Page 1 of 1

Prado 120 v6 or Amarok v6 for Dunes?

Posted: Mon Jun 05, 2023 2:42 pm
by vossie1
Good day.

I am undecided whether to take my wife's 2005 Prado 120 or my Amarok v6 on our dune trip end of June in Moz.

2005 Prado 120 standard with Michelin LTX Force 265/65/R17. I will put the Traction control override switch in if I do take it.

2022 Amarok V6 standard suspension with aftermarket bull bar bash plate and rear bumper. Tires is goodyear wrangler Duratrac 255/55 R19 and this is my concern and that it might be a bit low?

My first choice was the Amarok because it has aftermarket goodies but the tires and standard suspension is a concern. The Prado on the other hand has got good tires but no aftermarket goodies and it is currently on 245000km and has not had any of the preventative maintenance procedures done (water pump etc) It is serviced at Toyota since we bought it but don't know the previous history of this vehicle. And then there is the case of 180k vehicle vs 850k for bashing around on the sand.

Your thoughts will be appreciated.

Regards
Vossie

Re: Prado 120 v6 or Amarok v6 for Dunes?

Posted: Mon Jun 05, 2023 3:18 pm
by Lategan1
Vossie,

As liefhebber van V6 petrol Prado’s met ervaring van Caravelle 4Motion en ander SUV’s en geen kennis van Amarok.

Min voertuie klop Prado in sand en met uitstekende langpad gerief. Prado 120 se groot teleurstelling vir my, swaar gelaai en jy ry sand met tipiese “boguls”, hy stamp deur. Verbasend maklik. Daarvoor is daar egter ook ‘n lug/pneumatic oppompbare verstelbare oplossing, maar dit is ‘n ekstra.

Beste.

Re: Prado 120 v6 or Amarok v6 for Dunes?

Posted: Mon Jun 05, 2023 8:14 pm
by Giepie
Gaan kyk waarmee ry die mense in Namibië en Saudi Arabië hulle duine.Van die Botswana mense sal jou ook kan sê oor die dik sand ding. Ek het 3jaar in Bots gebly en baie diksand moes ry. Toe vir my 'n Surf daar gekry. Dit ry vir my nog die gemaklikste in die sand waarmee ek al dit gedoen het. Die lekker outomatiese ratkas maak natuurlik ook 'n groot verskil want die oorskakeling van die ratte is so gemaklik en glad. Die Prado 120 het dieselfde onderstel, enjin en ratkas as die Surf, met net klein verskille, dieselfde as die FJ Cruiser, wat 'n paar cm korter onderstel het. Maar ek sou die Prado gebruik.

Re: Prado 120 v6 or Amarok v6 for Dunes?

Posted: Tue Jun 06, 2023 1:09 pm
by vossie1
Baie dankie vir die terugvoering julle, dit is maar basies die raad wat ek by ander manne ook gekry het. Soek maar net bevestiging.

Groete
Vossie

Re: Prado 120 v6 or Amarok v6 for Dunes?

Posted: Tue Jun 13, 2023 9:37 am
by tau
DieAmarok ry draaie om daai Prado in die sand. EN die Prado is brilljant!!!

My Pa het albei al besit en sy Amarok is skokkend goed in sand. My pel ry nou nog die Prado.

Die Amarok het Sekel bumper voor op en Ottinger settings so hy maak 237kw. In Atlantis se duine loop hy waar my 4500 EFI bakkie net kan droom. Die 8spoed ratkas het net altyd die regte antwoord en daar is genoeg krag.

Vra maar die manne wat al die Woestyn trippe gedoen het saam met so volla en 'n 4000 V6 cruiser met drukaanjaer op wat maak die volla bakkie.

Moet net nie sleg gaan stop en vergeet om die Amarom se knoppies te druk nie, hy spin homself net daar vas.

Re: Prado 120 v6 or Amarok v6 for Dunes?

Posted: Tue Jun 13, 2023 9:55 am
by Wouter Roets
tau wrote: Tue Jun 13, 2023 9:37 am DieAmarok ry draaie om daai Prado in die sand. EN die Prado is brilljant!!!

My Pa het albei al besit en sy Amarok is skokkend goed in sand. My pel ry nou nog die Prado.

Die Amarok het Sekel bumper voor op en Ottinger settings so hy maak 237kw. In Atlantis se duine loop hy waar my 4500 EFI bakkie net kan droom. Die 8spoed ratkas het net altyd die regte antwoord en daar is genoeg krag.

Vra maar die manne wat al die Woestyn trippe gedoen het saam met so volla en 'n 4000 V6 cruiser met drukaanjaer op wat maak die volla bakkie.

Moet net nie sleg gaan stop en vergeet om die Amarom se knoppies te druk nie, hy spin homself net daar vas.
Dankie vir die waarheid!

Re: Prado 120 v6 or Amarok v6 for Dunes?

Posted: Tue Jun 13, 2023 10:59 am
by Capt. Yoda
Ek het ook maar gewag laat Johna kom praat

Re: Prado 120 v6 or Amarok v6 for Dunes?

Posted: Wed Jun 14, 2023 7:57 am
by vossie1
Thanks Julle, sal maar nog besluit. Die Prado nou klaar begin rig vir die trip, ek gaan ook nou nie die karre moor in die duine nie wil dit net geniet en as ek moet bypass gaan ek maar, sien meer uit na die visvang as die duine om eerlik te wees.

Groete
Vossie

Re: Prado 120 v6 or Amarok v6 for Dunes?

Posted: Wed Jun 14, 2023 3:34 pm
by tau
vossie1 wrote: Wed Jun 14, 2023 7:57 am Thanks Julle, sal maar nog besluit. Die Prado nou klaar begin rig vir die trip, ek gaan ook nou nie die karre moor in die duine nie wil dit net geniet en as ek moet bypass gaan ek maar, sien meer uit na die visvang as die duine om eerlik te wees.

Groete
Vossie
Laat check die Prado se fuel feed pomp. Ek verkoop die Prado aan my beste pel en nie lank daarna gaan ons Weskus toe met hom. Heelpad vertel ek die manne die Prado loop enige plek in die sand met sy senter difflock en V6 krag.......daar gee die fuel feed pomp moeilikheid en ons moet hom uitlimp huistoe teen 60km/h :laugh:

Re: Prado 120 v6 or Amarok v6 for Dunes?

Posted: Wed Jun 14, 2023 3:38 pm
by vossie1
Ja daai is nogal iets wat met hulle gebeur en dan ook water pomp en head gasket op 240k km so ek sal als laat check. Dankie vir die raad.

Re: Prado 120 v6 or Amarok v6 for Dunes?

Posted: Thu Jun 29, 2023 10:04 am
by vossie1
More manne.
Net bietjie feedback op die Prado se performance in die duine, al wat ek regtig kan se is die kar het my verbaas het nie n oomblik terug gestaan vir al die nuwe voertuie nie. 1x Standaard FJ Cruiser 1x FJ Met rob green supercharger 1x dodge ram 5,7Hemi 1x 1jeep met 5,7 hemi warm hilux gd 6 2,8 en v8 cruiser DC 1x V8 cruiser 76. Ek het die traction control switch ge-disable en die kar het mooi gemaak en hy is stock standard met net n bashplate wat baie gehelp het om die radiator te beskerm.

Groete
Vossie

Re: Prado 120 v6 or Amarok v6 for Dunes?

Posted: Thu Jun 29, 2023 2:01 pm
by Giepie
Mooi man, bly jy jou kar het mooi gewerk en jy het dit geniet.

Re: Prado 120 v6 or Amarok v6 for Dunes?

Posted: Fri Jun 30, 2023 12:30 pm
by finch
Vossie, bly die voertuie het hul werk gedoen, nou die vraag is het jul jul werk gedoen? Waar is die fotos van al die visse wat julle gevang het?

Re: Prado 120 v6 or Amarok v6 for Dunes?

Posted: Mon Jul 03, 2023 9:30 am
by vossie1
Dankie julle.

Finch, jy sal nie glo nie maar ons het nie een vis gevang nie, die water se temp het geval van 27c na 20c en dit het die vis aan die kant so bietjie moeilik gemaak. Daar was wel n stompie van so 2kg gevang. selfs die nette het nie baitfish in gehad.

Groete

Re: Prado 120 v6 or Amarok v6 for Dunes?

Posted: Tue Jul 04, 2023 9:30 am
by Wouter Roets
Hel Vossie dit lyk lekker, behalwe vir die visvang ding.

Re: Prado 120 v6 or Amarok v6 for Dunes?

Posted: Tue Jul 04, 2023 12:12 pm
by LoopSoosStroop
Moz lyk regtig al hoe meer na 'n lekker vakansie plek.

Waar was julle gewees en hoe lank ry mens soontoe? Is daar nog steeds soveel drama met die polisie en verkeer amptenare?

Re: Prado 120 v6 or Amarok v6 for Dunes?

Posted: Wed Jul 05, 2023 9:55 am
by vossie1
Ons was by Machubo lodge, nie die beste plek nie maar ok dit is so 280km van Nelspruit af en ons het n permit gekry om op die beach na ons lodge te ry wat die tyd met 1h30 min gesny het. Dit het ons so 4ure gevat met al die stoppe. Nee die amptenare was heel fine niks moeilikheid gehad nie. Moz kant baie beter as SA kant hulle is useless.