy'.
Sluit aan by wat Alwin noem as moontlike oorsaak.

Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?

Posted: Tue May 23, 2023 2:14 pm
by Capt. Yoda
Daai is iets meganies, kyk na daai magasynkas wat stuif is en na wat Ruaan daar oor gese het

Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?

Posted: Wed May 24, 2023 8:03 am
by JGZ
Raait.
Het die geweertjie se kroon laat sny.
Het alle skroewe oor getorque.

Het n pakkie winkelpille geskiet, 5 skoot groeperings uit die magesyn sowel as n 5 skoot groep enkel gevoer uit die magesyn en die magesyn verwyder met elke skoot. Dieslefde gedoen met die node lading, sowel as n 5 skoot groep met CCI 450 primers.

Niks gemaak. Ek is vas oortuig dit is die kolf wat iewers n druk punt veroorsaak. Ek gaan wel gou vanaand groeperings loop skiet met langer tpl gemeet vanaf die ogive (0.01 vanaf die lands) en kyk wat gebeur.