Pcp en CO2 gewere seëls
Posted: Thu Jun 29, 2023 5:03 pm
Ek het 'n QB 79 CO2 geweertjie, maar wanneer ek die silinder opdraai lek daar lug uit, maar nie by die silinder nie, dieper in. Vinnig oop gemaak en ek sien daar 2 seëls, O-rings, wat te maklik in en uit trek. Dit is nie swart soos ander nie, maar so half deursigtig. Hier in Centurion was lug geweer plekke, maar lyk my hulle het almal toe gemaak. Hier is 'n plek wat o-ringe verkoop vir hidroliese sisteme, maar dit is almal swart ringetjies. Sal dit kan werk? Is daar 'n spesifieke soort ghries wat ek saam met dit kan gebruik om dit goed te laat seël?
Behalwe vir Paint Ball Village, waar in Centurion omgewing kan ek CO2 silinders volmaak? Omdat ek so sukkel om CO2 te kry dink ek daaraan om die geweer dalk na pcp te verander, maar het 'n kit ens nodig, of iemand wat dit veilig kan doen. Enige idee?