Wil graag 454 Casull ladings gesels
Posted: Sat Jun 03, 2023 3:19 pm
Middag almal
Ek het van die manne hier probeer pm maar die funksie wil blykbaar nie aan my kant werk nie.
Ek het die week ladings gaan skiet met Hodgdon Lil Gun en 300grn Xtp.
Begin lading: 29grn op in 0.5 grn inkremente na maks lading van 31grn.
By 30grn het die eerste doppe al vas gesit [dws druk tekens] Eerste keer in 18 jaar .
Het nie toegang gehad tot n chrony nie so kan nie se wat spoed was nie.
So help my asb dink hoekom druk tekens met n kruit wat volgens Hodgdon 39000 CUP teen maks lading van 31grn lewer in vergelyking met Hodgdon H110 wat 44200 CUP gee teen n maks lading van 30grn
Ek het na LIL Gun gegaan want daar was niks Vita N110 of H110 wat ek voorheen gebruik het nie.In die Usa het ek W296 gebruik en in die begin S265 toe ek weer terug by die huis was.
Met al die kruite kon ek laai na maks ladings sonder druk tekens of n primer wat wil krater.
Hodgdon beveel H110, H4227, en LIL Gun aan vir die 454.
Op Handloader tv op youtube skiet hulle n 20grn lading Lil Gun vir n 350grn cast en n 29grn lading vir n 250grn xpb Barnes .
So dit word gebruik vir ligte en uiters swaar ladings.
Dink julle Hodgdon kon n fout gemaak het op hulle laai data......
Moet dit nie dalk minimum 26grn en maks 29grn gewees het nie....
Sou graag wil weet wat julle gedagtes is.
Ek het Starline doppe gebruik,cci 400 primers, standaard krimp van die afgelope 10 jaar en n skoon revolwer[geen leading nie]
Deel asb julle ladings, veral julle manne wat die 350grn cast skiet
Dankie
Johan