Page 1 of 1
Element Helix
Posted: Mon Jul 24, 2023 1:43 pm
by rudib
Wat is julle opinies oor die teleskope vir hulle prys?
Re: Element Heix
Posted: Mon Jul 24, 2023 2:41 pm
by alecjohnson
Ek het nie 'n opinie nie, maar nog net goed van hulle gehoor.
Zerotech, aan die anderhand het ek persoonlik mee gewerk laasnaweek en ek is erg beiindruk, en ek is 'n vortex ou, maar sal zerotech sterk oorweeg om my pst gen 2 te vervang.
Re: Element Heix
Posted: Mon Jul 24, 2023 3:01 pm
by LUAN
Ek dink in die prysklas moet jy kyk na Arken ook.
Re: Element Helix
Posted: Mon Jul 24, 2023 3:27 pm
by DeonvTonder
rudib wrote: Mon Jul 24, 2023 1:43 pm
Wat is julle opinies oor die teleskope vir hulle prys?
Ek het een en vir normale jag werk hy heel goed. Ek sal nou wel nie heeldag op die skietbaan met hom gaan sit nie. Myne tel mirage nogal vinnig op en dan hol 'n teiken maar rond in die teleskoop
Re: Element Helix
Posted: Mon Jul 24, 2023 4:24 pm
by Gian_dP
Ek het 'n 6-24x50 SFP wat lank op 223 diens gedoen het, nou op my .22.
Glas heel goed vir die prys. Stelknoppe en zero stop werk baie lekker. Sal maklik weer een koop, dalk net in FFP. Patriot Outdoors se diens en naverkope sorg is ook baie goed.
Re: Element Helix
Posted: Mon Jul 24, 2023 4:47 pm
by Jan Dissel
Ek het die 6-24x50 FFP (APR-2D MRAD) op my 22LR. Baie tevrede.
Re: Element Helix
Posted: Mon Jul 24, 2023 5:47 pm
by Gawie(13mm)
https://youtu.be/HgNHq393j3Y
Ek het 'n SFP op my .22 en ruil hom vir niks. Vir onder R10 000, sal jy hom nie sommer klop nie.
Die video is laat middag geneem en die sonskerm wat jy by kry sou seker gehelp het met die lig, maar ek het nie 'n skoot gemis nie.
Re: Element Helix
Posted: Mon Jul 24, 2023 6:33 pm
by Lapua
Het een op my laaitie se 6.5x55. Hy loop soos stroop.