Page 1 of 1
Leg rig holster
Posted: Fri Jul 28, 2023 3:43 pm
by Ratel
Wie van julle ken die CR Secure 3 leg rig holster wat RHT en SA Tactical verkoop? Ek wil een koop maar eers hoor by ouens wie een het hoe hulle die holster vind. My leg rig wat ek in die polisie gedra het is bietjie groot vir my G23. Hy werk mooi vir my CZ 75s.
Miskien moet ek net meer se waarvoor ek die holster soek. Tans is ons 'n groepie in ons area wie die polisie help om misdaad in ons buurt te bekamp en die boere help om te reageer op noodroep van plaasaanvalle om Rustenburg. Met die koeelvaste baadjie en baie in die voertuig is die leg rig 'n goeie kombinasie. Dit vervang glad nie my EDC holster nie.
Re: Leg rig holster
Posted: Sun Jul 30, 2023 2:40 pm
by Alwin
Persoonlik vind ek so 'n "leg rig" holster 'n groot pyn in die watsenaam. Dit is veral baie lastig as jy skielik moet hardloop. As jy so 'n kontrepsie gewoond is is dit dalk 'n ander saak.
As jy reeds 'n koeƫlvaste baadjie dra, oorweeg ook 'n holster wat op die baadjie op jou bors vas maak. Die wapen is daar altyd beskikbaar, ook in 'n voertuig, and nooit lastig nie.
Ek is nie vertroud met die Secure 3 nie, maar vind CR Speed se produkte oor die algemeen goed ontwerp, duursaam, betroubaar en goeie waarde vir geld.
As jy kans kry om hulle winkel in Pta te besoek, vat jou toerusting saam en toets hulle holsters uit. Hulle behoort jou ook van kundige advies te kan voorsien.
Re: Leg rig holster
Posted: Mon Jul 31, 2023 9:40 am
by Ratel
Dankie Alwin. Ek stem dat dit nie die idiale holster is nie. Wat die hardloop gedeelte betref stem ek saam. Gelukkig gebeur die hardloop deel baie min. Ek het 'n holster op bors van baaidjie gemonteer maar ek is nie baie gelukkig met die moly op die baaidjie nie want die holster sit net te los. Verder is die baaidjie nuwe tegnologie teen kevlar. Sien skakel.
https://kaleidoscopetechnology.co.za/
Re: Leg rig holster
Posted: Thu Aug 31, 2023 7:38 am
by tau
Alwin wrote: Sun Jul 30, 2023 2:40 pm
Persoonlik vind ek so 'n "leg rig" holster 'n groot pyn in die watsenaam. Dit is veral baie lastig as jy skielik moet hardloop. As jy so 'n kontrepsie gewoond is is dit dalk 'n ander saak.
As jy reeds 'n koeƫlvaste baadjie dra, oorweeg ook 'n holster wat op die baadjie op jou bors vas maak. Die wapen is daar altyd beskikbaar, ook in 'n voertuig, and nooit lastig nie.
Ek is nie vertroud met die Secure 3 nie, maar vind CR Speed se produkte oor die algemeen goed ontwerp, duursaam, betroubaar en goeie waarde vir geld.
As jy kans kry om hulle winkel in Pta te besoek, vat jou toerusting saam en toets hulle holsters uit. Hulle behoort jou ook van kundige advies te kan voorsien.
Kyk vir eleke manier van jou pistool dra en veral saam met armour gaan jy iewers foute kan kry. Ek geniet deesdae selfverdedigings kursusse en gaan na verskillendes met uiteenlopende idees en maniere van doen.
Voor op bors dra sukkel en is ongemaklik as jy op jou maag beland op vanaf jou maag moet skiet en herlaai. Teen jou been is onsmaaklik as jy begin hardloop.
Ek het verskillende holsters en pistole, maar ek verander nooit my posisie van dra nie. Wapen altyd op dieselfde plek sodat jy in enige situasie teruggaan na "muscle memeory" en jou wapen op sy "plek" soek en hopenlik vind.
Re: Leg rig holster
Posted: Thu Aug 31, 2023 12:24 pm
by Alwin
tau wrote: Thu Aug 31, 2023 7:38 am
...
Ek het verskillende holsters en pistole, maar ek verander nooit my posisie van dra nie. Wapen altyd op dieselfde plek sodat jy in enige situasie teruggaan na "muscle memeory" en jou wapen op sy "plek" soek en hopenlik vind.
Hierdie is 'n baie goeie beginsel om toe te pas.