Page 1 of 1
Eland met 30-06
Posted: Sat Jul 22, 2023 6:57 am
by Skietstoel
Goeie more alle Elandjagters, ek wil bietjie hoor war julle daarvan dink om n Eland bul aan te vat met 165g Accubonds geskiet met my 30-06? Hierdie geleentheid het opgeduik nadat ek klaar n hele klomp werk ingesit het om n netjiese groepering te kry met 165 g Accubonds vir iets soos Rooi Harbees of Koedoe. Ek weet dat n swaarder punt soos 180g meer geskik sal wees maar ek het nou klaar die 165’s gelaai wat so by 2750’/s loop. Goeie skoot agter die blad sal seker sy ding doen? Wat sê julle?
Groetnis
Re: Eland met 30-06
Posted: Sat Jul 22, 2023 7:05 am
by Jacques1988
Die 165gr Accubond sal die job mooi doen, nog beter dat jy werk in gesit het om die lading te ontwikkel en seker heel gemaklik is met die kombinasie in jou roer. Skoot plasing is maar die belangrikste deel van so groot dier jag. Skiet reguit en geniet dit! Plaas n foto na die jag asseblief !
Re: Eland met 30-06
Posted: Sat Jul 22, 2023 8:12 am
by Thunderhead
As jy weg bly van die groot skouer bene en skerp "quatering away" sal die 165gr baie goed doen.
Re: Eland met 30-06
Posted: Sat Jul 22, 2023 8:37 am
by Skietstoel
Dankie, ek voel nie dat ek nou, net voor die jag, wil begin werk aan die ontwikkeling van n nuwe lading met n swaarder koeël nie.
Re: Eland met 30-06
Posted: Sat Jul 22, 2023 7:42 pm
by Pvdw
Skietstoel, haal net diep asem en plaas die skoot reg en daai kombinasie sink daai eland met gemak.
Ek het al eland bul met die 156gr Norma Oryx uit my 6.5 Swede geskiet. Dit was nou wel nie 1 van daai 400kg+ bulle nie maar 'n jongerige bul van so net meer as 250kg geslag. As ek daai selfde skoot op 'n groot bul geskiet het sou hy ook gehang het. Afstand was 130m.
Re: Eland met 30-06
Posted: Sat Jul 22, 2023 7:48 pm
by Cobus Wessels
Dit is presies die lading waarmee ek nou werk. 6.5x57. Norma Oryx 156g . Werk aan spoed rondom 2550+. Hy trap BWB en Gemsies mooi sover. Ek glo op die regte plasing sal joune mooi maak. Skootplasing en kwaliteit punt. Laat hy val
Sent from my SM-G991U1 using Tapatalk
Re: Eland met 30-06
Posted: Sat Jul 22, 2023 8:29 pm
by Pappabeer
n Paar kliënte het al met my .308 en 165gr Sciroccos elande geskiet. Sit hom mooi weg van die humerus af en hy sal nie vêr gaan nie.
Re: Eland met 30-06
Posted: Sun Jul 23, 2023 12:33 am
by Lategan1
Twee weke gelede.
30.06 + 180gr Accubond @ 2640fps. Dwars, knap agter voorbeen deur op 120m, anderkant uit, los so 20mm uitgangswond. 10 trappies en onderstebo.
Vriend saam my in veld, 30.06 + 165gr winkel ammo. Feitlik selfde plek, 20 trappe en onderstebo.
So ek dink jy het goeie raad hier ontvang, gaan voluit met die 165gr.
Beste.
Re: Eland met 30-06
Posted: Tue Aug 01, 2023 12:10 pm
by jooste
Hi
Ek skiet my elande met my 7x64 Brenneke met 150gr TTSX punte. Goeie skoot op blad of agter oor doen sy ding.
So ek glo jou 30-06 met goeie skootplasing sal ook die ding doen.
Ek het ook al met n .375 met 300gr punt ver geloop agter n eland koeie.
Alles gaan oor goeie skoot plasings.
Lekker jag.
Nico Jooste
Re: Eland met 30-06
Posted: Sun Aug 06, 2023 9:57 pm
by Johann Marais
Halo Skietstoel,
Ek het verlede naweek ń eland op 200m met my 308 en Hornady Interlocks geskiet.
Jou 30-06 is meer as genoeg. Maak (soos baie manne hierbo sê) seker van jou skootplasing.
Groete
Johann
Re: Eland met 30-06
Posted: Mon Aug 07, 2023 8:44 am
by Stef1274
Johann Marais wrote: Sun Aug 06, 2023 9:57 pm
Ek het verlede naweek ń eland op 200m met my 308 en Hornady Interlocks geskiet.
Hi Johan,
Ek neem aan dit was 165gr? Vertel asb bietjie waar die skoon in (en hopelik uit) was, wat die koeël gedoen het ens. Ek skiet dit, sover nog net op kleiner bokke, maar begin hom van volgende jaar af op groter bokke toets, so ek is nuuskierig wat jy gesien het.
Dankie