Page 1 of 2

Veldt vs Boretech Opinie/Ervaring

Posted: Mon Jul 17, 2023 2:04 pm
by Eight
Dagse, het enige iemand ervaring van die Veldt skoonmaak produkte teenoor bv Boretech. Ek kyk spesifiek na die carbon en Cu removers. Effektiwiteit en hoe veilig dit vir die gewere is?

Re: Veldt vs Boretech Opinie/Ervaring

Posted: Tue Jul 18, 2023 7:57 am
by Gerhardu
Ek dink dis maar om te ewe. Altwee werk baie goed. Hoe bedoel jy met veiligheid?

Re: Veldt vs Boretech Opinie/Ervaring

Posted: Tue Jul 18, 2023 8:42 am
by Eight
Wil maar net weet of dit enige skade kan doen. Boretech se jy kan hul produk in die loop los en Veldt se jy moet nie dit oor ag los nie.

Re: Veldt vs Boretech Opinie/Ervaring

Posted: Tue Jul 18, 2023 9:21 am
by Gerhardu
Nee ek dink om dit oornag te los sal nie n probleem wees nie.

Re: Veldt vs Boretech Opinie/Ervaring

Posted: Tue Jul 18, 2023 9:22 am
by Gerhardu
Dalk net seker maak als is uit die loop uit en droog voor jy skiet sal ek se.

Re: Veldt vs Boretech Opinie/Ervaring

Posted: Tue Jul 18, 2023 12:24 pm
by BeesBreet
Veldt sn is beslis meer agressief, en kan jou hout of plastiek kolf verblyk. Ek verkies die Veldt van hy werk vir my! Dit is nou spesifiek met betrekking tot die “Carbon” souse!

Ek het dit al lank in n loop gelos sonder skade, Ek dink hulle vrywaar maar net hulself met daai stelling.

Gebruik dit saam met hul olie wat jy na skoonmaak deur stoot en Ek is rerig tevrede


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Veldt vs Boretech Opinie/Ervaring

Posted: Tue Jul 18, 2023 3:55 pm
by Eight
Dis goed om te hoor. Dis baie goedkoper as Boretech wat nou onbekostigbaar duur geword het.

Re: Veldt vs Boretech Opinie/Ervaring

Posted: Tue Jul 18, 2023 6:44 pm
by jdpretorius
Eight wrote:Wil maar net weet of dit enige skade kan doen. Boretech se jy kan hul produk in die loop los en Veldt se jy moet nie dit oor ag los nie.
Moet liefs nie die Boretec in jou loop los nie....ek't daai toets gedop en lekker gesukkel om die roes uit te kry....dink dit was die carbon remover

Sent from my SM-A536E using Tapatalk




Re: Veldt vs Boretech Opinie/Ervaring

Posted: Wed Jul 19, 2023 9:32 am
by Capt. Yoda
Boretech se produkte is water basis so ja

Re: Veldt vs Boretech Opinie/Ervaring

Posted: Mon Sep 09, 2024 5:08 pm
by Blairadam
jdpretorius wrote: Tue Jul 18, 2023 6:44 pm
Eight wrote:Wil maar net weet of dit enige skade kan doen. Boretech se jy kan hul produk in die loop los en Veldt se jy moet nie dit oor ag los nie.
Moet liefs nie die Boretec in jou loop los nie....ek't daai toets gedop en lekker gesukkel om die roes uit te kry....dink dit was die carbon remover

Sent from my SM-A536E using Tapatalk
Stem saam, moenie dit in jou loop los nie.
Ek gebruik die Carbon Remover en Eliminator en ook gelees hulle se jy kan dit in los. Ek het dit oornag gelos in a geweer wat baie carbon gehad het nadat ek dit paar keer met borsel en lappies skoon gemaak het. Het baie goeie resultate gekry die volgende dag. Daarna met n geweersmid gepraat wat gese het hy het paar gewere gesien met baie skoon lope maar roes en dit wil voorkom of Boretech betrokke was by meeste se skoonmaak routine.
So ek maak baie seker die loop is droog nadat ek dit gebruik het en dan olie maar goed.
Sal dit nogsteeds gebruik want dit ruik nie so sterk nie en resultate is goed.

Veldt vs Boretech Opinie/Ervaring

Posted: Mon Sep 09, 2024 6:01 pm
by Rudi Fischer
Ek het vir die laaste paar jaar Boretech gebruik en is onlangs oor na Veldt toe.

Ek los nie die middels in my loop oornag nag nie, en maak my gewere dadelik skoon as ek van die baan af kom.

Dit het vir my gevoel of Veldt vir ewig vat om n loop skoon te maak, en is terug Boretech Eliminator toe.

Re: Veldt vs Boretech Opinie/Ervaring

Posted: Mon Sep 09, 2024 6:39 pm
by JF123
Selfde hier. Ek gebruik in elkgeval net die CU+. Een bottel hou my jare. Vir gewone skoonmaak werk Ballistol en 'n brons borsel vinnig en goed genoeg vir my.

Ek het nog 'n botteltjie Gunsmithy sous ook nog in my skoonmaak trommel...

Re: Veldt vs Boretech Opinie/Ervaring

Posted: Mon Sep 09, 2024 7:05 pm
by jdpretorius
Met die laaste skoonmaak het ek eers Boretech carbon remover gebruik totdat die lappies taamlik skoon was en toe die Veldt carbon remover ook n 'go' gegee....daar het niks noemenswaardig meer uitgekom met die Veldt nie.
Daar na het ek die Iosso nader getrek en 3 lappies deur gewerk....daai lappies was n woeste verassing.

Dalk sal ek volgende keer eers die Veldt vat en daarna die Boretech.
Ek wonder natuurlik of daar iets beter as die Iosso is vir die carbon.....

Sent from my SM-A536E using Tapatalk



Re: Veldt vs Boretech Opinie/Ervaring

Posted: Mon Sep 09, 2024 7:10 pm
by Eight
Onthou net Iosso sal altyd swart uitkom al is die loop silwer skoon. Vryf maar n bietjie iosso teen n teelepel en kyk. Hy verkleur swart.

Re: Veldt vs Boretech Opinie/Ervaring

Posted: Mon Sep 09, 2024 7:35 pm
by Giepie
Ek het lank Boretech gebruik. Hulle Eliminator het nie vir my gewerk nie en is vrek duur. Ek het toe Roblo Solo gebruik, erge Amoniak, maar het goed gewerk. Maar toe dit op is het ek Veldt probeer. Vir my sover die beste wat ek nog gebruik het. Dalk verskil gewere ook maar. ;D

Re: Veldt vs Boretech Opinie/Ervaring

Posted: Tue Sep 10, 2024 6:20 am
by jdpretorius
Eight wrote:Onthou net Iosso sal altyd swart uitkom al is die loop silwer skoon. Vryf maar n bietjie iosso teen n teelepel en kyk. Hy verkleur swart.
Ja beslis.
Ek kon wel sien dat daar ook nog carbon uitkom met die Iosso (sigbaar op die lappie).
N borescope wys n ou ook gou die regte prentjie. Image

Nou gou n vraag.....hoe veilig is dit om die Iosso met elke skoonmaak te gebruik ?

Ek begin om dit so elke 100 skote te gebruik, maar oorweeg om dit meer gereeld te gebruik. Daai gevreesde carbon ring is dan dalk verhoedbaar.

Sent from my SM-A536E using Tapatalk


Re: Veldt vs Boretech Opinie/Ervaring

Posted: Tue Sep 10, 2024 7:03 am
by musgrave270
Ek het ook so ruk gelede op die Veldt karretjie geklim en is baie tevrede. Ek maak ook skoon na elke sessie of dit nou 15 of 50 skote is. So ek dink dit help dat daar nie teveel moelike carbon opbou nie. Ek gebruik ook Iosso nadat ek klaar skoongemaak het, maar stoot seker net 5 lappies deur. Dis my roetine saam die HBN. Die spesifieke geweer het nou net oor die 2500 skote deur en skiet nog soos dag 1.

Sent from my SM-A325F using Tapatalk


Re: Veldt vs Boretech Opinie/Ervaring

Posted: Tue Sep 10, 2024 8:00 am
by Geno
jdpretorius wrote: Mon Sep 09, 2024 7:05 pm
Ek wonder natuurlik of daar iets beter as die Iosso is vir die carbon.....
Vir 'n meganiese (skuur aksie) produk is Iosso baas. Ek gebruik hom so elke 150 skote vir koper.
Vir carbon gebruik ek die produk wat my vrou vervaardig. Een van die bestandele is CLR, so man moet maar net wakker wees op blueing en hom goed uitspoel met brake cleaner, alkohol ens. Hy is baie aggresief op carbon.

Image

Re: Veldt vs Boretech Opinie/Ervaring

Posted: Tue Sep 10, 2024 8:59 am
by Capt. Yoda
Vir "harde" carbon gebruik ek nou al vir n paar jaar Autosol pleks van Iosso so elke 100 skote en eks is heel gelukkig met dit maar ek weet nie of een beter as die ander is nie, ek het Boretech se Cameleon gel ook daar in my kas maar dis die castle lite version van Iosso. Vir normale skoon maak gebruik ek CLR reguit uit die draincleaner botel uit en break cleaner op koper borsels en VFG pellets.

Ek het onlangs ThorroClean gekoop maar nog nie gebruik nie, as ek luister en lees wat die manne se is dit die beste van al 2 werelde maar n goeie vars koper borsel en n blik carb/break cleaner maak n loop mooi skoon.

Re: Veldt vs Boretech Opinie/Ervaring

Posted: Tue Sep 10, 2024 9:50 am
by JohanvB
Thorroclean op 'n IOSSO blou borsel met 'n lappie...op skoonmaak stok in my boor..haal daai carbin nou uit...

Re: Veldt vs Boretech Opinie/Ervaring

Posted: Tue Sep 10, 2024 2:21 pm
by Eight
Ek het al gehoor die ouens gebruil Autosol maar ek is maar skrikkerig daarvoor want dis heelwat meer aggresief as Iosso.

Ek was maar in die begin bang v Iosso ook maar ek het nou al van taamlok mense gehoor wat n nuwe geweer se loop polish to hy warm is met dit en uitstekende presisie kry met hul gewere.

CLR het ek al gebruik maar is skrokkerig daarvoor so gebruik dit nie meer nie. Dit werk egter baie goed.

Baie ouens beweeg weg van koper borsels af. Ek het dit al gebruik en dit werk goed om carbon uit te haal en het self nog nie skade/ probleme ge vind nie maar is deesdae huiwerig vir n koper borsel.

Ek het ook nou al baie Iosso gebruik en het n borescope en geen chemiese middels week v my so goed en vinnig nie.

Re: Veldt vs Boretech Opinie/Ervaring

Posted: Tue Sep 10, 2024 2:30 pm
by JF123
Ja, ek weet self nie wat die probleem is met brons borsels nie. Dit doen net so veel skade soos nylon borsels.

Re: Veldt vs Boretech Opinie/Ervaring

Posted: Tue Sep 10, 2024 2:55 pm
by Capt. Yoda
Ek het nog net een keer in my lewe met gewere gesukkel wat snaakse dinge gedoen het en dit was toe ek die internet geglo het en vir n ruk koper borsels gelos het, hoe het hulle gese "let the product do the job". Nee wat jy kan daai borsel maar werk in daai staal loop moet net nie mal gaan by die kroon nie, daar is net een ding wat harde carbon uit haal en dit is n meganiese skuur

Re: Veldt vs Boretech Opinie/Ervaring

Posted: Tue Sep 10, 2024 3:30 pm
by Eight
Daar is n video op die internet waar Erick Cortina vir Speedy afneem terwyl hy n geweer skoonmaak. Daarin se Speedy hul gebruik nie koper borsels nie want as die keel begin fire crack het hul gevind die koper borsel breek stukkies los van die fireckracking.

Hoe waar en moontlik dit is weet ek nie.

Re: Veldt vs Boretech Opinie/Ervaring

Posted: Tue Sep 10, 2024 4:48 pm
by Capt. Yoda
Speedy vervang sy lope soos elke 800 skote so ek weti. Da is ook n video waar Lou Murdica sy lope met n koper borsel op n rod met n boor skoon maak, daai man is BR se baas so hy sou dit nie doen as dit sleg was vir sy lope nie