Page 1 of 2

QL hulp met 375 270gr tsx

Posted: Tue Aug 08, 2023 1:43 pm
by HeinSavage
Middag manne,

Ek vra hulp met my 375 H&H Mag:

Loop - 551mm
Dop - PMP
Dop Vol - 93.4gr H2O
Punt - 270 gr Barnes TSX
Kruit - Reloder 17
Lading - 76.1gr
TPL - 91mm
Spoed - 2535ft/s (Chrony 5m weg)

Ek hoop om 2600+ te kry vir 'n spesifieke jag in die berge met ~300m skote en ook kort afstand bos werk.

Re: QL hulp met 375 270gr tsx

Posted: Tue Aug 08, 2023 1:58 pm
by tripodmvr
Hier is 'n berekening met verstekwaardes vir Reloder 17. Daar is 2 TSX koeëls - gee asb. die regte nommer wat op die boksie is.

Die 200vps verskil in spoed pla my. Dit kan wees a.g.v. lang vryboor, maar gaan net jou syfers na.
Temp 375HH 270TSX Teorie.png

Re: QL hulp met 375 270gr tsx

Posted: Tue Aug 08, 2023 2:40 pm
by HeinSavage
Oom Driepoot,

270gr TSX FB - 30489

Pro Chrono en het ander ou ladings ook geskiet en het reg gemeet. Het gesorg dat daar nie direkte lig op die ogies is nie.

Re: QL hulp met 375 270gr tsx

Posted: Tue Aug 08, 2023 3:12 pm
by tripodmvr
Hier is die halfnode tussen 5 en 6. Is jou dop so vol as wat QL bereken? Trek so 10vps af van die berekende spoed om jou lesing op die chrony te kry. Het vir jou 'n ballistiese tabel aangeheg.
temp375HH .png
temp375HH QT.png

Re: QL hulp met 375 270gr tsx

Posted: Tue Aug 08, 2023 3:31 pm
by HeinSavage
Die dop is vol oom. Hy "crunch" nie met die indruk nie, maar hy skud ook nie los kruit nie, so hy is vol.

Daai ballistiese data is heel aanvaarbaar vir my doeleindes.

Re: QL hulp met 375 270gr tsx

Posted: Tue Aug 08, 2023 3:40 pm
by tripodmvr
Ek sien Alliant beveel Re15 aan.

Re: QL hulp met 375 270gr tsx

Posted: Tue Aug 08, 2023 3:43 pm
by HeinSavage
Ek sit ook nou en kyk na Re15 en/of Varget.

Re: QL hulp met 375 270gr tsx

Posted: Tue Aug 08, 2023 3:54 pm
by tripodmvr
As jy S365 het wat vinnig brand dan kan dit ook 'n wenner wees.

Re: QL hulp met 375 270gr tsx

Posted: Tue Aug 08, 2023 4:14 pm
by Desperatezulu
HeinSavage wrote: Tue Aug 08, 2023 3:31 pm Die dop is vol oom. Hy "crunch" nie met die indruk nie, maar hy skud ook nie los kruit nie, so hy is vol.

Daai ballistiese data is heel aanvaarbaar vir my doeleindes.
Something is not right with your data... I ran your numbers through GRT and got the same answer as Oom Marius. With a true 76.1gr of RL-17, you should be seeing speeds close to 2750 ft/s and you would be well over Pmax.
The load is a compressed load so you should be hearing a proper crunch when seating the bullet even if using a drop tube.
If you're experiencing none of these things and getting a much lower than predicted velocity, then more investigation would be wise.

I wonder if you should double-check your scale. If your load is underweight then it would explain much of the above.

I have used RL-17 quite a bit and found it to be very predictable and well-aligned with the software projections. Yes your rifle combo may be out of the norm but I would double-check some of the other variables first before recalibrating the powder parameters - especially if you're going to try a new higher load that is in theory miles over the max pressure.

Re: QL hulp met 375 270gr tsx

Posted: Tue Aug 08, 2023 5:07 pm
by HeinSavage
@Desperatezulu,

I'm going to switch powders rather. This is just to close to dangerous territory.

Re: QL hulp met 375 270gr tsx

Posted: Tue Aug 08, 2023 5:24 pm
by HeinSavage
Interessante stukkie wat ek nou raak lees op die Yank forums:
However the rifle was a pre 64 M70 375 H&H with original factory barrel that measured .378 through the grooves,measured by Bill Rainy(sp) at Champlin Arms where I bought the rifle. He was concerned it wouldn't shoot and I was curious what it would do with a barrel 3-thou oversized.... In talking to other shooters familiar with pre 64's I learned that it was not at all unusual to bump into rifles that were oversized through the grooves....one of those reasons we all see so much difference in loads and velocities between different rifles.

Ek het nou nie iemand wat myne kan meet nie, maar mag dalk wees hoekom my spoed so laag is. Maar ek sal vir veiligheid nou die Barnes data en Varget gou probeer voor ek Re15 toe gaan.

Re: QL hulp met 375 270gr tsx

Posted: Tue Aug 08, 2023 5:37 pm
by tripodmvr
Ek sou my chrony toets teen ander. Die Prochrono is gewoonlik redelik akkuraat en beslis nie sommer 200vps uit nie.

Re: QL hulp met 375 270gr tsx

Posted: Fri Aug 11, 2023 4:40 pm
by HeinSavage
Ek het nou 'n kans gekry om gou Varget te toets. Met dieselfde dop en punt:

71 gr - 2599 fps

Hoop die keer werk alles!

Re: QL hulp met 375 270gr tsx

Posted: Fri Aug 11, 2023 5:35 pm
by tripodmvr
69.7gr met 2554vps op chrony. Druk is nog redelik hoog.

temp.png

Re: QL hulp met 375 270gr tsx

Posted: Sat Aug 12, 2023 7:39 am
by Glocked
Hein, net so iets om te oorweeg in terme van kruit dalk, oorweeg IMR3031 en kyk ?

Ek het vir lank 250gr Peregrines geskiet in my 375 met S321, teen om en by 2750fps, en baie goed gewerk. Kyk dalk na iets wat brand naby dit ? Ek skiet nou 300gr Peregrines met IMR3031, en werk net so goed, 300gr teen 2480fps.

Re: QL hulp met 375 270gr tsx

Posted: Sat Aug 12, 2023 8:03 am
by HeinSavage
Dankie. Sal bietjie loer na IMR3031.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: QL hulp met 375 270gr tsx

Posted: Sat Aug 12, 2023 10:14 am
by tripodmvr
Hein, as die spoed wat jy verskaf verkeerd is gaan ons nooit by die regte lading en spoed uitkom nie. Toets asb. jou chrony.

Ek het 'n vriend se 375 binne agt skote 'n groep van MOA laat skiet met 'n 270TSX en S355. Drie van die agt skote was die finale toets.

Re: QL hulp met 375 270gr tsx

Posted: Sat Aug 12, 2023 10:44 am
by HeinSavage
Is reg Oom. Sal hom toets teen my vriend se labradar.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: QL hulp met 375 270gr tsx

Posted: Sat Aug 12, 2023 12:15 pm
by Glocked
Oom Marius het my ook gehelp met die IMR3031 ladings, het spoed gemeet met 5x skote op die Labradar, hy kon vir my die node lading gee, en hulle was spot on gewees, geweer skiet 1/2 MOA as ek my deel doen.

Re: QL hulp met 375 270gr tsx

Posted: Sat Aug 12, 2023 4:05 pm
by HeinSavage
Het ‘n nuwe battery in die chrony gesit. Verskil tussen hom en labradar was so 9 vps stadiger as die labradar. Vergelyk met ‘n Caldwell was dit 12 vps stadiger.

Die 69,7 gr Varget was basies op die spoed wat voorspel was - 2552. Groepering glad nie goed nie.

Het na Oom se komentaar oor S355 onthou ek het nog ‘n blik.
70 gr - 2390 vps en groepering is sub MOA. Sal ons 355 so bietjie vinniger kan kry?


Sent from my iPad using Tapatalk

Re: QL hulp met 375 270gr tsx

Posted: Sat Aug 12, 2023 5:11 pm
by tripodmvr
Elkeen van die dryfmiddels se spoedvoorspelling met die ladings gebruik is 200vps vinniger as wat verkry is. Dit dui op moontlike groter boorwydte van die loop sodat drukverlaging plaasvind. Om dit te toets sal mens 'n loodkern koeël moet gebruik en sien of dit nie beter afseël nie.

Mono koeëls word gewoonlik effe kleiner as boorwydte gemaak om drukprobleme te vermy. Dit kan dan die laer spoed verklaar.

Die S355 dui op 70,2gr om 2400vps op die chrony te toon by die halfnode. Dop is 103% vol, druk by 45K psi en slegs 93% ontbranding.

Onder is node 6 se berekening
Temp S355.png

Re: QL hulp met 375 270gr tsx

Posted: Sat Aug 12, 2023 5:46 pm
by HeinSavage
Dankie vir die help Oom. Lyk nie vir my ek gaan die mono’s maak werk waar ek wil nie. Sal na ‘n ander koeël moet kyk vir die ou geweer!


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: QL hulp met 375 270gr tsx

Posted: Sat Aug 12, 2023 7:04 pm
by tripodmvr
Miskien kan S341 beter resultate gee. Druk sal hoër wees en dop nie oorvol nie. Hopelik kan dit beter gasseël gee.

Praat met Rudi oor sy SBC koeëls.

https://www.somchemreload.com/search?c=10&f=127

Re: QL hulp met 375 270gr tsx

Posted: Sat Aug 12, 2023 9:25 pm
by HeinSavage
Ek het reeds ‘n lading met Rudi sê koeël en hy werk baie goed in die bos, maar het probeer om ‘n platter trajek kry vir die jag in Sept. wat ‘n paar berg lopende bokke insluit. Sy koeël het nie die 200 vps anomalie gehad nie. Rudi se eerste voorspellings met twee dryfmiddels was spot on.

Goeie koeëls is skaars deesdae!


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: QL hulp met 375 270gr tsx

Posted: Sun Aug 13, 2023 11:54 am
by tripodmvr
Kan jy dalk die dersneë van die twee koeëls meet. Dit kan dalk die antwoord verskaf.

Hoekom gebruik jy nie jou 7-08 op die jag nie?