87gr VMax & 243 Win

Anything regarding this program here/alles rakende die program hier.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7987
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

87gr VMax & 243 Win

Post by Arnold »

Hierdie forum is wonderlik behalwe as mens vir 'n kaliber wil soek en kyk na laai data. Die soek funksie lyk my kyk nie vir getalle soos 243 nie ;D

Ek is nou besig met 'n 243 Win en het besluit om eers die 87gr VMax te probeer want dit is mos iets wat moet werk 8)

Dit was 'n paar jaar terug wat ek laas vir 'n 243 gelaai het en my laai data lyk toe effe hoog teenoor wat mede skuts sê hulle huidiglik laai.
Detsyds het ek die stadige lot 67 van Somchem se S365 gelaai en sommer 44.2gr agter 'n 87gr VMax gegooi om so 3100fps uit 'n 24" Howa te kry.

Nou het ek 'n 26" Rem700 en gebruik Norma doppe wat so 55.3gr water hou. Op 'n TPL van 68.5mm is ek darem nie in die lande nie so ek begin toe hier en besluit om veilig en laag te begin met 41gr S365 lot 102

41.0gr - 2930 fps
41.5gr - 2966 fps
42.0gr - 2986 fps
42.5gr - 3034 fps
43.0gr - 3087 fps

As ek die data bekyk, lyk dit of ek veilig kan opgaan na omtrent so 44.5gr vir 'n node net onder 3200 fps. Ek sal hierdie toets en satdig op en verby die punt laai om te sien wat gebeur.

My eintlik oorweging is dan om die loop te sny na 20" en as ek dinge als dieselfde hou behoort ek dan op 'n node tussen 2900fps en 3000 fps te kan skiet, binne veilige drukvlakke. Dit behoort die gewig verder af te bring, balans te verbeter en 'n lekker jaggeweertjie te maak.

Ek deel sommer my data maar enige iemand is welkom om hierdie ook te verifieer en ek vra dan ook dat julle asb julle ervaring met die stadige S365 lot 102 deel.

Hier is die geweertjie met 'n 20" photoshop loop ;D
20 243.jpg
Vir spesiale geleenthede en indien die 103gr ELDX stabiliseer sal ek hom steeds teen ongeveer 2900 fps kan skiet met Reloader 26 :police:
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by Arnold on Mon Jun 05, 2023 11:50 am, edited 2 times in total.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 87gr VMax & 243 Win

Post by tripodmvr »

Ek het nog altyd my 90gr Speer koeëls teen 2950vps geskiet uit my Musgrave 243 met 24 duim loop. My jag ammunisie het ek so na 3150vps opgejaag.

Indien jy die loop na 20 duim verkort sal daar 'n node naby 2960vps met die 87Vmax en so 44gr van Lot 102 wees. Druk is mak by 50K psi wat sagter op die loop behoort te wees.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7987
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 87gr VMax & 243 Win

Post by Arnold »

Baie dankie Marius
Quicker
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 93
Joined: Tue Jul 16, 2019 11:23 pm

Re: 87gr VMax & 243 Win

Post by Quicker »

Hi Arnold,
Ekt ook n 243 Rem700, sps jobbie.
Latweet asb as jy regkom met die 103Eldx'e.

Ek gooi op die oomblik 100gr sierra gamekings en hulle loop mooi, net skaars soms.

Sent from my SM-G996B using Tapatalk

User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7987
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 87gr VMax & 243 Win

Post by Arnold »

Ek sal vereseker laat weet Quicker


As daar iemand anders is wat ook s365 lot 102 in hulle 243 Win gebruik met 87gr Vmaxe sal ek dit waardeer as julle julle data kom deel ;)

Sent from my SM-A528B using Tapatalk

Martiens Bekker
Full Member
Full Member
Posts: 198
Joined: Wed Aug 10, 2022 4:37 pm

Re: 87gr VMax & 243 Win

Post by Martiens Bekker »

Hi Arnold

Ek is besig om my pa te help met 'n 22" Sako 243 met Lot 102 en 87gr V-max. Ek gee terugvoering sodra ek hulle gaan skiet het.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7987
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 87gr VMax & 243 Win

Post by Arnold »

Baie dankie Martiens, ek sien uit na julle ervarings.

Op die stadium is ek gretig om te sien wat die geweertjie maak. Die plan is om hom as jaggeweer saam met my 20" 30-06 te gebruik. In die 243 Win sal ek dan 85gr Interbonds skiet, waarvan ek nog 2 pakkies het, en die 87gr Vmax vir alles minder ernstig :)
In die 30-06 skiet ek tans 165gr Ballistix teen iets soos 2880fps wat my taamlik cover vir normale jag doeleindes.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13509
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: 87gr VMax & 243 Win

Post by Capt. Yoda »

Eendag as Arnold groot is sal hy ook n jag geweer met n hout kolf he, het die 87s atyd teen 2970fps uit my 21" 243 uit geskiet. Rooibok en blesbok se moses daai kombo.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7987
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 87gr VMax & 243 Win

Post by Arnold »

'n Geweer met 'n mooi hout kolf is baie mooi vir my! Ek sal gladnie omgee vir een van Cerus Rifleworks se kolwe nie :police:

Image
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13509
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: 87gr VMax & 243 Win

Post by Capt. Yoda »

Is dam ma mooi daai ja, of daai nuwes met die verskillinde kleure epxoy by
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7987
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 87gr VMax & 243 Win

Post by Arnold »

Ek het gou daai leertjie verder geskiet om spoed te kry so ek vul hom sommer hier aan.

26" Rem700, Norma wat 55.3gr water hou. TPL van 68.5mm, S365 lot 102

43.0gr - 3115 fps
43.5gr - 3145 fps
44.0gr - 3190 fps
44.5gr - 3220 fps
45.0gr - 3265 fps (light ejector swipe)
45.5gr - 3315 fps (ejector swipe - max load)

Nou is die vraag ... waar laai mens die geweertjie?

Ek hoor 3150fps baie maar skat met die 26" loop moet hy nader aan 3250 fps loop. Dit is darem 100fps ekstra en ek onthou ook altyd ... speed kills :)
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2940
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: 87gr VMax & 243 Win

Post by Lategan1 »

Jy weet!

Ek sou vir groepe:
44.2,
44.4,
44.6 laai.

Moet nie 44.0 ignoreer nie.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 87gr VMax & 243 Win

Post by tripodmvr »

45gr is op Node met berekende druk van 57K psi. Dit kan moontlik hoër wees.

Laer halfnode is by 3160vps en 43.7/8gr
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2940
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: 87gr VMax & 243 Win

Post by Lategan1 »

Interssant, die intervalle wys dit nie so nie, met hoofreken!

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 87gr VMax & 243 Win

Post by tripodmvr »

Om die ladings reg te bereken het ek die' gebruik wat naaste aan die nodespoed is om mee te kalibreer. So vir die halfnode is 43.5gr gebruik vir kalibrasie.

Die intervalle is 30 en 45vps. Met baie dryfmiddels kry mens dat die berekende waardes na kalibrasie binne 5 tot 10vps is van wat werklik verkry word.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7987
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 87gr VMax & 243 Win

Post by Arnold »

Met die sagteware is ek so effe skepties, en ek weet wat ek doen, so ek kyk maar altyd na die data gekombineer met wat die sagteware sê.

Die vraag vir my is altyd ... wat is die QL Weighting of GRT Sebert faktor. Ek gebruik deesdae net GRT want dit werk lekker maklik en het meer funksionaliteit as QL. GRT is ook verniet ;)

So ek het gou gaan kyk wat gebeur as ek die Sebert faktor bietjie verander en kyk hoe verander die "gekalibreerde" nodespoed.
243 Win Load.jpg
So hoe nou?

As ek nou die data kalibreer op 43gr met verskillende sebert faktore en dan bloot kyk wat die spoed op 45.5gr is wys dit dat die Sebert faktor taamlik laag moet wees.
243 Win Load sebert.jpg
Hierdie is nogal laag as mens aanneem die druk tekens wat mens sien by 45.5gr en die voorpselde ruk. So nou dink ek die dryfmiddel se eienskappe is nie reg nie. Ek sal dus nog bietjie speel en kyk wat ek met die inligting doen terwyl ek verder vir n lading soek :police:

Enige kommentaar is welkom.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7987
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 87gr VMax & 243 Win

Post by Arnold »

Ek het gou so bietjie gespeel en as ek ek Reloader 17 kalibreer op die gemete waarde van 43gr dryfmiddel en 'n Sebert faktor van 0.5. Die voorspelde spoed waardes is dan baie naby aan dit wat ek meet. Dit is tot en met 45,5gr sonder om weer die dryfmiddel te kalibreer.

As ek nou hierdie simulasie gebruik om nodes te bereken wys dit dievolgende ...
43.6gr - 3154 fps
44.8gr - 3248 fps

Hierdie getalle stem naby ooreen met S365 as ek 'n Sebert faktor van 0,5 gebruik maar ek moet dan die dryfmiddel naby aan die nodespoed kalibreer.
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2940
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: 87gr VMax & 243 Win

Post by Lategan1 »

Arnold.

Duidelik wat jy uitwys.

Na aanleiding van jou aanvanklike kommentaar het ek terug gewerk na die kleiner interval.

Is jou eerste effe druktekens op 45gr nie dalk vals nie? Vir al die redes soos bekend aan jou, w.o. kopspasie of doppe nog in proses van behoorlike vorming?

Skiet en kyk groepe. Ek volg.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7987
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 87gr VMax & 243 Win

Post by Arnold »

Dankie Lategan en Marius

Ek plaas hierdie juis om gesprek uit te lok en mense saam te vat op my pad met die geweer. Ietsie anders as al die advertensies :)

Die growwe inkremente is gedoen om te sien waar maksimum is en sommer bietjie te skiet met die geweer in sy nuwe baadjie. Komponente is duur maar ek dink mense toets te min en plaas teveel vertroue in een klein groepering :)

Ek het al baie kritisie ontvang oor die "weighting" faktor verstelling en ek vat dit want dit is nie iets wat almal moet doen nie maar soos hier kom die teorie nie mooi by die prakties uit nie.

Die druktekens wat ek sien is tipies wat mens kry met bolt thrust agv 'n baie taper dop. Die primers is nog mooi gerond so alhoewel drukvlakke dalk nie by die dak uit is nie sien ek die bolt thrust. Die doppe was reeds geskiet in die kamer en gesize sodat kopspasie nie 'n probleem behoort te wees nie.

Hierdie is een van die redes hoekom ek dink die 243 Win se standaard weighting factor so hoog is. Nie noodwendig wat dit moet wees nie maar dit laat dit lyk of die druk hoër is as wat dit is en dan aansluit by die praktiese resultate. Hierdie sou ok wees indien mens nie die berekeninge gebruik het om die OBT te bereken nie.

Hierdie is als my opinie en ek probeer logies en veilig deur die probleem / ladingontwikkeling werk terwyl ek meer tyd by die rekenaar beskikbaar het as op die skietbaan.

Die ideaal vir my sal nou wees om n paar ladders te skiet, op afstand, om te bevestig wat die lading moet wees en dan terug werk na die OBT en so die weighting factor bevestig.

Weereens wil ek die manne nooi om saam te gesels, vra te vra en opinies te lewer sodat ons saam leer.

Ek sal graag wil hoor wat die manne dink van s365 lot 102 en wat hulle kry as hulle dit vervang met Reloader 17. Hoe lyk julle resultate dan, dink julle dit is gevaarlik om so iets te doen en indien wel is dit dan veilig om n teoretiese voorstelling van s365 te gebruik?
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 87gr VMax & 243 Win

Post by tripodmvr »

Ek skiet nie GRT af nie, maar as ek begin sukkel om in 'n program in te kom, dan raak my lont kort. Ek moes vele kere al nuwe pin nommers en epos adresse gebruik om in GRT in te kom en het dit toe afgeskryf. Ek bereken reeds sedert 2012 met QL en het al oor die 1900 berekeninge gedoen wat so 95+% sukses opgelewer het.

Raadpleeg mens die vervaardigers van dryfmiddels se aanbevole ladings en spoedvlakke dan kom mens agter dat daar sekere fisiese perke is wat jy nie kan verbysteek sonder om drukprobleme te kry nie. Verwag jy beter spoed dan moet jy soms eerder 'n ander kaliber kies.

Ek het al lank 'n 243 Musgrave wat nou 'n AI is. My grootste beweegrede na AI was om donuts te omseil. Ek het vir teikenskiet altyd 'n laer node gebruik en so 200vps bygesit vir my jagkoeëls. Die hoogste node was volgens QL by 55K psi en het nie drukprobleme getoon nie.

Ek het die Ruger RPR 243 hier op Jaracal gewen en eintlik nog min met hom geskiet. Ek het Hornady 100BTSP probeer aanjaag en het gekry dat die gasse by die slagdop uitgeblaas het. Druk het vêr oor die 63K psi gewys. Dopontwerp kan dus ook 'n groot rol speel by maksimum druk.

Arnold, om nou by jou verandering van die WF of dan Sebert faktor uit te kom. Gekyk na jou nodewaardes dan is dit basies in dieselfde orde as wat ek bereken het met 0,65 as waarde. Die druktekens wat jy ervaar het en jou "bolt thrust" teorie kan dalk water dra. Hoe skoon maak jy jou doppe? Hoe gladder die metaal oppervlak hoe minder binding is daar tussen die dop en die kamerwand.

Die Reloader reeks dryfmiddels lewer uitmuntende resultate met hoë spoed en laer druk. As die prys daarvan dieselfde was as S365, was dit 'n maklike keuse. Om egter dubbel te betaal en slegs 100vps te wen is nie noodwendig die mees praktiese uitweg nie. Slegs vir beperkte dissiplines kan dit voordelig wees. S365 Lot 102 brand baie stadiger as die norm en in sekere kalibers is doppe oorvol om by 'n bruikbare spoed uit te kom. ES en dan SD syfers is hoër as verwag.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Stephan86
Hero Member
Hero Member
Posts: 551
Joined: Thu Feb 26, 2015 10:00 am

Re: 87gr VMax & 243 Win

Post by Stephan86 »

Martiens Bekker wrote: Mon Jun 05, 2023 4:56 pm Hi Arnold

Ek is besig om my pa te help met 'n 22" Sako 243 met Lot 102 en 87gr V-max. Ek gee terugvoering sodra ek hulle gaan skiet het.
Ek het 'n Tikka met dieselfde lengte loop en gaan nou met presies dieselfde laai, so hou dop met spanning.
.22 LR Webley & Scott Xocet
.243 Win Tikka T3
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
12 Ga Franchi Affinity
Glock 19
Glock 43X
User avatar
Gian_dP
Hero Member
Hero Member
Posts: 1616
Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm

Re: 87gr VMax & 243 Win

Post by Gian_dP »

Baie interessante draad. Ek dink dit bring nogal die wisselvalligheid van s365 na vore. Met baie van die ingevoerde dryfmiddels, is daar min variasies tussen lotte. Die verstekwaardes in die sagteware bly dus redelik konstant en gee 'n akkurate weerspieeling van druk, spoed en OBT.

Met die groot variasie in s365, is die chemiese einskappe van elke lot kruit anders as die verstekwaardes in GRT of QL. Dit maak dat jy heelwat aanpssings moet maak, veral soos jy opgaan in lading/spoed/druk.

Arnold, ek hou van jou idee rondom RL17. Vir my beperkte chemie agtergrond, maak dit sin as twee eenderse stowwe amper identies optree, dat hulle eienskappe dan amper identies moet wees. 'n Stadige lot s365 se eienskappe is dan baie nader as RL 17 as aan die "standaard" of vinniger lotte s365.

Ek het ongelukkig nog nie lot 102 gelaai nie, so het nie inligitng om by te dra nie.
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7987
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 87gr VMax & 243 Win

Post by Arnold »

Marius, ek gebruik ook QL al lank en vind QL berekening wat ek gedoen het wat dateer uit 2010 ... Ek het wel ophou om mense te help met ladings omdat sommige mense die raad misbruik en nie opwerk na 'n lading toe nie maar sommer die hoë ladings laai asof dit sal werk. Dit kom voor of jy sê ek dui daarom dat jy nie weet wat jy doen nie. In 'n sin is dit waar maar ek wil jou nie uitsonder nie en sluit myself hier in want weet ons werklik wat ons doen? Ek weet ek weet nie en daarom plaas ek die inligting, tot my beskikking, hierso.

Die node waardes wat jy in dieselfde orde kry is baie relatief aangesien die berekeninge baie ge-jippo word deur die dryfmiddel te kalibreer naby die node waarde. Die spoed toename met my ladings vanaf 43gr tot 45.5gr is baie liniêr en die simulasie modelle is ook baie liniêr. As mens S365 kalibreer met 'n weighting factor van 0.65 by 43gr, kan jy dan 45.5gr insit en die regte gemete spoed kry of moet jy weer kalibreer? Hier neem jy ook aan dat ek sê dat dit wat ek bereken reg is maar dit is nie so nie, ons altwee kan verkeerd wees :police:

Dit is hier waar my teoretiese probleem is en die voorstel om Reloader 17 in die simulasie program te gebruik instede van S365. Net omdat die gemete spoed resultate beter ooreenstem met dieselfde ladings as ek Reloader 17 kalibreer op s365 se gemete resultate. Druk is egter 'n ander kwessie en sal natuurlik verskil met verskillende dryfmiddels en hulle eienskappe. So kan die spoed vs. tyd profiel ook verskillend wees wat natuurlik die OBT tyd gaan afgooi.

Die weighting factor beinvloed hoe die spoed toeneem met lading en op die 243 Win met S365, gekalibreer by 43gr, stem die simulasie nie ooreen met die prakties nie. Tensy mens die weighting factor aansienlik afwaarts aanpas.

Die vraag is dan, indien die weighting factor 0.65 moet wees, hoe moet die dryfmiddel eienskappe aangepas word om die simulasie te laat ooreenstem met dit wat gemeet word, in die relatiewe klein liniêre verwantskap. Die weighting factor van 0.65 mag dalk reg wees om druk aan te dui maar huidiglik stem dit nie ooreen met spoed nie.

Ek het geen twyfel daaroor dat mens die weighting factor sal kan bereken deur sekere dop ontwerp eienskappe in ag te neem nie en dit was al gedoen deur Pierre van der Walt en Francois Joubert. Indien hierdie geldig is moet mens dan kyk om die dryfmiddel aan te pas op meer vlakke as net die brandspoed. Indien mens hierdie wil doen sal mens dan ooreenstemmende gemete druk waardes benodig, wat nie maklik verkrygbaar gaan wees nie.

So sonder om die onderwerp af te sluit is die antwoord skiet en kyk.

Steeds bly en wonder ek waar moet die aanpassings, teoreties, gemaak word ... en dit is die tipe goed wat my denke besig hou ;D
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 87gr VMax & 243 Win

Post by tripodmvr »

Arnold wrote: Sat Jun 10, 2023 6:26 pm Ek het gou daai leertjie verder geskiet om spoed te kry so ek vul hom sommer hier aan.

26" Rem700, Norma wat 55.3gr water hou. TPL van 68.5mm, S365 lot 102
Spoed teenoor lading se vergelyking. Bietjie op en af en baie laer as Somchem se waardes op hul webtuiste
43.0gr - 3115 fps V/C 72,44
43.5gr - 3145 fps V/C 72,30
44.0gr - 3190 fps V/C 72,50
44.5gr - 3220 fps V/C 72,36
45.0gr - 3265 fps (light ejector swipe) V/C 72,56
45.5gr - 3315 fps (ejector swipe - max load) V/C 72,86

Nou is die vraag ... waar laai mens die geweertjie?

Ek hoor 3150fps baie maar skat met die 26" loop moet hy nader aan 3250 fps loop. Dit is darem 100fps ekstra en ek onthou ook altyd ... speed kills :)
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 87gr VMax & 243 Win

Post by tripodmvr »

Arnold, hierdie vraag om beter te verstaan en ons metodes te bepaal. Hoe kalibreer jy 'n lading in QL?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Post Reply