Page 1 of 4

6mm - watter een

Posted: Wed Aug 02, 2023 10:15 am
by Jaco vdW
Ek wil graag julle opinie toets oor n 6mm van soorte.

Agtergrond:
Ek het n Sako L461 in .243 Win. Ek is mal oor die geweertjie, en hy het my nog net goed gedien oor die laaste 12 of so jaar. Ek dink egter die loop beweeg nou na die einde van sy lewe toe (so 1800+ skote deur). Die jump het met meer as 3mm gegroei, met die gevolg dat ek nie meer naby aan die groewe kan kom nie. Beide die magasyn se lengte, asook maks TPL (genoeg van die koeël in die dop) beperk dit. Ek het al redelik met die lading gespeel, maar kry met moeite groepe van 1" op 100m. Nou vir basiese jag is dit sekerlik goed genoeg, maar ek het so bietjie vertroue verloor in die geweer, want een dag skiet hy redelik mooi, en die volgende dag is hy nie lus nie. As ek dit vergelyk met my 7x64 wat dag in en dag uit dieselfde skiet, wil ek beter doen met die klein geweertjie.

So, nou was my gedagte om die L461 aksie te gebruik om n nuwe 6mm te bou. Ek was nog altyd baie lus vir n 6XC, maar daar is ook die 6BR, 6mmCreed, 6mm Dasher en n klomp ander.

Faktore wat ek moet oorweeg is oa die koste en beskikbaarheid van goeie doppe en dies.
Wie hier in die Wes Kaap stel julle voor vir so n projek?

Tipiese aanwending van die geweer sal oorwegend baanskiet wees. Die CHASA baanskiete, nou en dan n ghong skiet, en een keer per jaar n paar springbokke jag.
Ek wil steeds die geweer min of meer soos n jaggeweer laat lyk - so geen aluminium chassis of sulke goed nie. Basiese verstelbare gelamineerde kolf is wel n goeie idee. Maks loop lengte is 26", anders gaan hy nie in die kluis pas nie! Ek dink ook vir die tipiese baanskiet aanwending gaan n langer loop nie ideaal wes nie.
Patrone moet goed kan voer uit die magasyn.

En moet asb nie sê koop n nuwe Howa nie - ek skiet links, en die aksie is n linkerhandse aksie!

Ek luister graag na julle insette.

Re: 6mm - watter een

Posted: Wed Aug 02, 2023 10:46 am
by Dirkvh
6XC of 6Creed

Werk uit watter een gaan goedkoper wees itv doppe en dies.
6 van die een, half-dosyn van die ander.

Re: 6mm - watter een

Posted: Wed Aug 02, 2023 10:50 am
by Capt. Yoda
Ons vergeet nou eers van die aansoek tyd en al daai .

Die 6XC en 6Creed gaan die maklkste voer en jy gaan nie enige moeite hoef te doen om die doppe te form soos met n Dasher of BRA nie maar nou sit jy maar net weer met n 6XC of n 6Creed. Die 6BR is ook min moeite en seker die makliste om akuraat te skiet maar hulle voer nie altyd 100% uit n blind mag uit nie, dit is darem nie onbruikbaar nie net bq lastig party keer. Jy gaan deur n helse klomp hoepels moet spring vir die nuwe kaliber so bou vir jou n lekker eksotiese skieter.

n Stoute kaliber om ook na te kyk is die 6x47lapua waar jy 6.5x47 doppe af nek, dit het wel bq meer werk in die begin maar is iets ander en is ongelooflik akuraat.

Vir wat jy wil doen sal ek sterk na die 6XC kyk en as jy iets bq anders soek na die 6BR, probeer dalk net n ou 6BR dop of 3 erens in die henade kry om te kyk hoe hulle in jou magasyn werk.

Re: 6mm - watter een

Posted: Wed Aug 02, 2023 11:28 am
by Toyrsi
Ek sou na die 6 SLR ook kyk. Niks verkeerd met die XC nie maar daar is manne wat sukkel met dounuts en doppe is vrek duur. Die 6 Creed is ook n goeie opsie.
Die SLR gaan jy moet doppe maak maar dis net 1 keer se werk en as jy hulle oppas skiet jy maklik n loop klaar met net 1 pak doppe.
Tussen Creed en XC sou ek Creedmoor gaan net oor al sy komponente goedkoper is.

Re: 6mm - watter een

Posted: Wed Aug 02, 2023 11:33 am
by Dirkvh
Toyrsi wrote: Wed Aug 02, 2023 11:28 am Ek sou na die 6 SLR ook kyk. Niks verkeerd met die XC nie maar daar is manne wat sukkel met dounuts en doppe is vrek duur. Die 6 Creed is ook n goeie opsie.
Die SLR gaan jy moet doppe maak maar dis net 1 keer se werk en as jy hulle oppas skiet jy maklik n loop klaar met net 1 pak doppe.
Tussen Creed en XC sou ek Creedmoor gaan net oor al sy komponente goedkoper is.
SLR is 'n bul van 'n kaliber, ek het 2.

As ek alles in ag moet neem en het 'n keuse om oor te begin met die 6mille sal ek 2x 6creeds vat, een met 1-8 loop en een met 1-12. Koop doppe van die rak af, laai en skiet. En dan het jy nog die voordeel van small rifle primer pockets ook by.

Re: 6mm - watter een

Posted: Wed Aug 02, 2023 11:40 am
by Wouter Roets
Boys

Is hier iemand hier wat dalk vir ons die verskil tussen die 6mm Creed en 6mm XC kan uitwys?

Groetnis
Wouter

Re: 6mm - watter een

Posted: Wed Aug 02, 2023 11:46 am
by Toyrsi
Wouter hier is my insette.
Altwee baie naby aan mekaar.
Creed skiet selfde gewig punt teen selfde spoed teen n bietjie laer druk.
Xc het n lang nek wat lekker werk vir die lang koels.
Creedmoor kry jy in SRP en LRP.
XC doppe is vrek duur. As jy net doppe wil koop is dit net Norma wat eintlik beskikbaar is. Creedmoor het baie opsies
Xc maak dounut(dis wat ek onder die skuts by ons sien)
Altwee skiet ewe akkuraat

Re: 6mm - watter een

Posted: Wed Aug 02, 2023 12:06 pm
by Capt. Yoda
Wouter Roets wrote: Wed Aug 02, 2023 11:40 am Boys

Is hier iemand hier wat dalk vir ons die verskil tussen die 6mm Creed en 6mm XC kan uitwys?

Groetnis
Wouter

Een is net gay of beter gestel is hy seker afkomstig van een

Nee wat daar is nie regtig n verksil nie, is basies die selle ding alhoewel baie mense glo die XC het vir een of ander duistere rede n beter loop lewe
Oor die algemeen is die XCs wat ek al me te doen gehad het wel meer akuraat as die Creeds

Re: 6mm - watter een

Posted: Wed Aug 02, 2023 12:09 pm
by Kallie Fernhout
Ek het begin by n 243, na nie se loop gegroet het was dit xc. Na die xc het ek BR gebou. So 1000 skote in die BR se lewe het ek Dasher gesny. As ek dit moet oor doen sal ek sommer dadelik net Dasher sny en klaar kry. Al die roere was op die selfde Rem 700 Aksie. Hy voer mooi met die BR en Dasher uit n AI mag uit.

Miskien sal ek net om snaaks te wees n 22. Dasher sny na die een.

Re: 6mm - watter een

Posted: Wed Aug 02, 2023 12:31 pm
by Arnold
Om die 243 te vervang sou ek die 6 Creed voorstel en as dit vir baanskiet gebruik gaan word sou ek 'n 8 twist loop opsit. 24" is lank genoeg om baie mee reg te kry :)

Re: 6mm - watter een

Posted: Wed Aug 02, 2023 12:43 pm
by Jaco vdW
Baie dankie vir n klomp goeie inligting sover!

Ek het so bietjie vergeet van die 6x47Lapua. Hy kan defnitief ook die ding doen.
Dis jammer, maar ook goed om te hoor van die doughnuts by die XC. Ek wil juis nie die probleem van die 243 se herhaal nie.

Arnold - ek kyk defnitief na n 1:8 twist loop. Hopelik koeëls in die 105gr klas skiet.
Looplengte van 24-26 duim sal sekerlik werk.

Dalk begin die 6 Creed voorloop weens die beskikbaarheid van doppe, ens.

Volgende vraag - watter tipe dryfmiddel werk goed in die twee?

Dirk - ek hou baie van jou idee van twee gewere, selfde kaliber, maar verskillende twist rate. Baie daaroor al gedroom, maar dit gaan dalk lol om twee te bou, mits daar nog n LH aksie êrens rond lê!

Re: 6mm - watter een

Posted: Wed Aug 02, 2023 12:44 pm
by Wouter Roets
Toyrsi wrote: Wed Aug 02, 2023 11:46 am Wouter hier is my insette.
Altwee baie naby aan mekaar.

Troysi ek sal so ver gaan om te se dat minder as 0.1% van die manne wat dink hulle weet iets van skiet af die twee nie uit mekaar sal uitken nie. Hulle is so naby aan n tweeling as wat jy kan kry.

Creed skiet selfde gewig punt teen selfde spoed teen n bietjie laer druk.

Nope. Balisties is hulle n tweeling. Dopkapasiteit is basies identies as jy die verskillende dopvervaardigers se dimensies in ag neem.

Xc het n lang nek wat lekker werk vir die lang koels.

Hulle nekke verskil met 0,5mm. Beide het meer as n kaliber nek, so daar gaan geen noeminswaardige praktiese voordeel wees nie.

Creedmooer kry jy in SRP en LRP.

Yebo.

XC doppe is vrek duur. As jy net doppe wil koop is dit net Norma wat eintlik beskikbaar is. Creedmoor het baie opsies

Yebo.

Xc maak dounut(dis wat ek onder die skuts by ons sien)

Hierdie gaan ook die geval by die Creed wees. Beide het 30 grade skouers so braasvloei sal identies wees. Die rede hoekom jy doughnuts sien by die 6mm XC is oordat sy maksimum druk 65 000psi is teenoor die Creed se 60 000psi. Verder het David Tubbs n unieke vryboor in sy gepatenteerde reamer waar jy n bietjie spoed wen teen dieselfde druk. Baie dieselfde as Roy Weatherby se ontwerp. Die probleem kom in dat mense hulle kamers sny met n tradisionele reamer wat nie hierdie unieke vryboor inkorpereer nie. Hulle kyk wat David publiseer en probeer dit naboots. Die gevolg is druk wat verby die 65 000psi merk gaan kuier en siedaar, doughnuts! Doen dieselfde met die Creed en jy sal met presies dieselfde resutate sit.

Altwee skiet ewe akkuraat

Yebo

Re: 6mm - watter een

Posted: Wed Aug 02, 2023 1:00 pm
by Capt. Yoda
Jaco, jy sien die XC en Creed lyk na n gesukkel. Kap daar iets op n 6BR dop
H4350 is die 6Creed se kruit

Re: 6mm - watter een

Posted: Wed Aug 02, 2023 1:09 pm
by Pappabeer
Hou hom .243. As jy nog 10 jaar uit n loop uit kry is dit goed, dan het jy die voordeel van al jou ou komponente wat jy kan gebruik. As jy wil wegbeweeg van die .243 Win af, sit n .243 AI loop op en spaar jouself n gesukkel met n onbekwame CFR.

Re: 6mm - watter een

Posted: Wed Aug 02, 2023 1:15 pm
by Dirkvh
Jaco vdW wrote: Wed Aug 02, 2023 12:43 pm Baie dankie vir n klomp goeie inligting sover!

Ek het so bietjie vergeet van die 6x47Lapua. Hy kan defnitief ook die ding doen.
Dis jammer, maar ook goed om te hoor van die doughnuts by die XC. Ek wil juis nie die probleem van die 243 se herhaal nie.

Arnold - ek kyk defnitief na n 1:8 twist loop. Hopelik koeëls in die 105gr klas skiet.
Looplengte van 24-26 duim sal sekerlik werk.

Dalk begin die 6 Creed voorloop weens die beskikbaarheid van doppe, ens.

Volgende vraag - watter tipe dryfmiddel werk goed in die twee?

Dirk - ek hou baie van jou idee van twee gewere, selfde kaliber, maar verskillende twist rate. Baie daaroor al gedroom, maar dit gaan dalk lol om twee te bou, mits daar nog n LH aksie êrens rond lê!
Huidige SLRe se lope is 1-8 en 1-13.

1-8 skiet 'n 105gr Amax en 1-13 het 55gr geskiet en nou 70gr Blitzking. 1-8 is bakkie roer met 'n Arken, 1-13 is ongedierte roer met thermal.

Re: 6mm - watter een

Posted: Wed Aug 02, 2023 1:22 pm
by Jaco vdW
Pappabeer wrote: Wed Aug 02, 2023 1:09 pm Hou hom .243. As jy nog 10 jaar uit n loop uit kry is dit goed, dan het jy die voordeel van al jou ou komponente wat jy kan gebruik. As jy wil wegbeweeg van die .243 Win af, sit n .243 AI loop op en spaar jouself n gesukkel met n onbekwame CFR.
Dit is natuurlik ook n opsie.

Wonder of n nuwe loop maklikker is as nuwe geweer bou in terme van lisensie?

Re: 6mm - watter een

Posted: Wed Aug 02, 2023 2:24 pm
by LoopSoosStroop
Ek sal se 'n stock standard 6 BR.

Re: 6mm - watter een

Posted: Wed Aug 02, 2023 3:08 pm
by Armand Steenkamp
Jaco vdW wrote: Wed Aug 02, 2023 1:22 pm
Pappabeer wrote: Wed Aug 02, 2023 1:09 pm Hou hom .243. As jy nog 10 jaar uit n loop uit kry is dit goed, dan het jy die voordeel van al jou ou komponente wat jy kan gebruik. As jy wil wegbeweeg van die .243 Win af, sit n .243 AI loop op en spaar jouself n gesukkel met n onbekwame CFR.
Dit is natuurlik ook n opsie.

Wonder of n nuwe loop maklikker is as nuwe geweer bou in terme van lisensie?
Dit hang maar af by wie jy dit laat doen...

Re: 6mm - watter een

Posted: Wed Aug 02, 2023 3:49 pm
by SakoTrippel2
6XC. Hy gaan alles doen wat die ander ook kan doen en meer. Bonus is hy kan die swaar koele teen 'n redelike spoed skiet kyk byvoorbeeld na 'n 108 of 'n 105 teen 3000+ 'n BR sal dit byvoorbeeld nie so maklik reg kry nie.

As daar by 70 to 95 grein koeëls gehou word kan die BR of BRA 'n opsie wees omdat hulle nog redelike spoed sal gee. Hulle is bitter akkuraat al is hulle 'n aks stadiger as die res.

Ek is 'n voorstaander van gebruik 'n kaliber tot sy Maks potensiaal. Dis nou weer die storie van die ou wat 'n Lambo koop en 60 Ry.

Die XC het 'n langer nek (al is dit min) en dis hoekom ek hom bo 'n Creed sal aanbeveel. Dis al kicker daar. Niks fout met die Creed anders nie.

Om die papierwerk en moeite met doppe te vermy sal ek net weer 243 of selfs 243Ackley gaan.
Image

Re: 6mm - watter een

Posted: Wed Aug 02, 2023 4:02 pm
by SakoTrippel2
Ekt nou daar geTik sonder om almal se boodskappe te lees...Na ek almal s'n gaan less het lyk dit my ons praat min of meer in dieselfde rigtings.


Ek kan byvoeg al hierdie groot Dop 6mms skiet met S365, H4350, IMR4350, Norma MRP, N550, N555. Dis nou vir die swaar koeëls.

Re: 6mm - watter een

Posted: Wed Aug 02, 2023 4:04 pm
by Capt. Yoda
Oe daai BRA is dam ma mooi

Re: 6mm - watter een

Posted: Wed Aug 02, 2023 7:26 pm
by Apie
Die 6XC En 6Creed het albei fabrieks doppe dies en en, geen fireforming nodig nie.

Probleem met fire forming is jy boet loop
Leeftyd in.

Albei het 30grade skouers so donuts sal jy kry op beide.
Die 6Creed het bietjie meer spoed so bietjie korter loopleeftyd en die XC weer ‘n langer nek.

Maak seker jou kamer is reg gesny sodat jy nie in die donut in ‘seat’ nie en jy is reg.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: 6mm - watter een

Posted: Wed Aug 02, 2023 7:28 pm
by Apie
Apie wrote:Die 6XC En 6Creed het albei fabrieks doppe dies en en, geen fireforming nodig nie.

Probleem met fire forming is jy boet loop
Leeftyd in.

Albei het 30grade skouers so donuts sal jy kry op beide.
Die 6Creed het bietjie meer spoed so bietjie korter loopleeftyd en die XC weer ‘n langer nek.

Maak seker jou kamer is reg gesny sodat jy nie in die donut in ‘seat’ nie en jy is reg.

PS
Ek is nou besig met ‘n
6XC
Heavy Varmint
Rem700
Jewel
B&C kolf


Sent from my iPhone using Tapatalk

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: 6mm - watter een

Posted: Wed Aug 02, 2023 8:37 pm
by Diesel Dog
Manne julle skryf mooi oor die 6mm .

My 6mm Bullebak aka hoerkind doen dit vir my. En ek glo hy sal uniek bly want nie almal is lus vir die moeite om n wildcat te skiet nie.

DD

Sent from my SM-G980F using Tapatalk


Re: 6mm - watter een

Posted: Thu Aug 03, 2023 6:45 am
by Toyrsi
Diesel Dog wrote: Wed Aug 02, 2023 8:37 pm Manne julle skryf mooi oor die 6mm .

My 6mm Bullebak aka hoerkind doen dit vir my. En ek glo hy sal uniek bly want nie almal is lus vir die moeite om n wildcat te skiet nie.

DD

Sent from my SM-G980F using Tapatalk
Ek hou baie van daai Wildcat van jou. Eendag gaan ek hom probeer.